Net bygesê, hierdie nonsens is 100% jou eie skuld.

Ek het twee maande terug 'n bike in die Kaap gekoop. Toe vlieg ek af en ry hom 1350km huistoe. Jy kon mos 'n vakansie in die deal ingewerk het.
Die courier sou goedkoper gewees het. En ek sou nie my agter band moertoe gery het nie. Maar die trip was awesome.
Ook bygesê, toe ek daai Vrydag oggend by OR Thambo opdaag, en hulle se, "Jammer meneer, jy's by die verkeerde lughawe.", het ek amper besluit kak met dit, stuur my bike.
Maar ek het my pakslae soos 'n man gevat, my kaart oorgehandig dat hulle nog R1500 vat vir 'n kaartjie, en my bike gaan haal.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk