Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

alwyn_gs

Race Dog
Joined
Aug 17, 2010
Messages
2,086
Reaction score
0
Location
Pretoria
Bike
BMW R1200GS Adventure
Na die Livingstone Lite 2014 het ek myself en Michelle belowe ons gaan Kukonje Island toe… die dat n eiland is op die Sau panne. Ry ±8km oor die panne om my die eiland uit te kom. Het so bietjie te veel verlof gehad in die middel van die jaar so ek en Michelle het op mid week trips gegaan.  En erens het die gesprek gelei dat ons moet Botswana toe ry. En van daar het die beplanning begin. Die dat n mens Kukonje net in die winter kan bereik is daar besluit dit gaan nou in Augustus wees… en vinnig is ons aan die beplan om in 6 weke, solo, sonder enige back up, Botswana te gaan explore. Daar is n paar lysies opgestel en begin om “dinge te doen”, te koop” en “te pak”  word af getick.

Ons bly steeds mid week trips te doen en fokus op bietjie meer sanderige kondisies te ry. Runner van Offroad Cycles diens die X Country.  Van daar begin ons speel met die pak opsies. Wil graag Michelle se fiets so lig as moontlik hou met geen bagasie, maar dinge is net te veel. Die BMW X Country se brandstof tenk is net 9.8l so extra  brandstof is n moet. So die X Country dra Michelle se klere, en die 10 Liter brandstof, die Adventure alles anders.… Roete is beplan, gereedskap, kamp stuff, rantsoene en so 8 liter vars water bottels staan reg in spaarkamer vir n aand of drie.

Ons leen Deon se Spot tracker en laai custom boodskappe om die vriende, maar veral ons moeders live tracking van ons adventure te laat volg. Aangesien ons geen back up het, elke aand kamp, twee aande sonder water, behalwe dit wat op die fietse en camel packs is. So ons het baie bekommerde moeders gehad. Ter vestane, alhoewel ek die grootste gedeelte van die roete 4 jaar terug gedoen het, was ek self bietjie bekommerd. Ek neem my klein fyn vroutjie op die adventure, Botswana is n land van extremes, as n mens teer ry, is dit lank en reguit, en as jy van die teer af klim is dit net sand. As iets gebeur, is ons ver van hulp, met geen selfoon opvangs. So ek was n nervous opgewonde…

Maar Michelle klim in, laat maak vir ons t-hemde en stickers. Sorteer padkos, gaan winkels toe. Die trip was ook n trip vir n paar eerstes:
• Sy het geld gaan wissel
• Eerste cross border trip
• Haar eie bagasie en brandstop op haar fiets
• Baie opgewonde om off the grid te kamp

Om te se sy was super opgewonde is die understatement van die dekade…  :laughing4:

 

Attachments

  • 20180802_194548.jpg
    20180802_194548.jpg
    389.8 KB · Views: 736
  • 20180802_194927.jpg
    20180802_194927.jpg
    299.4 KB · Views: 712
  • 20180802_194728.jpg
    20180802_194728.jpg
    327.5 KB · Views: 723
  • 20180802_195101.jpg
    20180802_195101.jpg
    282.6 KB · Views: 709
  • 20180813_112137.jpg
    20180813_112137.jpg
    185 KB · Views: 720
Top