Ek is 6 voet, 100kg. Ek het maklik op die kodiak gesit. En dan nog n oorgewig amerikaanse jagter agter my gesit, en n trailer met 3 bale lusern getrek, in -10C in die sneeu. Ek het my destydse baas gevra hoekom die kodiak en nie grizzly nie, toe se hy “what for?”
Soos Bie se, die ekstra krag van die 700 is lekker, maar is dit vir jou die geld werd? En die 700 waarna jy kyk het al 9000km op. Dis al n hele paar kilos op n quad. Daai plastiek op die 700 lyk te nuut vir 9000km.....en die engine cover het geen skaafmerke op nie. Dit lyk of hy dit onlangs vervang het.....hoekom....?