Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh  (Read 1487 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« on: September 13, 2018, 08:31:52 pm »
In my motorfiets wreld is daar twee saamtrekke wat ek skynbaar nooit by kan uitkom nie.  Een is die Kos Rally en die ander is die Thumper Bsh.  Vanjaar se planne na laasgenoemde toe is gekelder toe een van my ooie die dag wat ek moes ry, 'n vaginale prolapse gekry het en ek inderhaas veeaarts toe moes jaag met haar.  Die dag daarna toe sneeu dit verwoed hier en die passe is toe.  Ek wuif maar my R1040 koebaai.  :'(

En toe is dit die een ding oppie ander en deurentyd is die blerrrie gedagte van moet ons hier bly of gly.  Dit put my uit.  Maandag toe s ek vir my 2IB ek gaan nou die pad vat en bietjie asem skep. 

Ek kom eers so 10h00 hier weg en slat maar teerpad tot net buite Aberdeen waar ek afdraai Rietbron se kant toe.  Dis die pragtigste dag, absoluut windstil, lekker lente dag, sneeu l nog dik op Nardousberg, die Camdeboo, en Blinkfontein se Berg tussen Aberdeen en Beaufort-Wes.  Dis t pragtig.

20180911_121933 by Dors lander, on Flickr

Ek drentel sommer oor die vlaktes en geniet die vars lentelug.

Die arme Rietbron boere trek swaar en die veld is maar kaal.  Ek sien darem dat hulle met die koue front van die afgelope naweek ren gehad het.  Daar is al so 'n effense groen skynsel in die veld te bespeur.  Ek stop naby die windpomp waar 'n trop lammerooie suip.  Hulle staan al blrend nader, seker maar gewoond aan droogtevoer.

20180911_130738 by Dors lander, on Flickr

Wat kan nou lekkerder as die wye oop grondpaaie van die Karoo.

20180911_131136 by Dors lander, on Flickr

Ek kom by die eerste van so 4 of 5 hekke wat ek moet oopmaak.  Ag, ek is rustig met die lekker ry so hulle pla my nie te veel nie.  Ek kyk maar met elke keer se op en afklim hoe dor en kaal die veld is.  Die vee lyk OK maar dit kos di boere seker 'n paar Rand om hulle te voer.  Dit gaan 'n ruk neem alvorens die veld weer sy drakrag herwin.  Byges moet dit darem 'n normale of hopelin, bonormale renjaar wees.

20180911_133555 by Dors lander, on Flickr

Doer in die verte l die sneeu nog lekker wit op die Swartberge na Prins Albert se kant toe.  Vanaand slaap ek daar.

20180911_134053 by Dors lander, on Flickr

Dis 'n grondpadjie wat kronkel en draai en op en af oor die vlaktes.  Dis stil en ek ry lekker.  Hoe nader ek aan die Swartberge kom hoe meer het die veld beginne bot en blom.  Dis pragtig, mens hoef nie Boesmanland toe te ry nie om te gaan blomme kyk.

20180911_142947 by Dors lander, on Flickr

20180911_142957 by Dors lander, on Flickr

20180911_143017 by Dors lander, on Flickr

20180912_082824 by Dors lander, on Flickr

Vir seker 25 of 30km ry ek langs of deur 'n wildsplaas of plase van Derksen Boerdery.  Drade en naamborde is nuut en baie netjies.  Dis 'n moerse stuk grond.  Ek wil my verstout om te s dat die naam Derksen as prokureursfirma rens by my spook.  Die regsbedryf het 'n blink toekoms in ons ou landtjie. 


Uiteindelik kom ek op Prins Albert uit.  Dis 'n mooi dorpie met mooi ou huise, maar ek weet die stadsjapies uit die Kaap uit het eiendomspryse hier die hoogte laat inskiet.  Kon 'n lekker aftreedorpie wees.  Ek val by die hotel in, neem stelling op die stoep in en bestel 'n biefstuk en tjips. Dis stil so in die middel van die week. Net sulke leglers soos ek wat gatskuur.  Na ek klaar geet het, gaan koop ek moreoggend se ontbyt by die Spar.  'n Halfliter melk vir tee, 6 piesangs en 'n pakkie daai geroosterde mieliepitte. Met die stilhouslag oorval die bedelaars en armlastiges my.  Ek vra mooi moet my nie pla nie.  Verder los ons mekaar uit.

