Deon, myselwers en ons beter helftes het hierdie jaar die backup trokkie gery na die Bash.
Ook maar goed, want skaars in die sitplek geval toe die eerste oproep deurkom - Stefan het met sy 690 by Breedtsnek 'n klip getref wat die sidestand switch MT geslaan het, asook n redelike smiley in die agterwiel gelos het.
Verlore soldaat opgetel, en ons was weer oppad na een van die lekkerste kuiers ooit - lekker gekuier en weird stuff gesnuif.
Saterdag was daar bietjie tyd spandeer by die Oog, waarna ons teruggekeer het Groot Marico toe vir 'n ligte middag-ete en beskaafde koue drankies.
Van Saterdagaand kan ek bittermin onthou, nadat Skalla die bordjie met die klein glasies aangedra het.