Hierdie week was daar die bargain van alle bargains op Gomboom. n Suzuki Ozark 250 vir R25 000 met n karretjie. Drie jaar oud.
Nodeloos om te sê ek het nie die geld.
Dorsland my kwad is al 10 plus jaar oud. Loop elke dag n paar maal. Hy is my bene. My plekkie is te skuins en klein om met n bakkie te ry en loop is nie n opsie.
Ek voer my paar kalwers met hom, gaan start pomp, skuif draglines in die ry met hom en nee ek het nog nooit n 4x4 een nodig gehad.
Met my bene en my opset verkies ek die kwad bo n kleinerige bike. Opklim is net makliker, reverse is n groot voordeel en ek kan meeste van my hekke oopmaak sonder om af te klim.
My raad is koop NET Honda, Suzuki of Yamaha. My Ozark 250 is een van die bestes wat daar is finish en klaar.
Breuke tot sovér agter rem kabel twee keer. Laat net n nuwe kabletjie insit by fietswinkel.
Drie maal nuwe borsels laat insit in starter.
As jy koop kry een met n diff en nie ketting.
Agterop my kwad het ek n krat waarin als is wat ek gou nodig het, binddraad, tang, draadborsel,ystersaag,klein verkykertjie,waterpomptang.
Myne dra met gemak n baal lusern op die voorste carrier en n 20 liter emmer vol meel agterin die krat.
Jy moet daai een Honda van KTMKobus gekoop het. Was n pragstuk van n masjien met niks kilos op.