Ek slaap vanaand by Sommerso.  Ek het vergeet ek het voorheen hier geslaap, lekker plekkie, redelike pryse teen R400/aand.  Hulle kon darem 'n paar teesakkies en beskuit by die prys ingesluit.  Koffie is my voorland.

20180912_082753 by Dors lander, on Flickr

20180911_165152 by Dors lander, on Flickr

Ek trek my fiets oppie stoep waar ek 'n halwe oog op hom kan hou.

20180911_165135 by Dors lander, on Flickr


Ek blaai deur 'n 2013 uitgawe van Rooi Rose met oud Mej SA Karen Barnard (nooi Setzkorn) op die voorblad.  Ek het vergeet dat sy met Dr Chris Barnard getroud was.  Mens leer selfs iets uit die Rooi Rose uit. 


Die volgende oggend probeer ek bietjie later l maar ou gewoontes klou soos 'n neut.  Ek is vroeg uit die bed en kyk uit op 'n pragtige, dog koel, lenteoggend.  Die vooruitsig van die Swartbergpas l watertand voor.  Die laaste 3 piesangs gaan rus sag in my maag saam met die laaste van die melk en ek is reg om te laat waai.  Daar is heelwat stappers, drawwers en fietrysers oppad na die Swartbergpasafdraai.  Smaak my Prins Albert is 'n fietse fikse dorpie.

20180912_083638 by Dors lander, on Flickr


Net toe ek aftrek om di foto te neem, kom 'n padwerke trok met 'n 1000 liter drinkwatersleepwa verby.  Ek wonder of gaan die manne werk of drink.  1000 liter vir daai paar manne klink vir my half na 'n gesuipery maar dalk is dit dorstige werk wat hulle gaan verrig.  Hoe dit ookal sy, die manne het hulle werk mooi gedaan gekry want die pad is pragtig en ek ry t lekker die pas in. 

Die rotsformasies verstom my elke keer wat ek hier kom.  Die natuur is waaragtig wonderlik.  Ek verwonder my ook aan die feit dat di pas tussen 1881 en 1888 deur Thomas Bain met die hand gebou is.  Daar is amper geen verkeer nie maar ek hou mooi ver links om elke draai.  Geel Kat se ongeluk l t vars in my geheue.

20180912_084815 by Dors lander, on Flickr


20180912_084837 by Dors lander, on Flickr


20180912_085533 by Dors lander, on Flickr


20180912_085543 by Dors lander, on Flickr


Ek geniet waaragtig die 660Z Tener.  Hy pas my soos 'n handskoen.  En sy gedoefdoef hier die pas op is vir my lekker, eenvoudig, sonder fieterjansies, half rustig.  Naby aan die toppunt van die pas draai ek af op die Gamkaskloofpad.  Ek het nie vandag tyd om die Hel in te gaan nie, maar dit bly op my wenslys.

Ek sien die manne was al hier gewees:

20180912_090953 by Dors lander, on Flickr


Gelukkig is daar "Roadside Recovery" vir die BMWs, of die KTMs of die Huskys. :peepwall: :pot:  Sal seker 'n paar Rand kos.

20180912_090941 by Dors lander, on Flickr

« Last Edit: September 13, 2018, 09:04:19 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: Leo, Vulcan, ClemS, Meteor

Offline Offshore

Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #1 on: September 13, 2018, 08:53:35 pm »
Dankie vir die deel. Pragtige Wereld.
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #2 on: September 13, 2018, 09:04:50 pm »
Drie piesangs gaan my nie lank aan die gang hou nie.  Ek val toe by Kobus se Gat vir ontbyt in.  Ek glo dis Kobus self wat vir Gautengers verduidelik van die passe en die hoe en waar, die saaduie wat hy geplant het, die waatlemoene wat nog die grond in moet kom, die kool, die trapfietstoere en watnog.  Die man hak sommer vyfde rat met die vertelslag. Met my stop daar, vra hy: "kom jy van Die Hel af?" Nee seg ek, maar sommige mense vertel my ek is oppad soentoe.

