Ek sit elke nou-en-dan en drool oor Ebenhart se pype.
Gaan binnekort daai lyn oorskrei, en maar enetjie (of tweekies) aanskaf.
Ek voel ek het 'n fout gemaak om 'n duur pyp te koop want nou is ek te heilig op hom om hom te geniet, hy sit net in die laai, onbetas en vervelig.
Die pype wat ek nou koop is almal in die R1200 klas, dis nie vir my goedkoop, maar dit is sy goedkooper pype en hulle gee my beslis baie genot. Die een is lekker by die huis met sy groot gat, die ander is lig en hang mooi in die bek op die pad en die ander is weer verskriklik glad so. Ek dink met die manier van pyp maak wat Eben doen kan elke pyp spesiaal wees en hulle sal almal voel gepas is vir 'n doel.
As jy sy nuuste wil sien kyk op Eberharts se facebook blad. Hy het onlangs begin die webtuiste opgradeer en sit nou baie pype daar op, sommiges afgemerk, maar daar kom nog by. Ek het dit nognie onlangs uitgecheck so ek weet nie asof dieselfde pype sreeds op facebook is.