Die Baviaans Natuurresevaat is vandag vir ons op die kaart! Gaan deur die hekke, betaal die conservation fee, en ons ry rustig deur die resevaat. Kruis baie lee lae water driwwe, maar die spoel klippe hou ons op ons tone. Stop wel by ‘n drif met water en ons wag laat ‘n ribbok klaar suip. Die pad volg kontoere deur die kloof, en die natuur skoon is iets besonders. Lekker warm in die son, maar koel in die suidelike hange. Die veld bly verander, en dan navigeer ons deur rots formasies wat hoog gestoot is .Baie fotos is geneem soos ons die berg op ry en ons verwonder ons aan die berge op Grasnek pas. ‘n Koppie waar ‘n mens omtrent 360 grade die Baviaans kan bewonder.
Aan die onderkant van die koppie wil Deon fotos neem om te wys hoe die pad die verskillende tipes plante groei skei, om agter te kom dat sy tank bag nie mooi toe was nie en sy foon verloor het. Positief besluit ons om die ± 2 km terug te ry om die foon op te tel, aangesien ons stadig gery het, en daar was nie verkeer op of af was nie. Het die pas 1st rat opgery, en weer afgery tot en van waar hy die laaste keer die foon gebruik het. Willem het vir Deon op gepillion en toe vir my en ons het die pas afgestap. Deon het heeltyd sy Sena aan en af gesit in die hoop dat na die mono tone – “hello”, daar n biep biep, “phone connected” gaan wees dat ons van daar die area kon fyn kamp… maar niks, NIKS. Daar is nie sein nie in die Baviaans nie, dus die bo genoemde moeite. Toe besef ons dis so, daai Samsung is deur een van die baie bobbejane opgetel is en ons fotos beloer het vir die paar dae vooraf! Baie hartseer.