Ons nader Kukonje Island en ry om aan die weste kant te kamp – vir die sons ondergang later. Soos ons kamp plek soek ry ons verby die oom en tannies, hulle roep ons oor n afstand, en ons gaan groet. Daar gekom, is daar koue Zamaleks, en alles om n killer toebroodjie te maak. Worsies, steak, pynapel, tamatie en kaas. Daai Zamaleks het geloop soos n jet, selfs Michelle het dit in die hitte van die dag geniet...