Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Quad fiets vir boerdery  (Read 7511 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline woody1

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 10,324
  • Thanked: 221 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #200 on: October 25, 2018, 11:45:16 am »
Arme Christatjie,  nou moet sy kos maak en jou Quad ry....eish jy is 'n slawedrywer :peepwall: :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Quad fiets vir boerdery
« Reply #201 on: October 25, 2018, 11:48:52 am »
Sit jy weer op die stoep vandag? Nog nie middag ete nie

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

Ek spook al heeljaar lank om 'n uitvoerbestelling deur te hak.  Waaragtig, hier in beseringstyd van 2018 kry ek toe een Uganda en een Botswana toe. Plus ek het Nigerirs wat kom bokke kyk in November. Nou is dit permitte, bloedtoetse, vlugrelings, staatsveeaarts besoeke en watnog. 

Jawat Serf, boerdery is lankal nie net uitsluitlik stof, doseer en bokmis nie.  Seker 60% van my tyd is ongelukkig agter 'n rekenaar.  Daarvan is kennelik t veel op Wilddogs 
« Last Edit: October 27, 2018, 07:01:58 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #202 on: October 25, 2018, 11:50:39 am »

En daai treiler se wielietjies is so dun, dis eintlik die as wat op die middelman sleep. :pot:

Ek begin al 'n minderwardigheidskompleks kry oor daai waentjie se wieletjies.  Ek gaan my spaarvarkie stukkend slat dat ek vir hom mooi wiele kan kry dat julle ouens vrede kan kry.  :lol8: :peepwall:
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Serf

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 992
  • Thanked: 52 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #203 on: October 25, 2018, 11:55:47 am »

En daai treiler se wielietjies is so dun, dis eintlik die as wat op die middelman sleep. :pot:

Ek begin al 'n minderwardigheidskompleks kry oor daai waentjie se wieletjies.  Ek gaan my spaarvarkie stukkend slat dat ek vir hom mooi wiele kan kry dat julle ouens vrede kan kry.  8: :peepwall:
Laat die wat moan ander koop. As dit werk dan werk dit! Ek sou eerder n sak oor die yamaha trek as ek jy is...

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 31,024
  • Thanked: 686 times
    • dustriders.co.za
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #204 on: October 25, 2018, 11:59:56 am »
 n sak oor die yamaha trek

Kom ek mos netnou agter dis somer en ek het oorgeskakel PT broek toe. Maak n pyp reg en die kwad staan in die son. Maak klaar klim op en ry. Kom by die hek voel ek my gat en bene brand behoorlik!! Sal moet sak saamry vir die seat!! :eek7:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline paulb

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,064
  • Thanked: 18 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #205 on: October 25, 2018, 01:33:06 pm »
Ek het al baie met die quads gespeel , as jy verpad vat en gemiddeld 80 - 90 km/h ry , kry jy so 8 km/l  (160 km op n tank)

Om die pot ry  , kry jy heelwat minder.

Onthou net dat die ding weeg meer as n GSA en hy het net 1 piston.
Better to have it and not need it , than to need it and not have it
 

Offline Ama ride ride

  • Gravel unlimited
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Zero (all models)
    Location: New Zealand
  • Posts: 5,735
  • Thanked: 68 times
  • Ride to ride again
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #206 on: October 25, 2018, 10:27:53 pm »
Johan

Ek is nou al 'n jaar hier in NZ. Kom nogal gereeld op plase en wanneer ek viswaters toe ry loop die pad ook tussen plase deur. Die hele omgewing hier bestaan uit plase. En op elke plaas is 'n quad of twee.

Die boer hier asook die meeste landbou dienste gebruik qiads vir omtrent elke liewe ding.

NZ boere het nie die luukse van cheap arbeid nie. So almal werk. Boer, vrou en kids. Almal jaag skape en beeste aan en doen algemendne joppies. En amper alles word met die quads gedoen. Hier is allerhande goeters wat spesiefiek gebou is om deur quads gebruik te word. Honda se TRX reeks blyk baie gewild te wees.

Ek glo jy sal baie nut uit jou qkwad kry opi plaas.

Pssst jy het 'n mooi plaas. Ek verlang nou.
Gewoontlik n@@i ek reguit aan op fyndraai.

 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 3,346
  • Thanked: 559 times
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #207 on: October 26, 2018, 05:37:28 am »
Laat die ouens s wat hulle wil, met daardie wieletjies is hy lekker laag en doen sy werk! :thumleft:
As iemand n ou quad as met wiele het wat rondl kan hy dit skenk en dan bou jy nog sleepwa :pot:
Mens maak nie reg wat werk nie!
Dakar 650
SR 500
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #208 on: October 28, 2018, 09:04:50 am »
Ek beginne di ding nou gewoond raak.  Nog so bietjie terugvoering.

Ek het die punt van sy uitlaat afgehaal en dit lyk asof al sy klankdempwol weg/uitgehaal is.  Seker di dat hy effe luider was as waarmee ek tevrede was.  Ek stop toe die knaldemper om die pypie met die gaatjies, vol van daai fyn staalwol en bout weer die punt vas.  Klink nou heelwat beter, veral met die luier.

Ek toets 'n paar planne vir 'n boks agter op die rak want ek moet dinge kan saamdra.  Ek voel so half asof ek 'n plan wat kan sin maak begin kry.  Ek hou julle op datum.

'n Paar ander voordele wat ek nou al agtergekom het:

* Gister kom daar 'n klompie lammers uit 'n kamp uit.  Ek druk hulle met die quad maklik in 'n hoek vas omdat hy brer as die Bushlander is.  Ek kan vinnig afspring en die quad sommer so laat loop terwyl ek hulle gou vang en weer oor die heining sit.  Met die Bushlander moet ek eers stop, stander uitskop, in N sit dan eers vang.  Teen daai tyd is die lammers al weer weg.  Bonuspunt quad.

* Ek ry omtrent als wat ek op my rondtes benodig, nou saam.  Dis my hakstok, sweep, 2-rigting radio wat my 2IB so 'n oulike sakkie wat aan die handvatsel vaskom, gemaak het en my medisyneboks.  Hy laai ook met gemak 'n sakkie pitvoer vir die perde saam.

Ek moet bieg ek was effe skepties aanvanklik maar begin beslis die nut van hom nou insien.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #209 on: October 28, 2018, 09:09:24 am »
Ek het 'n paar vrae van julle slim ouens as ek mag.

1. Wanneer ek byvoorbeeld by 'n hek kom, los ek hom in H terwyl ek afklim, hek oopmaak en weer opklim.  Doen dit skade of moet ek hom maar in N of P sit?

2. Vanoggend toe ek bietjie deur lang veldgras ry kom die gedagte by my op dat daar dalk 'n moontlikheid van veldbrand as gevolg van sy warm uitlaat kan wees.  Ek stop toe en kyk onder maar die uitlaat loop hoog langs die enjin en agter uit.  Die quad se grondvryhoogte is ook heelwat maar die lang veldgras sal tog hier heel voor aan die uitlaat raak.  Ek voel die uitlaat en enjin word aansienlik warmer as die Bushlander s'n.  Wat is julle gevoel?  Ek wil waaragtig nie my eie veld brandsteek nie.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Bie

  • Local Mods
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: NER-A-CAR
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 3,403
  • Thanked: 844 times
  • Winners never quit, Quitters never win.
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #210 on: October 28, 2018, 09:13:13 am »
Los hom in rat, geen probleem nie. Glo nie hy sal gras in die verby ry kan maak brand nie.
Kom ons maak 'n stoffie.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #211 on: October 28, 2018, 09:15:22 am »
Dankie Bie.  Dis met die stop waarvoor ek besorg is.  Sal maar 'n plek kry waar die bietjie kaal is as ek stop.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #212 on: October 28, 2018, 09:17:07 am »
Arme Christatjie,  nou moet sy kos maak en jou Quad ry....eish jy is 'n slawedrywer :peepwall: :laughing4:

Aan wie se kant is jy nou eintlik?  :peepwall: :lol8:
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #213 on: October 28, 2018, 09:55:28 am »
Johan

Ek is nou al 'n jaar hier in NZ. Kom nogal gereeld op plase en wanneer ek viswaters toe ry loop die pad ook tussen plase deur. Die hele omgewing hier bestaan uit plase. En op elke plaas is 'n quad of twee.

Die boer hier asook die meeste landbou dienste gebruik qiads vir omtrent elke liewe ding.

NZ boere het nie die luukse van cheap arbeid nie. So almal werk. Boer, vrou en kids. Almal jaag skape en beeste aan en doen algemendne joppies. En amper alles word met die quads gedoen. Hier is allerhande goeters wat spesiefiek gebou is om deur quads gebruik te word. Honda se TRX reeks blyk baie gewild te wees.

Ek glo jy sal baie nut uit jou qkwad kry opi plaas.

Pssst jy het 'n mooi plaas. Ek verlang nou.
Dankie vir die kompliment ARR. Daarmee kan ek nie stry nie.

Gooi bietjie n paar skakels as jy het van daai quad toerusting. Ek wil bietjie met die oog steel.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline immigrant

Quad fiets vir boerdery
« Reply #214 on: October 28, 2018, 12:57:47 pm »
N is as jy hom by die garage uitstoot vroeg oggend en jy wil nie die hele huis wakker maak nie. 
P is as jy hom op die bakkie huis toe bring toe jy hom gekoop het.... jy sal dit nie weer hoef te gebruik nie.
Ek bekommer my ook oor die warm uitlaatpyp naby lang gras. Ek laat hom nie idle in die veld nie, maar nog nooit gehoor dit het gras in die ry aangesteek nie.  Wat wel gebeur is as jy baie in die modder ry en die modder/gras/blare pak rondom die exhaust. Ek het al gesien hoe dit aan die brand raak en afval en die bos aan die brand steek. So was hom maar gereeld

