Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Quad fiets vir boerdery  (Read 5563 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Quad fiets vir boerdery
« on: September 30, 2018, 10:43:13 am »
Wie gebruik 'n dooskarretjie vir boerdery?  Is dit meer handig as my Bushlander? Hoekom? Hoe gebruik jy hom?

Nuwe Linhai Rustler https://bikes.autotrader.co.za/used-motorcycles/linhai/rustler-260-xl-2x4-quad-bike/2015-linhai-rustler-260-xl-2x4-quad-bike-4-stroke-auto%2C-liquid-cooled%2C-reverse-bfpa-8a8183874dde9a65014df783e4b802d0 of 2de handse Yamaha Kodiak https://www.gumtree.co.za/a-motorcycles-scooters/centurion/yamaha-kodiak-4x4-utility-quad/1003104562370910009332809?

Wat van di Honda? https://www.olx.co.za/item/2007-honda-trx-250-tm-fourtrax-still-new-iid-1056838404?utm_source=ananzi.co.za

Ander voorstelle asseblief.

Dit moet 'n agri quad met rakke, 4x4 (die Linhai se skakel is wel die 4x2 maar hulle het seker 'n 4x4 model), sleephak ens h.  Waarvoor moet ek uitkyk.  Buiten die 4 wiele wat bedryfskoste seker effe sal opstoot hoe vergelyk bedryfskostes met 'n motorfiets?

Die brandstofprys ruk nou totaal handuit en 'n plan moet gemaak word.
« Last Edit: September 30, 2018, 10:47:36 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #1 on: September 30, 2018, 10:44:05 am »
@ChrisL berig, berig oor
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Serf

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 853
  • Thanked: 26 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #2 on: September 30, 2018, 10:51:02 am »
Jy is haastig om n antwoord te kry

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #3 on: September 30, 2018, 10:53:30 am »
 :lol8:  Ek werk met 'n plan Serf. Moreoggend as die manne op kantoor is en veronderstel is om te werk maar l oppie forum dan kry ek al die antwoorde
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #4 on: September 30, 2018, 11:09:13 am »
Hierdie week was daar die bargain van alle bargains op Gomboom. n Suzuki Ozark 250 vir R25 000 met n karretjie. Drie jaar oud.
Nodeloos om te s ek het nie die geld.
Dorsland my kwad is al 10 plus jaar oud. Loop elke dag n paar maal. Hy is my bene. My plekkie is te skuins en klein om met n bakkie te ry en loop is nie n opsie.
Ek voer my paar kalwers met hom, gaan start pomp, skuif draglines in die ry met hom en nee ek het nog nooit n 4x4 een nodig gehad.
Met my bene en my opset verkies ek die kwad bo n kleinerige bike. Opklim is net makliker, reverse is n groot voordeel en ek kan meeste van my hekke oopmaak sonder om af te klim.
My raad is koop NET Honda, Suzuki of Yamaha. My Ozark 250 is een van die bestes wat daar is finish en klaar.
Breuke tot sovr agter rem kabel twee keer. Laat net  n nuwe kabletjie insit by fietswinkel.
Drie maal nuwe borsels laat insit in starter.
As jy koop kry een met n diff en nie ketting.
Agterop my kwad het ek n krat waarin als is wat ek gou nodig het, binddraad, tang, draadborsel,ystersaag,klein verkykertjie,waterpomptang.
Myne dra met gemak n baal lusern op die voorste carrier en n 20 liter emmer vol meel agterin die krat.

Jy moet daai een Honda van KTMKobus gekoop het. Was n pragstuk van n masjien met niks kilos op. :deal:
« Last Edit: September 30, 2018, 11:22:07 am by ChrisL - DUSTRIDERS »
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Oshkosh

Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #5 on: September 30, 2018, 11:12:02 am »
Wie gebruik 'n dooskarretjie vir boerdery?  Is dit meer handig as my Bushlander? Hoekom? Hoe gebruik jy hom?

