Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Quad fiets vir boerdery  (Read 7467 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline LMG

Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #160 on: October 18, 2018, 01:04:28 pm »
Dorsland - my broer het lank gewik en weeg oor sy quad. 

Nou is dit 'n geval van 'ek kan nie meer sonder hom boer nie'.

Baie veilige kms.
"Bad decisions make for good stories" T-shirt in the Northern Cape
"The most dangerous worldview is the worldview of those who have not viewed the world." -Alexander Von Humboldt.
Never fight unless you have to; never fight alone; and never fight for long - MG Fox Conner
When you're incapable of learning from the mistakes of the past, you end up improving on them.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #161 on: October 18, 2018, 01:17:15 pm »
Het jy al die kinders vir n spin gevat?

Dis 'n Yamaha nie 'n Honde nie  :imaposer:

Ek gaan vir ou Stoffel 'n Stofboks bou dan sal y seker saamry maar vir Seun, neewat, vergeet dit.  hy ry lekker op die bakkie maar ek glo nie hy sal op die quad ry nie.  Buitendien, ek is seker hy is oor die gewigbeperking van die agter rak  :lol8:
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #162 on: October 18, 2018, 01:20:43 pm »
Dorsland - my broer het lank gewik en weeg oor sy quad. 

Nou is dit 'n geval van 'ek kan nie meer sonder hom boer nie'.

Baie veilige kms.

Dankie LMG.  Ek kan sien dit kan maklik so raak.  Ek kom nou net van my skrootwerf af, gaan ysters soek vir my quad sleepwa.  Dis maklik en vinnig.  En so terloops, ek kry nou 'n splinter nuwe sleephak hier in my werkswinkel, in 2010 by Midas vir R285 gekoop. Hy het nog die plakker op.  Daai ding is deesdae seker heelwat duurder.  Nou is ek sommer begeesterd, more moet ons gou my een ramtrop doseer dan bou ek daai sleepwa.  Eintlik gaan ek die bestaande trollie wat ek gebou het, aanpas dat hy soms as trollie en ander tye soos 'n sleepwa gebruik kan word.  Hou di spasie dop. 

Volgende week Donderdag is dit afnaweek vir die arbeid dan wil ek nie sukkel nie.  My 2IB moet maklik kan werk terwyl ek bietjie rus.  :peepwall: :pot: :lol8:
« Last Edit: October 18, 2018, 01:22:46 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #163 on: October 18, 2018, 02:39:16 pm »
Die farkling het beginne.  :lol8:

20181018_142909 by Dors lander, on Flickr

20181018_143023 by Dors lander, on Flickr
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,016
  • Thanked: 685 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #164 on: October 18, 2018, 02:43:51 pm »
Die farkling het beginne.

 :laughing4: :laughing4:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Jaakmh

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 668
  • Thanked: 21 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #165 on: October 18, 2018, 09:16:09 pm »
Ek ken nie looprame so lekker nie. Het die nuwe toevoeging 4x4 ens?

Ek ken hulle nog minder @Jaakmh. Ek was skoon verbaas toe ek eers begin navorsing oor quads doen.  Die Grizzly het kragstuur (ek dog Bie dryf die spot met my toe hy dit noem), wisselbare 4x4, voor ewenaarslot, elektriese uitlaat vir 'n skietlig (of om my selfoon mee te laai of dalk 'n DVD speler in te prop  :biggrin:), 'n baie handige mossienes (cubby hole) hier regs asook een onder die sitplek.  Hulle maak hulle waaragtig deesdae spoggerig.  Dis nie meer soos daai eerste driewiel Honda doodsmasjiene nie.

Dankie vir die terugvoer Dorsland!
Stofpad!
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,346
  • Thanked: 559 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #166 on: October 18, 2018, 09:42:26 pm »
Die farkling het beginne.

 :laughing4: :laughing4:
Die man doen dit darem in styl! :peepwall: :imaposer:
Gelukkig nie blink een opgesit nie! :pot:
Dakar 650
SR 500
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #167 on: October 23, 2018, 01:26:19 pm »
      Raait, quad is nou so te s 'n week hier.  Ek kan seker maar bietjie terugvoer gee of hoe.

      Die fiets loop lekker, baie krag alhoewel ek maar ry soos 'n steeks donkie, nog nie eens oor 30km/u gery nie.  Hy sleep daai lusernwaentjie met gemak, dis seker nie 'n hengse vrag nie. Maar dit waarvoor hy gebruik word, doen hy mey gemak.  Enigste ding wat my effe pla is die geraas.  Daarvoor het ek reeds 'n plan A en 'n Plan B.  Vrydag as ek dorptoe, dan probeer ek Plan A wat klankdempwol in sy uitlaat behels.  Ek is gewoond aan die Bushlander wat stil soos 'n Singer naaimasjien loop.  Ek hou daarvan.  As ek vinnig op 'n plek op die plaas wil uitkom dan is die Bushlander die beter opsie.