« Last Edit: October 28, 2018, 04:32:57 pm by immigrant »
Yamaha Super Tenere, Yamaha FZ8, Yamaha Grizzly, Yamaha Viking, Honda CRF250L
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #215 on: August 30, 2019, 02:58:29 pm »
Ek kan moeilik glo dat di fred al so oud is.  Ek kry skoon 'n waarskuwing toe ek wil pos dat die fred ouer as 120 dae is.  :eek7:

Jammer @immigrant, dat ek jou laas nie geantwoord het nie.  Dis goeie raad daai.  Behalwe vir die modder storie.  Wat is di "modder" waarvan jy praat?  Ons ken nie sulke goed hier by my nie.  Stof, ek dro veld, takke, dooie doringbome ja, maar modder, neewat, ken dit nie. :)
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Bikerboer1973

  • Groot Suzuki aanhanger maar eindig altyd op met 'n Honda!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,749
  • Thanked: 90 times
  • Darem al weer 'n Honda XL185 plaas fiets.
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #216 on: August 30, 2019, 03:05:20 pm »
@Dorsland is jy nog gelukkig met die vierwielig monster of verkies jy die Bushlander?
Tans.
Honda Xl185 plaas fiets
DT 175
Vrou se NC700.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #217 on: August 30, 2019, 03:06:05 pm »
So gepraat van die warm quad fiets, nou die dag moes ek die Grizzly gryp om vinnig agter op die plaas uit te kom waar daar 'n klein probleempie was.  Skakel hom aan en hy sit soos gewoonlik aan, ek sit hom in H en ry, hy ry toe so 100m, backfire eenkeer, poep en sluk en hoes en daar staan hy.  Morsdood.  Ek ry toe sommer met die bakkie en met die terugkomslag, toe probeer ek weer.  Niks nie. Hy slinger mooi vinnig ens terk maar wil nie vat nie.  Stoot hom toe die werkswinkel in en toets hier en toets daar.  Ek dog toe dit moet die brandstofpomp wees.

Gaan haal toe my werkswinkel stoeltjie en beginne uitmekaar uit haal.  mens moet mos al die panele afhaal om by iets uit te kom.

Dis toe nie die brandstofpomp nie, hy pomp 'n barshou.  Haal toe die vonkprop uit en hy lyk toe effe voos.  Ek sien ook die vorige eienaar het 'n NGK CPR7EA-9 prop in terwyl die handleiding aandui dit moet 'n NGK CR8E wees.  gelukkig het ek toe 'n splinternuwe spaar NGK CR8E vonkprop wat ek in die gereedskaptassie van die Grizzly gekry het.  Ek sit hom toe in en siedaar! loop hy weer soos 'n droom.

Nou dit kort en die lank van my storie is dat die quad beslis koeler loop as voorheen.  Ek voel dit sommer hier aan my kuite en binne bobeen as ek ry.  Kan 'n vonkprop so 'n groot verskil maak?  Seker maar.  Ek weet nie hoekom daar die ander spesifikasie prop daar in was nie.  Maar elk geval, hy loop nou weer klopdisselboom.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #218 on: August 30, 2019, 03:12:05 pm »
@Dorsland is jy nog gelukkig met die vierwielig monster of verkies jy die Bushlander?

Die quad is nou my regterhand, veral as dit lamseisoen is soos nou.  Dan moet daar lammers en hulle ma's van die lamkampe na die lamhokke toe aangery word, voer en lekke word aangery lamkampe toe en diesmeer.  Ek het mos vir hom daai sleepwaentjie gebou.  En, baie belangrik, soos @Bie destyds genoem het, die Grizzly ry waaragtig waar mens nie maklik met 'n ander voertuig kan ry nie.  Daar is dele van my grensdraad wat voorheen slegs te voet bereikbaar was maar nou ry ek sommer sitsit so daar.  'n Ander werkie waarvoor hy baie handig is is om vee mee aan te jaag.  Hy ry baie stadig en mens hoef nie heeltyd soos met die Bushlander, te stop, koppelaar intrek, aansukkel nie.  Hy ry stadig agter die vee aan en hulle gaan op hulle eie pas aan.

Die Bushlander is lekker stil en rats.  In die oggende as ek my rondtes ry, dan ry ek met hom.  Hy kry sommer vinnig sy taak gedaan.  Ek het vanoggend juis 'n nuwe battery vir hom gekoop wat ek Saterdag wil installeer.  Hy sukkel al meer in die koue oggende om aan die brand te kom.  Ek moes hom al 'n paar keer brandskop.

Ek is werklik nie spyt ek het die quad gekoop nie.  Hy is bitter handig.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: Bikerboer1973

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,873
  • Thanked: 524 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Quad fiets vir boerdery
« Reply #219 on: August 30, 2019, 03:17:55 pm »
En 2 kiekies omdat ek weet julle ouens kyk foto's en lees nie baie nie  :peepwall:
« Last Edit: August 30, 2019, 03:18:37 pm by Dorsland »
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: Bikerboer1973