So word daar voorberei die week voor die bash, maar vrydag aand is dit 'n gewoel soos 'n min. Spanners word geswaai, wiele word gepomp en planne word gemaak. Die eerste wat my gepla het was hoe gaan ons die sakke vasmaak op die fietse. Penkop se KLE het gekom met 'n tuisgeboude pannier rak en tool tube. So daar in kon ons tools, goeter en dinge in sit, die res van ons het top bokse. Nou een ding weet ek verseker, 'n top boks en grondpad is nie hand-opdie-blaas maats nie, iets gaan breek en dis nie die grondpad nie. So, top bokse word netjies afgehaal en en nonchalant eenkant neer gesit. Abgore maak toe van ou swembadnet vir ons vier bagasie nette wat op die topbokse se basis plaat vas getrek word. Vir sagte bagasie sakke gebruik ons ou toks-sakke en om die stof uit te hou sit ons die klere en ding binne swart sakke. 'n Toolsak word ook gepak met wat ons reken ons dalk mag nodig kry......die sal verseker 'n leer kurwe wees soos ons meer trips doen.
Die roete is beplan, eerste grandpad sal ons na omtrent 10-15km kry. Dan by Harbeespoort dam die agterpaaie om verby Pelendaba, Harbeeshoek pad en dan Breeds nek. Ah, Breeds nek, die eerste behoorlike pas. Die latte se eerste pas was 'n behoorlike vuurdoop. Voor die pas stop ons weer om te groepeer en te hoor of als reg is. Penskop se nommerplaat is op die grondpad in flarde geruk, andersins is als nog reg. DIe bagasie sakke is verbassend op hul plek op al vier die bikes, plan het gewerk en dit stel my gerus. Nou vat ons die pas en met "kies jou lyn, hou by jou lyn" van ons Breeds nek aan. Ek voor gevolg deur Penkop sodat ek hom in my spieeltjie kan dophou, gevolg deur NaBs en die agterhoede word gedek deur Abgore. Die eerste gedeelte was "oh, net nog 'n opdrane" tot ek die eerste klippe en slote sien. Hier moet ek erken het ek so droe gevoel in die keel gekry, die latte gaan dalk so bietjie sukkel. Ons het deur gedruk, oor die pyp, verby stilstaande 4x4 en bo gestop.
Verligting, ons het al vier deur gekom sonder eenige skade of 'n val. Heel beindruk met almal se vermoens, die ergste is verby........nie!!! Ons neem foto's, drink water en besluit ons sal moet aanstoot, dag is nog lank en Stillewaters roep. Ons trek weg en seker 100m verder is die slegste van die dag, altans vir my. Groot los klippe, half meter"dropoffs" wat soos 2 meter gevoel het op daai staduim. Wel ons is deur dit en slaan die mooi grondpad tot by 'n plaaswinkel net voor die Buffelspoort pad.
Daar gestop merk ek Penkop se bile lek iets, ek koop Coke vir ons en reken dit kan dalk net petrol wees wat gemors het oor die rowwe terein. Die hier waar Abgore se konsentrasie hom in die steek laat en hy "parkeer sy bike sonder die side stand". Hy word opgehelp en vinning verduidelik hoe gemaak as die grond ongelyk is en jy moet parkeer. Terug by Penkop stel ons vas dis olie wat lek! Verdomp of iets dergliks het ek gemompel. Hy verduidelik dat hy twee groot klippe met die afkom slaag getref het en dat hy dink die bash plaat het seer gekry. Tools word uit gehaal en bash plaat verwyder en daar sit die merke! Die olie drup konstant uit en ek besef hier gaan ons plan moet maak.