20180912_094148 by Dors lander, on Flickr


20180912_094346 by Dors lander, on Flickr


20180912_094318 by Dors lander, on Flickr



Die brakkie het BAIE energie en wil net h dat ek die stok tog vir hom moet gooi dat hy dit kan gaan haal.  Maar hy wil dit nie los nie.

20180912_095447 by Dors lander, on Flickr



@ChrisL - DUSTRIDERS stel voor ek ry die Groenfontein/Kruisrivierpad wat ek wel doen.  Wat 'n pragtige stukkie van die Klein Karoo!  Ek ry lekker en verkyk my aan die lusernlande en olyfboorde.

Toe ek die R62 kruising kry ry ek 'n ent rigting Oudtshoorn en toe draai ek weer regs af.  Die padskraper is nog besig en my spore is die eerstes oor die nuutgeskraapde pad.  Dis bedrieglik want die ganse oppervlak is besaai met sulke albastergroote gruis.  Dit voel asof beide voor- en agterbande pap is.  Ek ry maar suutjies dat ek myself en my fiets nie in 'n leivoor inboender nie.

Na 'n ruk kom ek by 'n betonpad uit en dis duidelik my GPS is verdwaal.  Ek tokkel 'n paar sleutels en hy kies koers Vanwyksdorp toe via Rooibergpas. 

20180912_120305 by Dors lander, on Flickr


20180912_120323 by Dors lander, on Flickr


20180912_121405 by Dors lander, on Flickr


Dis 'n klipperige, uitgespoelde steil stukkie grondpad di en ek ry versigtig want ek is nie lus vir papwiele herstel hier nie.  Ek het so nou en dan op die laaaaaang teerpaddele gedink 'n 1200GS sou lekker wees maar hier is ek dubbel en dwars bly vir die ratse Tenertjie.  Ons kappit flou tot oppie kruin waar een enkele ou bloekomboom in sy eensaamheid staan. 

Ek sweer ek gaan nog erelidmaatskap van die skilpadgilde ontvang.  Ek wonder hoeveel van die skillies het ek al uit die pad uit gehaal.  Di meneer blaas en raas in sy dop toe ek hom in die veld gaan bre.  Lekker vol modder van daai poel in die agtergrond.

20180912_121909 by Dors lander, on Flickr


Met die anderkant afryslag is daar nie tyd om die uitsig te bewonder nie.  Hier is 'n paar lelike 90 draaie met 'n helse afgrond anderkant waar mens jou poerdes merdes gaan val as jy nie aandag gee nie. 

Dis hartseer om die baie bouvallige en verlate opstalle dwarsoor ons land te sien.  Hier was seker ook eens op 'n tyd drome en hope, vreugde en kinderlag gewees.  Nou is dit net 'n lee dop.  Ai.  Hier kon seker boekdele oor die storie agter die storie geskryf word.

20180912_123312 by Dors lander, on Flickr



Vanwyksdorp se kerk word mooi nuut oorgeverf.  Ek rus sommer 'n ruk lank in die koelte onder die dennebome, luister na die wind deur die naalde.  Dit herinner my aan my vorige plaas waar ek 'n laning dennebome gehad het. 

20180912_131341 by Dors lander, on Flickr


20180912_130011 by Dors lander, on Flickr


20180912_131331 by Dors lander, on Flickr


Die pastorie is al heel spiekeries.

20180912_131310 by Dors lander, on Flickr


Die ou dorpie spog met 'n hele paar pragtige ou huise.

20180912_132937 by Dors lander, on Flickr


Die een is te koop, dis nie hoelank nie en my 2IB spoor die advertensie op.  R4.720m!!  Manne is mal met hulle pryse.  :eek7:

20180912_132837 by Dors lander, on Flickr

Van daaraf is dit 'n kort rit na Koedoeskloof toe waar ek my eie Thumper Bsh gaan hou.