      Hy staan nou op 3/4 leeg en 85km  :eek7: so hy is redelik swaar op brandstof.  Sal maar sien waar raak hy leeg dan sy verbruik bepaal.  Hy is aansienlik swaarder op brandstof as die Bushlander.  Seker te verwagte met 'n 700cc enjin en V-belt aandrywing.  'n Vraag vir die manne wat weet:  hoekom outomaties en nie handrat op 'n quad nie?

      Ek gaan nuwe bande vir hom bestel.  Sy bestaande bande is al hier op die einde van hulle dienslewe en ek het al 3 papwiele gehad.  Dankie
@Bie, SpeedyQuip in die Baai se pryse op Bear Claws is BAIE goed en sluit koerier tot op die dorp in.  Ek het ook van daai OKO snot bestel.  2 x Holts Tyre Weld teen R92/bottel vir die pap wiele is al 'n paar Rand.

Dinge wat ek al bietjie aandag aan gegee het is:

  • Al die silikoon wat die verkoper orals gespuit het, afgewas.  Daai quad was soos 'n stofmagneet gewees.
  • Op een of ander manier het iemand 'n olie "breather" pypie voor waar die battery en al die sekerings en ander elektronika is, laat eindig.  Alles daar was vol olie en was baie smetterig gewees.  Ook lyk my die muise het op 'n stadium die buiteomhulsel van van die kabels bietjie geknaag.  Di het ek herstel en kabelbewapening genstalleer. Nou lyk dit sommer spoggerig en netjies.
  • Ek het die kontrolekabels en ratskakeling gesmeer
  • Op 2 plekke was daar wassers wat weg was en op 1 plek sommer 'n kommin bout instede van 'n voertuigbout gebruik.  Ek het dit als reggemaak en die korrekte items aangebring.
  • @PK gaan vir my 'n sak vir die agterrak maak dat ek my megfters daar kan bre.
  • Die ding lyk soos 'n Kersfeesboom met al die waarskuwingsplakkers (in Ingils en Frans) wat oral aangebring is.  Van hulle wat al beginne uitrafel het ek verwyder.  Ai die arme Amerikaners wat so van hulself beskerm moet word.

Verder word die verhouding nog gebou en kan mens maar s ons is nog in die opsit stadium.  :biggrin:

20181019_083850 by Dors lander, on Flickr

[/list][/list]
« Last Edit: October 23, 2018, 01:39:03 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,318
  • Thanked: 221 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #168 on: October 23, 2018, 02:06:35 pm »
Lyk spoggerig... nou net daai sleepwa se wiele regkry...en die as ook...jy wil nie die middelmanetjies loop skraap nie.  :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,403
  • Thanked: 844 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #169 on: October 23, 2018, 04:49:04 pm »
Wat Johan eintlik kort is n baie handige, afgetrede ex-Brakpanner wat die veranderinge kan kom aanbring teen minimale vergoeding. Iets soos n braai, bed en brekvis.  :pot:
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline 2StrokeDan

  • a Man of Character
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 23,826
  • Thanked: 1575 times
  • Slim like Bill, straight like Steve
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #170 on: October 23, 2018, 07:28:09 pm »
Daai waentjie lyk so verlangs familie van die goed wat die kruiers destyds op die stasies rondgestoot het.

Daai as en wielietjies lyk of dit van n Dinky Toy afgehaal is.

Daai arme Yamaha skaam hom dood. :pot:
 

Offline Biesie

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,396
  • Thanked: 5 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #171 on: October 23, 2018, 08:54:27 pm »
Kry 2 ou kwat rims en vat die ou bande van die kwat en sit dit op die waentjie. Laat dinge darem so half eenvormig lyk?
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,403
  • Thanked: 844 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #172 on: October 23, 2018, 09:36:30 pm »
Aag wat, as die kruiwa wielletjies werk vir die doel, dan werk hulle mos. Lyk dalk nie so spiff nie, maar die bokke kry kos, so ek sou ook oor belangriker dinge slaap verloor het.
Kom ons maak 'n stoffie.
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,346
  • Thanked: 559 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #173 on: October 23, 2018, 10:33:18 pm »
Aag wat, as die kruiwa wielletjies werk vir die doel, dan werk hulle mos. Lyk dalk nie so spiff nie, maar die bokke kry kos, so ek sou ook oor belangriker dinge slaap verloor het.
Regte houding daardie.
Ek dink daai meneer sleep daai sleepwa wiele of de not!
Lyk lekker handige sleepwa daardie.
Dakar 650
SR 500
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Sommer Ek

Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #174 on: October 24, 2018, 12:47:20 am »
Dorsland; 'n paar goed wat ek geleer het.
1. Banddruk is baie belangrik. So pap as moontlik, soveel as moontlik van die knoppe moet grond raak sonder dat die band 'n pens maak.  As die bande te styf is skud hy erger as 'n topboks op 'n sinkplaatpad alles agterop is stukkend.  Hoe stywer die bande hoe meer papwiele en hoe gouer loop hulle af.
2. Twee bottels slym per band is verpligtend. Dit help nie vir stokke nie maar wel vir daardie vet duwweltjies wat so drie weke na die reen opslaan. Hulle bande is gewoonslik 4 laag wat maar min is.
3. Sorg dat jy 'n goeie verhouding met 'n kompressortjie en 'n "snotty" stel opbou.  Ek het so nou en dan die bande afgetrek en die snottys met mushrooms vervang.
4. Ekstra twee of drie valves (kortes) help baie as 'n tak of draad wat jy nie sien nie daardie valve afbreek. Dit gebeur die dag nadat die koperasie hul laaste kortvalve verkoop het.
5 Ek het 'n aftermarket uurmeter opgesit en elke 50 Uur sy olie gewissel. Het seker so R100 gekos. Sommer self opgesit,  hy koppel om die plug se draad en het sy eie battery.
6 Hulle is maar nie lig op brandstof nie. Maar dit is soos 'n goeie skaaphond, jou beste vriend maak nie saak hoeveel hy eet nie.

Maak gereed vir jare se plesier.
 

Offline SchalkL

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,175
  • Thanked: 71 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #175 on: October 24, 2018, 07:18:56 am »
Johan, ek weet jy het nou klaar gekoop maar het jy ooit 'n UTV oorweeg soos onder. Ek sit met dieselfde idees as joune......
Hierdie een gaan vir 50k met 4000km.


Life is what happens to you while you are busy making other plans
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #176 on: October 24, 2018, 09:45:00 am »
Daai waentjie lyk so verlangs familie van die goed wat die kruiers destyds op die stasies rondgestoot het.

Daai as en wielietjies lyk of dit van n Dinky Toy afgehaal is.

Daai arme Yamaha skaam hom dood. :pot:

 :lol8: Ek sal 'n streepsak oor die waentjie gooi dan hoef die Yammi nie te sien hoe lelik is die arme wa nie. 

Onthou, die wa het ek aanvanklik met vier wiele en 'n disselboom gebou om swaarder karweiwerk as 'n kruiwa te kan doen.  Op Potchefstroom het ek nog blokbaaltjies gevoer en die wa kon maklik 6 op 'n slag laai dan stoot (of trek) twee werkers hom.  Hier aangeland het hy lank gestaan en toe bou ek hom oor gebaseer op presies daai spoorwegtrollies, met 2 wiele en 'n stoothandvatsel agter.  En nou die ombouing na 'n wa wat die quad kan sleep. 

Ek stem saam daai klein wieletjies lyk effe snaaks.  Maaaaar, hulle was met die 2de en 3de ombouing gratis, verniet en mahala. So ook daai sleephak wat ek al in 2010 gekoop het en toe gebre het.  Een van die manne hier bo op die fred het 14" vellings voorgestel.  Ek het wel 'n stel nawe wat ek kan gebruik.  As ek rens 'n stel quad vellings  eendag raakloop dan bou ek hom vir die 4de keer oor dan sal hy mos waaragtig spiekeries lyk.  Ja die wa hop effe maar as mens sien war hy tans werk (in die krale, kwarentynkampe, klipkrale en om die werf) dan doen hy die werk wat tans nodig is.

My oupa het my geleer; as daar 2 bakstene op mekaar gemessel is, dan dink jy eers mooi waarvoor jy hulle kan aanwend voor jy hulle afbreek. 
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #177 on: October 24, 2018, 09:58:10 am »
Johan, ek weet jy het nou klaar gekoop maar het jy ooit 'n UTV oorweeg soos onder. Ek sit met dieselfde idees as joune......
Hierdie een gaan vir 50k met 4000km.




