Is daar werklik niemand wat meer eerbaar is nie?

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Edgar

Race Dog
Joined
Apr 19, 2013
Messages
4,589
Reaction score
220
Location
Pretoria
Bike
BMW F800GS
Wat het geword van "my woord is my eer"?  Ek is tans in die mark vir 'n motorfiets. Laaste twee gevalle sodra ek die advertensie sien vir die bike skakel ek die man en maak 'n plek en tyd vas. Ek vra ook om asb die fiets vir my te hou tot ek later die dag kan kom. Alles reg so. 'n Rukkie later kry ek 'n boodskap, sorry bike aan iemand anders verkoop. Ek moet ook darem byvoeg, dit was nie op Wilddog forum gewees nie.

Ek verstaan first come first served en cash is king, maar ek maak nie 'n afspraak om net tyres te kom skop en kak te praat nie, en die man belowe my ek het eerste opsie, net om my te laat weet, sorry.

Ag nee man dit pis my lekker af......... :dousing:

Rant over
 
Top