Help Needed

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Redwolf

Race Dog
Joined
Aug 8, 2008
Messages
4,951
Reaction score
177
Location
Pretoria
Bike
KTM 1290 Adventure R
Goeie more Dogs.

Ek weet nie of hierdie die regte plek is vir my boodskap nie, maar ek het gedink ek moet maar probeer of ek sal nooit weet nie.

Nou ja, laat ek begin..

My vrou se oupa is een van die grootste christelike mense wat ek ken en het die wonderlikste, vriendelikste persoonlikheid en help altyd oral waar hy kan. 'n Groot swakpunt van hom is dat hy alles wat hy gehad het (groot plaas) en baie bates al verkoop en weggee het, net om ander te help. Dit is op so punt dat ek en my vrou vir hulle sorg en ek doen dit met die grootste liefde. Nogal snaaks, as ons vir hulle geld gee vir vleis, gee hulle nogsteeds die helfte daarvan vir mense wat minder bevoorreg is, terwyl hulle self ook maar baie arm is.

Die probleem is dat die oupa baie lank graniet uitgehaal het en nou amper doof is van al die geraas. Het hom al menig maal by die dokters gehad daaroor, en hy het minder as 5% gehoor in elke oor. Ons kan vir hom gehoor stukke kry en die familie is al sover dat ons een kon bekonstig. A.g.v. sy baie verswakte gehoor is die gehoor stukke redelik gevorderd en nogal duur en hy het twee nodig. Die prys is R11800 vir een en soos ek gese het die familie het reeds genoeg vir een. Ons wil hom baie graag help, want oupa kom nie eers meer in die kerk nie, want hy kan nie die dominie hoor preek nie en ook nie meer met sy kleinkinders gesels nie. Hy het onlangs twee gehoor stukke getoets (mens kan dit vir twee weke toets) en die resultate was ongelooflik.

My idee was om die ander een af te betaal, maar ek kort nogsteeds 'n deposito van R1180 en het gewonder of julle my nie kon help daarmee met die geld wat van die rolstoel af oorbly nie. Indien daar oorbly?

Ek voel baie skuldig om te vra (voel soos 'n bedelaar), maar het net vanoggend met die gevoel opgestaan dat ek moes vra, anders sou ek nooit weet nie.

Groete
Johan Botha

P.S. Aangeheg 'n foto van oupa
 

Attachments

  • DSCF1275.JPG
    DSCF1275.JPG
    33.5 KB · Views: 77
Top