Nuwe Linhai Rustler https://bikes.autotrader.co.za/used-motorcycles/linhai/rustler-260-xl-2x4-quad-bike/2015-linhai-rustler-260-xl-2x4-quad-bike-4-stroke-auto%2C-liquid-cooled%2C-reverse-bfpa-8a8183874dde9a65014df783e4b802d0 of 2de handse Yamaha Kodiak https://www.gumtree.co.za/a-motorcycles-scooters/centurion/yamaha-kodiak-4x4-utility-quad/1003104562370910009332809?

Wat van di Honda? https://www.olx.co.za/item/2007-honda-trx-250-tm-fourtrax-still-new-iid-1056838404?utm_source=ananzi.co.za

Ander voorstelle asseblief.

Dit moet 'n agri quad met rakke, 4x4 (die Linhai se skakel is wel die 4x2 maar hulle het seker 'n 4x4 model), sleephak ens h.  Waarvoor moet ek uitkyk.  Buiten die 4 wiele wat bedryfskoste seker effe sal opstoot hoe vergelyk bedryfskostes met 'n motorfiets?

Die brandstofprys ruk nou totaal handuit en 'n plan moet gemaak word.

Dors what about Side by Side ATV I would think it is more practical than a Quad?
Just my 2c

Link: https://www.google.co.za/search?q=side+by+side+atv&rlz=1C1CHFX_enZA792ZA792&source=lnms&sa=X&ved=0ahUKEwjf7v3IseLdAhVsIcAKHYJJCFEQ_AUICSgA&biw=2133&bih=1053&dpr=0.9
2017 R1200RS SPORT F#ck Me what an Animal!
2010 R1200GS ADV "The Comfy Chair with GRUNT"(SOLD)
2012 R1200RT "The Wife's Little Tourer"
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #6 on: September 30, 2018, 11:33:59 am »
Dors tussen die drie voorbeelde wat jy te koop kan kry sal ek tussen die Yamaha en Honda kies.
As jy wil 4x4 h vat die Yamaha as jy tevrede sal wees met 4x2 vat die Honda. Albei ewe betroubaar.
Om te kies of jy 4x4 gaan benodig vra jouself of jy op ander paaie/plekke gaan ry in jou veld as waar jy alreeds met jou bike ry. As jou antwoord is jy wil rowwer plekke bereik as met die bike kry die 4x4. :deal:
n Kwadbike is n groot bakkie spaarder op n plaas, maar dan moet net die baas hom ry. As hy baie jokkies het word hulle maar erg deur die gat getrek.
Ek weet joune sal net een jokkie h.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #7 on: September 30, 2018, 11:36:52 am »

Dors what about Side by Side ATV I would think it is more practical than a Quad?
Just my 2c

Link: https://www.google.co.za/search?q=side+by+side+atv&rlz=1C1CHFX_enZA792ZA792&source=lnms&sa=X&ved=0ahUKEwjf7v3IseLdAhVsIcAKHYJJCFEQ_AUICSgA&biw=2133&bih=1053&dpr=0.9

Those side by sides are moerse expensive Oshkosh.  One can almost buy an old farm bakkie for that price.  Very nice but overkill for my situation I think.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #8 on: September 30, 2018, 11:37:46 am »
Oh ja ek't vergeet om by te voeg sluit maar die kwad se sleutel weg as jy een koop. Dit sal nie lank vat vir jou 2IB om uit te vind hoe lekker ry die ryding. ;)
My 2IB is baie vaardig met ons kwad en vat hom sommer gou om by die bure iets te loop haal.(1 kilo oneway)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #9 on: September 30, 2018, 11:40:17 am »
Dors tussen die drie voorbeelde wat jy te koop kan kry sal ek tussen die Yamaha en Honda kies.
As jy wil 4x4 h vat die Yamaha as jy tevrede sal wees met 4x2 vat die Honda. Albei ewe betroubaar.
Om te kies of jy 4x4 gaan benodig vra jouself of jy op ander paaie/plekke gaan ry in jou veld as waar jy alreeds met jou bike ry. As jou antwoord is jy wil rowwer plekke bereik as met die bike kry die 4x4. :deal:
n Kwadbike is n groot bakkie spaarder op n plaas, maar dan moet net die baas hom ry. As hy baie jokkies het word hulle maar erg deur die gat getrek.
Ek weet joune sal net een jokkie h.