20180912_143722 by Dors lander, on Flickr


Die sneeu l nog dik teen Towerkop, die windtjie is koel, my stertvere is kromgesit.  Ek gaan verkeer rustig op my bed en kuier met Veldtie en Veldblom se een Rhodesian Rifrug wat kortkort kom kuier.  Wat 'n pragtige uitsig.

20180912_170044 by Dors lander, on Flickr


Dis lekker om met ou bekendes te kuier, Veldtie gesels 'n hond uit 'n bos uit.  Vertel van hoe lekker die Thumper Bsh afgeloop het, wat ek als gemis het.  En ek is van vooraf spyt ek het die ware jakop gemis.  My weergawe is maar 'n powere vervanging, ondanks die goeie geselskap en kos.  Ek sluk 'n Red Heart en Coke om die verdriet onder bedwang te bring.  :biggrin:

Daai nag waai die wind en dis koel.  Maar na 'n warm stort en onder Koedoeskloof se snoesige duvet slaap ek soos 'n baba.

Volgende oggend oorweeg ek dit sterk om eers vir @woody1 en ChrisL te gaan kuier maar daar l 'n klomp dinge op die plaas en vir my wag.  Ek ry tot by Veldtie hulle se T-aansluiting en hum en ha oor links plaastoe of regs vir nog 'n dag vakansie.  My sin vir verantwoordelikheid wen en ek draai maar links.  Maar Klaarstroom en daai lekker stuk grondpad daarvandaan tot op Willowmore l nog voor. 

Tussen Oudtshoorn en Deyselsdorp l die 3 lotte padwerke nog netso soos 'n jaar gelede, nog niks verder daarmee gevorder nie.  Ek weier om by die stop en rye te stop, ry verby en klim op die padwerke.  Die ousies by die stopenry karavaantjies waai verwoed ek moet stop.  Ek weet nie hoeveel jaar gaan hulle nog daar staan nie.  Teen di tempo gaan hulle hier aftree.

Op Klaarstroom ry ek eers 'n draai deur die mooi skoon en netjiese klein dorpie voor ek voor die hotel stop.  Dis nog 'n stywe ent plaas toe, ek bestel maar 'n hoender mayo toebie.  Dit kom met 'n klomp tjips, 6 van hulle wen my. 

Die nuwe eienaar en bestuurderes Annatjie het wonders hier verrig en dis  waaragtig 'n interessante plekkie.  Ek besluit net daar ek bring my 2IB op so 'n Swartberg passe en Klaarstroom wegbreek. 

20180913_114621 by Dors lander, on Flickr


20180913_115334 by Dors lander, on Flickr


20180913_115407 by Dors lander, on Flickr

20180913_115600 by Dors lander, on Flickr


20180913_115734 by Dors lander, on Flickr


20180913_121654 by Dors lander, on Flickr


Ek wou my banddruk nagaan maar die pypie is effe kort.

20180913_124004 by Dors lander, on Flickr


Ek klim op daai Klaarstroom-Willowmore grondpad en dit ry t lekker, die wind is van agter en ek sweef soos 'n vol dat die stof doer trek.  Dis nie hoe lank nie en ek kom alweer 'n padskraper tee.  Een van die regte egte ou omies met die tiervel brerand hoed wat skraap en mens sien dit sommer dadelik.  Hy groet vriendelik toe ek verbyry.  Weer is my spore die eerstes na die skraper verby is.  Dis stowwerig maar lekker, ek draai daai Yammie se oor.

20180913_135131 by Dors lander, on Flickr


Ek glo my nuwe bande is nou mooi ingeloop.

20180913_135159 by Dors lander, on Flickr



Met die N9 se opklimslag waai die wind - soos gewoonlik - sterk van links af en ek ry so teen 'n hoek huistoe.  Vanaand slaap ek in my eie bed oppie plaas.  Ek stop vir oulaas op die Millerstasiepad net verby Oppievlak padstal.  Bliksem, ek hou van my Yammie. 507km vir die dag.