Ek het so sylangs na hulle gekyk Schalk en daai is waaragtig 'n bitter goeie prys vir daai een, veral met die wipbak.  Die dak is ook lekker, veral op 'n dag soos vandag wanneer dit al vroegoggend gaaf warm is. Watter maak is daai een?

Ek probeer die bedryfskostes besnoei.  Ek moet s, die Grizzly het my nogal onkant gevang met sy redelike ho brandstof verbruik.  Bande kos ook R1210/band, darem beter as R2200/band vir die plaas Cruiser. Slytasie op 'n ligter voertuig sal ook minder wees. Versekering ook. Die lekker is die quad bewig maklik in beknopte areas in krale ensomeer, maar daai SxS sal seker ook daar kan ry. In Angola het my klient daar ons op die plaas in 'n Polaris 4 sitplek SxS rondgery en dan raak hy al amper so groot soos 'n bakkie.

Ek dink nie jy sal 'n fout maak met 'n SxS nie, mits die 'n welbekende maak is.  Anders glo ek mens sukkel met parte, agente, dalk betroubaarheid.  Die man by wie ek die Grizzly gekoop het, het 'n amper splinternuwe Polaris daar gehad teen R15000 goedkoper as die Yammi.  Die raad wat ek hier op di fred,a sook op die internet gekry het, het aanbeveel om liewers Honda, Yamaha, Suzuki te koop.  Die enigste ander keer wat ek 'n toetsrit op 'n quad gehad het was daar in Klerksdorp by Danlou Motors, en dit was 'n Linhai.  Ek weet nogsteeds bitter min oor die masjiene en in my onkunde daai tyd ook het ek niks fout met hulle gesien nie.  Ek glo dit bly 'n gesonde besluit om by welbekende fabrikate te bly, al kos hy effe meer. 

Sal interessant wees as jy jou denkrigting hier ook plaas.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,869
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #178 on: October 24, 2018, 10:45:00 am »
Dorsland; 'n paar goed wat ek geleer het.
1. Banddruk is baie belangrik. So pap as moontlik, soveel as moontlik van die knoppe moet grond raak sonder dat die band 'n pens maak.  As die bande te styf is skud hy erger as 'n topboks op 'n sinkplaatpad alles agterop is stukkend.  Hoe stywer die bande hoe meer papwiele en hoe gouer loop hulle af.
2. Twee bottels slym per band is verpligtend. Dit help nie vir stokke nie maar wel vir daardie vet duwweltjies wat so drie weke na die reen opslaan. Hulle bande is gewoonslik 4 laag wat maar min is.
3. Sorg dat jy 'n goeie verhouding met 'n kompressortjie en 'n "snotty" stel opbou.  Ek het so nou en dan die bande afgetrek en die snottys met mushrooms vervang.
4. Ekstra twee of drie valves (kortes) help baie as 'n tak of draad wat jy nie sien nie daardie valve afbreek. Dit gebeur die dag nadat die koperasie hul laaste kortvalve verkoop het.
5 Ek het 'n aftermarket uurmeter opgesit en elke 50 Uur sy olie gewissel. Het seker so R100 gekos. Sommer self opgesit,  hy koppel om die plug se draad en het sy eie battery.
6 Hulle is maar nie lig op brandstof nie. Maar dit is soos 'n goeie skaaphond, jou beste vriend maak nie saak hoeveel hy eet nie.

Maak gereed vir jare se plesier.

Jy gee nou goeie raad SE. Ek is eintlik verbaas hoe gemaklik ry hy oor die kwaai klipperigheid hier met sy lae banddruk.  Bande is tans op 0.5 bar.  Hoe aangenaam verras was ek toe ek sien die Yammi se gereedskapstelletjie sluit tot 'n laedruk banddrukmeter in, PSi en KPa.

Die Grizzly kom met 'n uurmeter asook sy odometer so sal jou raad volg ivm die olievervangings.  Ek sien op die Bushlander die lugfilter raak ook gouer as die aanbevole intervale vuil, lekker ding van die quad is sy filter sit hoog en onder die sitplek so is redelik uit die stof uit.

Snotwurms het ek redelik van hier.  Wat is 'n "mushroom"?  'n Dikker sontwurm? Het jy 'n kompressortjie saamgery of sommer die werkswinkel s'n?  Sal Vrydag met die dorptoe spaar ventiele kry.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,016
  • Thanked: 685 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #179 on: October 24, 2018, 10:49:44 am »
 Wat is 'n "mushroom"?

Dis die tipe wat van binne af deutrek met n ronde plak geddeelte wat soos n klein gator vasplak aan die binnekant van die band.
Gewoonlik werk dit waar die gat te groot is vir snotwurms om toe te hou permanent.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za