Wat kos 'n stel bande vir 'n kwad Chris?  Ek wil nie want my Cruiser ontslae raak nie want daar is take wat net hy kan verrig maar 'n stel bande kos nou al  R10000  :eek7:  Ek dink die verskil tussen 4x2 en 4x4 kwad is so klein mens kan seker maar 4x4 koop.

Ja, hy sal seker net ek en my 2IB as joggies h.  My vrou hou nie van self fietsry nie.  Maar 'n kwad sal vir haar ook werk.


Edit:  daar lees ek nou net jou pos oor die 2IB.  Ek kan nou middagete in die veld afgelewer kry  :peepwall: :lol8:
« Last Edit: September 30, 2018, 11:41:43 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #10 on: September 30, 2018, 11:44:28 am »
Dors daai klim van jou huis af tot bo waar ons gebraai het is 2 de rat vir my kwad easy peasy op lae revs.
Terug hou jy hom eerste of tweede en hy hol nie weg.
Seker die lekkerste van n kwad is jy hoef nie sidestand staanplek vir die ding te soek. Gewoonlik waar mens mos stop in die veld met n plaasbike sukkel jy mos vyf minute om al die klippe weg te skop vir die sidestand. Teen daai tyd het ek lankal die ball valve losgemaak wat gehaak het en oorgeloop het. ;)
Hek oopmaak, staan regop leun vooroor en maak oop en stoot hek weg van jou af.
Draadhek selfde hak los en laat hom val na links of regs en ry deur.
Met gemak lift jy vir Hnery tot bo in die veld voor op die carrier, hy met net sy bene optrek :deal: ;)

Ek s jou as jy eers een het gaan jou Bushlander en cruiser se battery pap raak. :deal:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #11 on: September 30, 2018, 11:47:07 am »
Wat kos 'n stel bande vir 'n kwad Chris?

Sal jou W app. Moet byvoeg die bande hou lank as jy werk met die kwad. Ek is op my tweede stel in tien jaar en ek dink die kwd sal dood met die stel op.
Dis daai opwen op een plek stilstaan en kringetjies maak wat die bande opvreet.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #12 on: September 30, 2018, 11:53:56 am »
My knie moet nou waaragtig vervang word Chris maar daarvoor het ek nie agterna 6 weke light duty tyd nie.  Die dinge waaraan ek dink vir die kwad is byvoorbeeld hier tussen kwarentynkampe en die klipkraal waar my medisynekas is.  Dan is ek hier met die Bushlander by die bokke in kwarentyn dan moet ek terugstap klipkraal toe om die medisyneboks te gaan haal.  Hy is t groot vir die Bushlander dan is ek gedwing om te stap.  Dit slyt my knie nog verder. Of, gou een rol draad vir die draadmakers te vat, of 'n stuk gereedskap.  Dis dinge wat net t groot vir die Bushlander is maar waaragtig 'n verkwisting van brandstof en slytasie vir die Cruiser.

Of, soos jy s, vat en man gou af lande toe om lammers kraal toe te bring.

Hy sal seker my lamtksie sleep of hoe?

20180928_084840 by Dors lander, on Flickr
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #13 on: September 30, 2018, 11:54:55 am »
Dis daai opwen op een plek stilstaan en kringetjies maak wat die bande opvreet.

So die Buff op 'n dooskarretjie is uit?  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,043
  • Thanked: 270 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #14 on: September 30, 2018, 11:58:10 am »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #15 on: September 30, 2018, 12:02:07 pm »
Hy sal seker my lamtksie sleep of hoe?

Daai 4x4 Yamaha sal met gemak hom sleep. My kwad het n bal aan sy haak en ek sleep my bike treiler op die werf rond as ek sy staanplek benodig soos gister.
Onthou net om die disselboom nie te kort te maak EN ook nie te kort te draai met die lamkar agter want die wiele is mos naby aan mekaar agter. Jy sal gou sy trick agterkom.

N Kwad het net een "fout" en dis dat hy vir hom sy eie spoor maak waar jy baie ry. MAW as jy elke keer op dieselfde spoor knap om die waenshuis se hoek ry gaan hy vir hom n spoor spin met tyd. Niks ernstigs nie, maar die locked agterdiff doen dit EN moet nooit kort draai en vet gee op jou grasperk, hy grawe gras uit!!! :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #16 on: September 30, 2018, 12:07:51 pm »
Wat van die een?

http://offroadsp.co.za/for-sale/item/289-2007-suzuki-lta-400-eiger-4x4
Ek het amper amper so n 400 suzuki gekoop toe ek my 250 nuut gekoop het,MAAR het besef sy lyf is te groot vir my klein plekkie. Dit was die regte besluit.
Daai 400 aircooled is baie taai, jy kan maar koop. Die 400 sal werk by jou siende dat jy wil treiler sleep en lammers bang ry.Met jou lang bene gaan jy ook gemakliker sit op die 400 as n 250 wat beknopter is.
Soms stop ek op n plek en staar net in my valleitjie af net vir die lekker. Gawe sitplek om vanaf net te staar.
« Last Edit: September 30, 2018, 10:02:59 pm by ChrisL - DUSTRIDERS »
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Online Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,174
  • Thanked: 488 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #17 on: September 30, 2018, 12:23:33 pm »
Dors, ek gebruik seker al 10 jaar lank een en hulle is baie meer veelsydig as 'n motorfiets. Myne is 'n Yamaha 660 Grizzly en waar hy nie loop nie, kan jy ook nie. Hulle het n vreeslike offroad kapasiteit en hy hou. Myne werk hard, maar so vr geen groot breke nie, branstof kraantjie wat gelek het en daardie tipe foutjies. Sleep ook n waentjie met hom wanneer nodig.
Kyk vir een met onafhanklike vering op agter as. As hy 'n soliede as het raak die grondvry hoogte beperk onder die "diff". Met die onafhanklike suspensie sit die "diff" hoog en agter skermplate met net die 2 driveshafts wat afkom na die wiele toe.
Wielsporing is aanvanklik n probleem, want hy loop smaller as n bakkie, maar jy ry gou nuwe spore. Die gewig of gronddruk onder elke band is baie laag, so jy ry maklik uit die pad uit in die veld self sonder om plantegroei te beskadig. Die meeste van hulle kom seker met tubeless bande, maar dit is n moet. Daarby verder, sit vir jou Kenda Bearclaw 6 ply bande op met slym in en jy sal nie weet van papwiele nie. Koop hom maar, jy kan my later bedank.
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Andre E

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,265
  • Thanked: 19 times
  • McDonalds Accommodation, Queenstown
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #18 on: September 30, 2018, 12:34:28 pm »
Beste ding wat jy ooit sal doen vir jou boerdery, en jy sal vebaas wees hoe veelsydig so 'n dooskarretjie is.

Goeie gebruiktes is relatief goedkoop bekombaar.

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Don't be kak, be lekker.
What is this life, if full of care,
we have no time to stand and stare.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,360
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #19 on: September 30, 2018, 12:55:30 pm »
 Kenda Bearclaw 6 ply bande

Ek het so n stel nou op myne. Nog geen pap wiele gehad tot dusver. Ek moet hulle papper ry as die eerste stel want hulle is klip hard. Jy wil nie een van hulle op n rim trek by die huis, jy laat dit doen!! :deal: :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za