20180913_142923 by Dors lander, on Flickr
« Last Edit: September 13, 2018, 09:30:40 pm by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Coxwain

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 4,026
  • Thanked: 80 times
  • Real men ride a pig...
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #3 on: September 13, 2018, 09:11:29 pm »
Hey Dors ....I was looking forward to meeting you at the Thumper Bash......next time. :thumleft:
PIG LITE....Honda NX 650
Thel PIG... BMW R 1150 GS
The Black Bitch ...Yamaha XT 660 R Black Magic ....Yamaha XT 660 Z
Found my next ride .....BMW 1150 GS ...a mans bike
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #4 on: September 13, 2018, 09:17:31 pm »
Hey Cox'n I was just there yesterday, where the hell were the rest of you guys?! :imaposer:




















Ja, I was really looking forward to that bash.  I was reasonably pissed off when I couldn't make it.  I was all dressed up with nowhere to go.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #5 on: September 13, 2018, 09:20:07 pm »
Dankie vir die deel. Pragtige Wereld.

Dis mos jou agterplaas Offshore  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline exkdx

Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #6 on: September 13, 2018, 09:38:42 pm »
Ek het lekker gelees aan jou storie Dorsland...
Jy het pratige fotos geneem!
Watter kamera of selfoon het jy gebruik?
Dankie vir die lekkerlees verslag :biggrin:
KDX200 gone
YZ 250 gone
Husky TE610 one left
KTM 500 XC-W latest addition
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,000
  • Thanked: 67 times
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #7 on: September 13, 2018, 09:39:40 pm »
Mooi wereld daai ...  :thumleft:
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,377
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #8 on: September 13, 2018, 09:41:28 pm »
Jammer jy het nie kom groet. :(
Ek's jaloers oor jou innie week trip :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #9 on: September 13, 2018, 09:43:21 pm »
Ek het lekker gelees aan jou storie Dorsland...
Jy het pratige fotos geneem!
Watter kamera of selfoon het jy gebruik?
Dankie vir die lekkerlees verslag :biggrin:

Dankie exkdx, ek het altyd my selfoon en 'n baie oulike Panasonic Lumix kamera saamgery.  Deesdae se selfoonkameras het al so goed geword dat ek nou net my selfoon gebruik  Dis 'n Samsung Note 5.  Natuurlik sal 'n regte kamera altyd beter resultate lewer as jy die fotos wil druk maar meeste van die tyd deel ons nou mos net op die internet en Whatsapp en daarvoor is deesdae se selfoonkameras puik.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: exkdx

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #10 on: September 13, 2018, 09:46:04 pm »
Jammer jy het nie kom groet. :(
Ek's jaloers oor jou innie week trip :thumleft:

As ek my 2IB die passe en Klaarstroom se hotel gaan wys dan kom ons beslis daar draai Chris.  Gaan nog in di jaar wees. 
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,377
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #11 on: September 13, 2018, 09:47:19 pm »
Jammer jy het nie kom groet. :(
Ek's jaloers oor jou innie week trip :thumleft:

As ek my 2IB die passe en Klaarstroom se hotel gaan wys dan kom ons beslis daar draai Chris.  Gaan nog in di jaar wees.
Tjap!! :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,860
  • Thanked: 387 times
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #12 on: September 13, 2018, 09:47:54 pm »
Ag lekker saamgery.
Ek glo jou gemoed voel ook nou beter.
Die karoo word darem vinnig mooi so na bietjie ren.
Dit is maar teken van die honger wat die diere nog onthou as hulle jou betrek wanneer jy naby kom, al is daar kos in die veld.
My hart kry seer as ek dink aan al die diere wat gely het onder die droogte.
Ek onthou nog die arme skildpad doppe wat jy gekry het. :'(
Dankie vir die saamvat en die dag kom wat ek met jou saam gaan stoepsit en koffie ruik en baie vir mekaar s so in die stilte sonder woorde.
Ai ek verlang na die karoo! :drif:
Dakar 650
KLR650
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #13 on: September 13, 2018, 09:51:09 pm »
Ek het daar naby Rietbron 'n erge ding gesien OB.  Die boer het 'n kragdraad onderlangs op sy veeheinings gespan.  Ek weet nie hoeveel volt daar op is nie  maar ek het seker hier by die 45 groot skilpaaie getel wat doodgeskok is.  Van die doppe is al baie oud en wit verbleik maar ai, dit was waaragtig erg gewees. :'(

