Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Solo Klein Karoo trip  (Read 633 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Adriaan.theron

Solo Klein Karoo trip
« on: September 05, 2018, 11:13:59 pm »
Dagsę mede Wilde Honde, ek lees so lekker aan almal se stories, so toe besluit ek maar om my laaste trip ook in woorde om te sit. So maand en ‘n bietjie gelede het ek ‘n week verlof ingesit, net om  bietjie weg te kom van selfoon sein, emails en al daai dinge. Ek het my bike opgesaal en die pad gevat.

Ek het uit Ceres die Vrydag middag weggetrek in Stellenbosch se rigting vir die naweek.  My oorspronklike plan was om die Maandag van daar af te vertrek Gansbaai toe om vir ‘n pel te gaan groet wat verhuis na Kanada. Niks loop gewoonlik volgens plan nie, so toe is my Maandag so bietjie deurmekaar toe hulle eers ander “last minute” draaie moes ry. So toe besluit ek om die Cape Town Cycle Tour aan te vat so op die Maandag, maar met ding wat homself vorentoe vat. Muizenberg, Boyds drive, Vishoek, Simomstad, eet en drink ‘n ietsie, check kyk walvis, Smitswinkelbaai, Scarborough, Misty cliffs, Kommetjie, Noordhoek, Ou Kaapse weg oor Muizenberg toe en toe weer terug tot in Stellenbosch.

 

Die onbeplande trippie gee my toe genoeg tyd om my roete te beplan vir die volgende paar dae. Dinsdag oggend vertrek ek toe uit Stellenbosch, Helshooge pas oor, Pniel, Franschhoek (en sy pas), Villiersdorp, so grondpad Robertson toe, Ashton, Montagu. In Montagu maak ek toe tenk vol en draai by die eerste grondpad links (Talana) soos mens uit ry na Barrydale se kant toe, Ouberg pas oor tot ek by ‘n T aankom wat ek moes kies, Ladismith of Laingsburg.







Links Laingsburg toe en toe weer regs Seweweekspoort deur. Die honger (fonger) kom toe al sterk deur so toe is dit tyd om my lyf se tenk in Calitzdorp vol te maak. Vandaar is ek toe verby Caltizdorp se dorpsdam, al teen die Swartberge af tot ek Swartbergpas kry. Op en oor en toe weer links, Hel toe. Ek was nog nooit daar nie en het nog net gehoor van mense wat met hulle fietse tot onder en terug ry, To the hell and back, maar na my besoek daar het ek vir myself gesę there is no chance in hell dat ek ooit met my fiets tot daar en terug sal ry nie. Selfaangedrewe  sal my keuse van transport tot daaronder wees.







Na ‘n uur van staan-staan ry was ek onder en Pieter en Marinette het my vriendelik ontvang. Ek het die aand sommer in een van hulle karavaantjies oorgeslaap. Hulle het vir my aandete gemaak en ek het lekker gebly. Sover was daar nog nie ‘n druppel wind nie en vir beter weer kon ek nie vra nie.



Die volgende oggend is ek weer daar uit en weer af met Swartbergpas, maar dit was so bietjie van ‘n anderste storie, daar het ‘n Noord-wes opgekom wat vir alles en almal kwaad was. Nie te min, stop ek toe by Kobus se gat, gelukkig het hulle nie weg gegewaai nie en bestel toe vir my die “mother of all breakfasts”, die Great Karoo breakfast, en jinne, dit was great! Ek sal enigetyd weer vir hom teruggaan!



Vandaar baklei ek toe verder met die wind terug na Calitzdorp se kant toe, draai links, Vamwyksdorp toe via Rooibergpas. Net so voor Vanwyksdorp kry ek ‘n bordjie wat vra of jy dors en honger is en met daar besluit ek ietsie koud sal aangenaam wees en draai toe by Rooiberg lodge in, vir ‘n lekker yskoue Coke



Verder gery tot in Vanwyksdorp en amper die plek mis gery, daar gebeur maar min... Deur die hoofstraat en af Riversdal se kant toe oor Garcia’s pas. Reguit oor die N2, Witsand toe, in Witsand gekom en gesoek vir ‘n draairoomys, maar mens kry nie so iets in die winter daar nie wil dit vir my voorkom. Weer ‘n walvis gekry en hom so rukkie dopgehou en toe vertrek in Bredasdorp se rigting oor die pond.



