Nie 'n probleem nie. My fairing is meer as voldoende. Ek lig my helmet se kenstuk op en dan hou ek die sigaret binne die lugholte van die fairing. Wanneer ek dan 'n diep suig wil vat, bring ek my kop effens af en bring die sigaret effens op, die twee ontmoet en ek trek lekker. Nie so maklik met 'n pyp nie.
Die probleem is om die sigaret aangesteek te kry terwyl ek ry. Dit het ek opgelos deur 'n sigaret uit te haal terwyl ek ry (dis maklik) en dan 'n kar te kry waarin die mense rook of blyk te rook. Ek klop dan aan die kar se venster (of kry hulle aandag andersins) en wys vir hulle die sigaret en my mond. Dan draai hulle die venster af, ek gee die sigaret vir hulle, hulle steek hom aan en gee hom terug vir my. Almal lag en groet en gaan hul eie paaie. En bob's your uncle. Meeste motoriste dink dit is moer snaaks. Ek is net dankbaar.
Anders, as ek nie lus is om 'n sigaret uit my klere te vis nie, vind ek 'n kar waar die insittendes wel rook, klop aan die kar en smeek 'n sigaret - die universele gebare van gee my asb 'n smoke word gebruik. Nog altyd sukses gehad.