Daar is 'n laaste uitweg, bel 'n vriend en bring die bike sleepwa dan gaan ons huis toe. MAAR dan is die bash rit verby en ons het net so 80km gedoen. Ek vra op WD's vir voorstelle en terwyl ons wag onthou ek dat een van die WD's 'n "crank cover" tydelik geseel het met Pratly steel. Vlieg daar weg na Buffelspoort se bekende hardeware winkel en kry Pratly steel, half liter olie en toilet papier om die olie af te vee. Die latte wag geduldig tot ek terug is. SO, daar doen ons ons eerste herstel werk langs die pad. Die lawe gaatjie vat so twee en 'n half ure om behoorlik geseel te word. Drie keer PS aangemaak om dit te seel en dan die wag vir dit om hard te word. Die olie het nie noemenswaardig uit gelek nie en is net onder halfpad merk op die olie-glasie. Uiteindelike is ek gemaklik om verder te ry maar stop elk 10-15 km's om seker te maak dit lek wer nie. Ons wyk af van ons beplande roete en stoot aan op die teerpad Rustenburg toe. As dit olielek weer kop uitsteek kan ons daar beter geholpe raak as op die grondpaaie na Koster. Dit veroorsaak dat ons baie tyd verloor en na die tyd tot die besef gekom dat ons die grondpad na Koster maar kon gevat het. Die lek pla nie, dis oordentlik ge-fix.
Van Rustenburg stoot ons Swartruugens toe waar ons by 'n pub stop vir inligting by die "locals" oot watter pad die beste gaan wees om by GM uit tekom sonder om deur die tolhek te ry. Die inligting het gepaard gegaan met 'n yskoue biertjie! Salig is al wat ek kan se!! Na beraadslaging stem die latte in ons gaan aansluit by die oorspronklike roete op die Venterdorp pad, dan grond pad to by Stillewaters. Nou dis hier waar ons almal so bietjie beproef is wat "Willards crincle cuts", los sand en stof van voor betref, en bietjie word baie ligtelik gebruik. Die sowat 56km grondpad het heel wat langer gevat as wat ons berken het. Ter nabetragting besef ons dat die was die baie stop om seker te maak almal is okay, niemand het geval of verdwaal nie. Die reel is dat ons in vormasie ry, as daar 'n afdraai is wag tot die volgende een jou sien, ry dan aan en so aan. Die tempo waarteen elkeen gery het het dus veroorsaak dat ons lank wag vir die laaste bike om te verskyn. Die stof het die ook nie makliker gemaak nie. Abgore wat agter gery het, het die titel van "ou stofbaard" gekry!!!! Hier het ons almal se vaardighede dramaties toegeneem en dit het vir ons grondpad-selfvertroue 'n goeie hupstoot gegee. Alhoewel dit nie so gevoel het Saterdag toe ons Stille waters binne ry nie! Ons het ongeveer 10 ure op die pad gespandeer en niet was dit klaar nie!!
By Stillewaters aangekom met stille verligting dat ons weereens sonder insident die grondpad seksie gemaak het deel Slaaiblaar my mee dat ons verversings van die vloeibare wariasie moet loop koop op die dorp. Ons het 10 minute om die verversings winkel oop tevang! Trek daar weg met Abore agterna, droog gaan ons nie die skaap braai geleentheid maak nie! Sukses, die oom agter die toonbank groet vriendelik met "Jy's net betyds, ek maak 5 uur toe!". Met die besef ek dat winkels in die stad wat soortgelyke verversing vehandel ons bederf...5uur......8uur is meer gepas!! Nou ja, doen die betaalding en die oom kyk my so en vra "Gat jy daai sak op die motorfiets terug vat?" en hy bied aan dat hy dit vir ons sal aflaai by Stillewaters as hy toe sluit. Nou dit kry jy nie in die stad nie, aflewering betaal jy voor!!! Terug by Stillewaters maak ons kennis met die ander WD's en wag vir ons aflewering voor ons die stof behoorlik uit ons kele kon af was.
Die skaap was toe deur 'n profesionele skaap-braaier gaar gemaak!!! Daar is net een skaap wat lekkerder is as daai skaap en dis gemeenskaap!! Dankie aan SchalkL en sy trawante wat die reeling getref het vir die bash. Die klein glasies wat aangedra was is ek seker van dat die "Uiters Giftig" plaker verwyder is van die botels!!!!!
Ons het lekker gekuier, bosveld TV gekyk en geluister na ander se lekker stories.