Wys jou pyp

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Meteor

Pack Dog
Joined
Apr 2, 2018
Messages
291
Reaction score
15
Bike
Gas Gas (all models)
Om op te hou rook het ek begin pyp rook want ek dog die ding gaan makliker wees om neer te sit maar ek is nou bietjie te diep in die ding en het intussen al 'n paar pype aangekoop. My versameling lyk tans so.

Die outjie het dit begin. My pa het die Keyser gekoop by CampRoadhouse teen omtrent R70 sover ek kan onthou. Hy het hom nooit rerig gebruik en toe ek hom beetkry toe rook ek die arme ding amper binne sy dinges. Hy is vat nou n ruskans.
a1Gx3u8.jpg


Dies die pype wat ek deesdae koop omdat die man naby aan my is. Boonste een is gekleurde Protea.
Die lekkerste een uit die lot is daai derde een. Vir een of ander rede trek hy net makliker.
6Us4wXl.jpg


My nuutste pyp, ek leer nog die Meerschaum ding aan so ons kyk maar asof ek sal oorskakel na hulle. Ek is nognie seker asof ek hom beeswax wil smeer of nie.
fA3Q8Rl.jpg
 
Top