Ja, die wreld draai t vinnig na my smaak, als gaan verby.  Ons moet tyd maak vir die goeie dinge.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,860
  • Thanked: 387 times
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #14 on: September 13, 2018, 09:58:28 pm »
Ek het daar naby Rietbron 'n erge ding gesien OB.  Die boer het 'n kragdraad onderlangs op sy veeheinings gespan.  Ek weet nie hoeveel volt daar op is nie  maar ek het seker hier by die 45 groot skilpaaie getel wat doodgeskok is.  Van die doppe is al baie oud en wit verbleik maar ai, dit was waaragtig erg gewees. :'(

Ja, die wreld draai t vinnig na my smaak, als gaan verby.  Ons moet tyd maak vir die goeie dinge.
Ai die mense wat nie dink en nie omgee!
Ek sou daai kragdraad sommer elke paar tree afgesknip het!
Ons moet tyd maak, dink baie daaraan na ek weer Vrydagaand gejaag het na waar my seun van die pad gestoot was deur trok!
Gelukkig is hy ok, maar ma se kar is daarmee heen.
Tyd kom net eenkeer terwyl ons hier op aarde is!
Dakar 650
KLR650
 

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,738
  • Thanked: 432 times
  • DR650 Admirer
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #15 on: September 13, 2018, 10:45:44 pm »
Dankie vir die saamry, Dorsland. Pragtige foto's!

Hoop om eendag binnekort te ontmoet! :thumleft:

Ek kuier altyd lekker by die Klaarstroom gastehuis as ek daarlangs moet oorstop. Ek het op my eerste veeldag motorfietsrit daar oorgeslaap, en Sharon en Jeremy was verstom dat ek my eie motorfiets ry - "But you're so little!" :lol8:

Baie sterkte met 'n baie moeilike besluit. Daar is liefde hor as die blou lug en genade wyer as die Karoovlaktes, wat julle ookal besluit en waarheen julle ookal gaan. Ons dra julle op die hart.
« Last Edit: September 14, 2018, 12:37:52 am by Ri »
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Ama ride ride

  • Gravel unlimited
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Zero (all models)
    Location: New Zealand
  • Posts: 5,735
  • Thanked: 66 times
  • Ride to ride again
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #16 on: September 13, 2018, 11:14:59 pm »
Dankie Dors. Ek het lekker gelees en saamgery. :thumleft:
Gewoontlik n@@i ek reguit aan op fyndraai.

 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,118
  • Thanked: 26 times
  • East London
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #17 on: September 14, 2018, 02:58:38 am »
Lekker saamgery.  Verlang nou sommer huis toe van waar ek nou sit en lees  :ricky:

Koedoeskloof is ALTYD 'n wenner .  :deal:
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,414
  • Thanked: 149 times
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #18 on: September 14, 2018, 05:58:20 am »
Lekker gelees en kiekies gekyk, dankie.   :thumleft: :thumleft:

Ek hoop jou koppie is nou effe skoon.   :biggrin:

Smaak my jy is soos ek,  as Nannie nie saam is nie beplan ek 'n lekker lank trip net om my weer oor drie dae by die huis te kry.     :eek7:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline Rockrider001

  • Member
  • **
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 69
  • Thanked: 14 times
  • If you're not the lead dog, the view never changes
Re: Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bsh
« Reply #19 on: September 14, 2018, 06:23:48 am »
Dankie vir die pragtige fotos Dors.
Ek het die saamry geniet. Sien uit na die volgende een..
 
The following users thanked this post: Dorsland