In Bredasdorp gekom en toe deurgedruk Elim toe en uiteindelik in Kleinbaai aangekom. Die aand daar geluier en vir die span wat ons verlaat, gegroet ens. Met die kuier die aand vertel ek die mense van my skou ontbyt wat ek daardie oggend gehad het en hulle sę dat ek sy kompetisie in Baardskeerdersbos sal vind, by Marietjies. So, die volgende oggend is ek Baardskeerdersbos om oppad terug huis toe. Dit was een van die beste waarde vir geld etes wat ek in ‘n lang tyd gehad het baie lekker. Ek kan nou, meer as ‘n maand later nogsteeds nie besluit watter brekkie gewen het nie.



Van Baardskeerdersbos af vat ek toe die Papiesvlei pad wat daar iewers naby Stanford uitdop. Na Caledon vat ek die die Boontjiesrivier pad om nog so laaste stukkie stofpad in te kry oppad huis toe.



By Villiersdorp het die wolkke bietjie begin donker raak en na Worcester donkerder en toe later kon hulle dit nie meer hou nie en ek reën toe lekker nat in my laatse 50km van my trippie.

All in all was dit ‘n lekker trip, sonder enige moeilikheid oor ‘n totale afstand van 1600.3km. Ek sal dit beslis weer aanpak en raai dit vir enige iemand aan wat lus is om, op sy/haar eie weg te kom, te vergeet van al die moeilikheid waarvan ons elke dag herinner word en net die land waarin ons bly te geniet!


Sent from my iPhone using Tapatalk
« Last Edit: September 06, 2018, 07:26:41 pm by Adriaan.theron »
 
The following users thanked this post: GIDEON, Laban, Bokveld, wilfwalk

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,620
  • Thanked: 103 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #1 on: September 05, 2018, 11:43:13 pm »
Dis nou sommer ʼn lekker ride report..
Dankie vir die deel

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Sidpitt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,323
  • Thanked: 16 times
  • Thumpers Rule!!!
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #2 on: September 06, 2018, 12:34:24 am »
 :thumleft:
If you dont like something, change it!
If you cant, change your attitude.
Dont complain!
 

Offline Morné660z

Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #3 on: September 06, 2018, 05:47:23 am »
Lekker Adderjan!  :thumleft:
Yamaha XT350 - Yamaha XT660Z Tenere - Yamaha XT1200Z Super Tenere
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,864
  • Thanked: 389 times
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #4 on: September 06, 2018, 06:03:42 am »
Ag hoe lekker het ek nou saamgery so vroeg in die oggend.
My ontbyt proe nou baie vaal ( weetbix)
Sies vir jou :peepwall:
Dankie vir die deel, mens kan sommer lees hoe lekker het jy kop skoongemaak.
Dakar 650
KLR650
 

Offline Skim

Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #5 on: September 06, 2018, 06:45:34 am »
Dankie vir die deel - nou moet ek daai ontbyt gaan toets!
Skim

BMW R 1200 GS Adventure.
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,001
  • Thanked: 68 times
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #6 on: September 06, 2018, 02:32:52 pm »
 :thumleft:
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline Lem

Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #7 on: September 06, 2018, 02:46:51 pm »
daai roete en paaie kan mens nooit te veel keer ry of oor skryf nie.

Dankie vir die deel   :thumleft:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Casting from Turd

  • Read my avatar and act accordingly
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,062
  • Thanked: 158 times
    • addobackpackers.com
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #8 on: September 06, 2018, 02:50:33 pm »
Is dit jy De Wet?


Moerse Ride report daai

En n lekker route ook
I dont want to ride fast, But I want to ride FAR
Past Bikes...Honda XR250 Tornado
Honda XR650L
Honda XL1000V Varadero
http://www.addobackpackers.com
 

Offline Operator

  • is a Forum Vendor and a
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,580
  • Thanked: 145 times
  • Official Vendor
    • Vendor
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #9 on: September 06, 2018, 02:51:44 pm »
Lekker roete wat jy gery het.  :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,044
  • Thanked: 271 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #10 on: September 06, 2018, 03:10:42 pm »
Ek skuif volgende week vir so 4 dae daai kant toe so ek is baie bly om te lees hoe jy gery het.  Maar jy het my vir ontbyt lus gemaak.  Ek gaan sommer nou ontbyt eet.  Hier oppie plaas is mos heeldag ontbyt, nie net tot 11h00 nie.  Dankie vir die deel.  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Edgar

  • The ultimate
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,686
  • Thanked: 140 times
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #11 on: September 07, 2018, 11:10:49 am »
daardie ontbyt fotos laat my mond water!
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,415
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Solo Klein Karoo trip
« Reply #12 on: September 07, 2018, 11:25:14 am »
Lekker trip en fotos Adriaan. :thumleft:
Net deur na die fotos te kyk dink ek daai Marietjies brekvis wen. :deal: :thumleft: :drif:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za