Oppad terug kamp toe sien ons Leo en sy vriende kring, hulle is besig om te overland met n paar 4x4’s. Lekker om mense te sien so ver van die huis af…
Met al die geselsies sit die son al hoog, bietjie van n concern want om van die panne af te kom is sanderige en ons gaan dit in die warmste gedeelte vn die dag ry.
Die eerste gedeelte is die pad mooi, 2 spoor, maar mooi harde gruis. Stop by die Makgadigadi Adventure Camp. Van daar wissel die pad, 2 spoor is konstant, maar die sand is van maklik tot lekker dik sand…