NW Skaap bash, 'n regmerk, gaatjie en gly!

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Ragbert

Race Dog
Joined
Apr 25, 2014
Messages
545
Reaction score
52
Location
Mountain View, Pretoria
Bike
BMW F650GS / Dakar
Die NW Skaap bash by Stillewaters, Groot Marico het my oog gevang toe SchalkL dit gepost het. GM is nie te ver nie van ons nederseting nie. Die bash kostes is billik aangesien ek, die penkop en sy boeties saam wil ry sedert ou-boet, aka Abgore ook 'n Fugly in besit geneem het so paar maande gelede. NutsAndBolts, penkop se 2de oudste boet, het 'n pink Fugly en ook lankal gatvol vir net teerpad ry en spieeltjies "dodge" tussen die instelling van hoggere opvoeding en tuiste.

In die verbygaan laat val ek dit " 'n bash net ander kant Rustenburg, nie te vêr nie, hoe klink dit?". 'n Waserige blik van penkop, skouer-knik van NaBs en "dit klink lekker, gaan ons grondpad ry?" van Abgore laat my met gesplete gemoed twee keer dink, moet ons of moet ons nie. Van dat ek so 3 jaar gelede vir my 'n "scooter" gekoop het om werk toe en terug te ry was dit 'n stille begeerte om saam met die latte 'n rit of twee te doen. Aangesien nie een van hulle wiele gehad het op daai staduim nie het dit in die onderbewusyn se argiewe verdwyn......tot die NW Skaap bash aangekondig is!
Nou-ja, daai een is afgemerk! Maar dis nie al nie. Eerste bike trip, vir penkop, NaBs en Abgore en nog so paar eerstes, ohhh...myne ook. Eerste (meestal) grondpad trip, eerste pas,  eerste bash en nog so paar eerstes wat daarmee gepaard gaan......beplanning, voorbereiding....wat vat ons saam.....hoe gemaak met ons sakke, wat pomp ons die "taaiers"? En vele meer!
Die dag toe ons name op die lys verskyn as bevestig dat ons gaan (week en 'n half voor die bash) het die energie vlakke eksponensieel gestyg. 
Dit sit nie so lekker met my dat tussen die vier van ons het ouboet Abgore en penkop feitlik maande gelede begin bike ry. Nou die geharde baard bash gangers draf grond paaie kaf en dink nie twee keer wat om te doen op los sand en "Willards Kringle gat" paaie nie. Ek het per geleentheid al 'n voorsmaakie gekry, maar nog nie 'n volle dag te perd se ry gedoen nie. By gesê ons het darem met plastiek bikes by Mahem se sand gate gespeel toe dit nog toeganklik was. Die basiese vaardighede sal terug kom........net tyd sal wys of dit wel 'n korrekte gerusstelling sou wees.

Foto onder, vlnr: Abgore, die uwe, NutsAndBolts en Penkop.
c2ef0271c178ba974f38152daa0f4aeb.jpg


Sent from my SM-G955F using Tapatalk
 
Top