Ek dink jy kan beter pryse uitkrap as jy nog bietjie soek.
Ek sou bly by die Japanese, los die Linhai.
Can Am/Bombardier kan duur raak met dienste en onderdele.
Die Grizzly 660/700 het 10 teen 1 dieselfde vonkprop en filters as jou Tenere.
Ek het al die Can Am/Bombardier, Honda FourTrax, Kawasaki 650 en 'n Grizzly gehad.
Die Honda was tops op bou kwaliteit, maar die Grizzly was die beste allrounder en uiters gemaklik.
Beste ding wat jy ooit sal doen vir jou boerdery, en jy sal vebaas wees hoe veelsydig so 'n dooskarretjie is.
Goeie gebruiktes is relatief goedkoop bekombaar.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Hoe lyk die pryse van daai paar voorbeelde wat ek gepos het Andre? Markverwant? Ek dink ek moet hou by óf Honda óf Yamaha dat ek darem eenvormigheid in die stal het. Daai Suzuki lyk na 'n goeie koop met daai tasse ingesluit, ek hou ook van die kleur maar dan is dit nog 'n fabrikaat.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk