Liewer laat as nooit, my solo Thumper Bêsh

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
In my motorfiets wêreld is daar twee saamtrekke wat ek skynbaar nooit by kan uitkom nie.  Een is die Koës Rally en die ander is die Thumper Bêsh.  Vanjaar se planne na laasgenoemde toe is gekelder toe een van my ooie die dag wat ek moes ry, 'n vaginale prolapse gekry het en ek inderhaas veeaarts toe moes jaag met haar.  Die dag daarna toe sneeu dit verwoed hier en die passe is toe.  Ek wuif maar my R1040 koebaai.  :'(

En toe is dit die een ding oppie ander en deurentyd is die blerrrie gedagte van moet ons hier bly of gly.  Dit put my uit.  Maandag toe sê ek vir my 2IB ek gaan nou die pad vat en bietjie asem skep. 

Ek kom eers so 10h00 hier weg en slat maar teerpad tot net buite Aberdeen waar ek afdraai Rietbron se kant toe.  Dis die pragtigste dag, absoluut windstil, lekker lente dag, sneeu lê nog dik op Nardousberg, die Camdeboo, en Blinkfontein se Berg tussen Aberdeen en Beaufort-Wes.  Dis té pragtig.

20180911_121933 by Dors lander, on Flickr

Ek drentel sommer oor die vlaktes en geniet die vars lentelug.

Die arme Rietbron boere trek swaar en die veld is maar kaal.  Ek sien darem dat hulle met die koue front van die afgelope naweek reën gehad het.  Daar is al so 'n effense groen skynsel in die veld te bespeur.  Ek stop naby die windpomp waar 'n trop lammerooie suip.  Hulle staan al blêrend nader, seker maar gewoond aan droogtevoer.

20180911_130738 by Dors lander, on Flickr

Wat kan nou lekkerder as die wye oop grondpaaie van die Karoo.

20180911_131136 by Dors lander, on Flickr

Ek kom by die eerste van so 4 of 5 hekke wat ek moet oopmaak.  Ag, ek is rustig met die lekker ry so hulle pla my nie te veel nie.  Ek kyk maar met elke keer se op en afklim hoe dor en kaal die veld is.  Die vee lyk OK maar dit kos dié boere seker 'n paar Rand om hulle te voer.  Dit gaan 'n ruk neem alvorens die veld weer sy drakrag herwin.  Bygesê moet dit darem 'n normale of hopelin, bonormale reënjaar wees.

20180911_133555 by Dors lander, on Flickr

Doer in die verte lê die sneeu nog lekker wit op die Swartberge na Prins Albert se kant toe.  Vanaand slaap ek daar.

20180911_134053 by Dors lander, on Flickr

Dis 'n grondpadjie wat kronkel en draai en op en af oor die vlaktes.  Dis stil en ek ry lekker.  Hoe nader ek aan die Swartberge kom hoe meer het die veld beginne bot en blom.  Dis pragtig, mens hoef nie Boesmanland toe te ry nie om te gaan blomme kyk.

20180911_142947 by Dors lander, on Flickr

20180911_142957 by Dors lander, on Flickr

20180911_143017 by Dors lander, on Flickr

20180912_082824 by Dors lander, on Flickr

Vir seker 25 of 30km ry ek langs of deur 'n wildsplaas of plase van Derksen Boerdery.  Drade en naamborde is nuut en baie netjies.  Dis 'n moerse stuk grond.  Ek wil my verstout om te sê dat die naam Derksen as prokureursfirma êrens by my spook.  Die regsbedryf het 'n blink toekoms in ons ou landtjie. 


Uiteindelik kom ek op Prins Albert uit.  Dis 'n mooi dorpie met mooi ou huise, maar ek weet die stadsjapies uit die Kaap uit het eiendomspryse hier die hoogte laat inskiet.  Kon 'n lekker aftreedorpie wees.  Ek val by die hotel in, neem stelling op die stoep in en bestel 'n biefstuk en tjips. Dis stil so in die middel van die week. Net sulke leëglêers soos ek wat gatskuur.  Na ek klaar geëet het, gaan koop ek moreoggend se ontbyt by die Spar.  'n Halfliter melk vir tee, 6 piesangs en 'n pakkie daai geroosterde mieliepitte. Met die stilhouslag oorval die bedelaars en armlastiges my.  Ek vra mooi moet my nie pla nie.  Verder los ons mekaar uit.

Ek slaap vanaand by Sommerso.  Ek het vergeet ek het voorheen hier geslaap, lekker plekkie, redelike pryse teen R400/aand.  Hulle kon darem 'n paar teesakkies en beskuit by die prys ingesluit.  Koffie is my voorland.

20180912_082753 by Dors lander, on Flickr

20180911_165152 by Dors lander, on Flickr

Ek trek my fiets oppie stoep waar ek 'n halwe oog op hom kan hou.

20180911_165135 by Dors lander, on Flickr


Ek blaai deur 'n 2013 uitgawe van Rooi Rose met oud Mej SA Karen Barnard (nooi Setzkorn) op die voorblad.  Ek het vergeet dat sy met Dr Chris Barnard getroud was.  Mens leer selfs iets uit die Rooi Rose uit. 


Die volgende oggend probeer ek bietjie later lê maar ou gewoontes klou soos 'n neut.  Ek is vroeg uit die bed en kyk uit op 'n pragtige, dog koel, lenteoggend.  Die vooruitsig van die Swartbergpas lê watertand voor.  Die laaste 3 piesangs gaan rus sag in my maag saam met die laaste van die melk en ek is reg om te laat waai.  Daar is heelwat stappers, drawwers en fietrysers oppad na die Swartbergpasafdraai.  Smaak my Prins Albert is 'n fietse fikse dorpie.

20180912_083638 by Dors lander, on Flickr


Net toe ek aftrek om dié foto te neem, kom 'n padwerke trok met 'n 1000 liter drinkwatersleepwa verby.  Ek wonder of gaan die manne werk of drink.  1000 liter vir daai paar manne klink vir my half na 'n gesuipery maar dalk is dit dorstige werk wat hulle gaan verrig.  Hoe dit ookal sy, die manne het hulle werk mooi gedaan gekry want die pad is pragtig en ek ry té lekker die pas in. 

Die rotsformasies verstom my elke keer wat ek hier kom.  Die natuur is waaragtig wonderlik.  Ek verwonder my ook aan die feit dat dié pas tussen 1881 en 1888 deur Thomas Bain met die hand gebou is.  Daar is amper geen verkeer nie maar ek hou mooi ver links om elke draai.  Geel Kat se ongeluk lê té vars in my geheue.

20180912_084815 by Dors lander, on Flickr


20180912_084837 by Dors lander, on Flickr


20180912_085533 by Dors lander, on Flickr


20180912_085543 by Dors lander, on Flickr


Ek geniet waaragtig die 660Z Teneré.  Hy pas my soos 'n handskoen.  En sy gedoefdoef hier die pas op is vir my lekker, eenvoudig, sonder fieterjansies, half rustig.  Naby aan die toppunt van die pas draai ek af op die Gamkaskloofpad.  Ek het nie vandag tyd om die Hel in te gaan nie, maar dit bly op my wenslys.

Ek sien die manne was al hier gewees:

20180912_090953 by Dors lander, on Flickr


Gelukkig is daar "Roadside Recovery" vir die BMWs, of die KTMs of die Huskys. :peepwall: :pot:  Sal seker 'n paar Rand kos.

20180912_090941 by Dors lander, on Flickr

 
Top