Meeste sal tubeless wees, maar sit n liter OKO in elke band en jy sal nie weet van papwiele nie. Die standaard bande is maar dun, so as jy hulle vervang, sit 6 ply bande op. OKO werk die beste want dit het vesel in wat die gaatjie maklik toestop. Quad bande word baie pap gery, so rondom 30kpa, so bitter min druk wat die OKO uitforseer by die lek, daarom werk dit so goed.