Toe ons Katere bereil teen die teerpad was dit die greatste gevoel.
Kyk bike ry is my dingen ek het nie veel ander talente nie, maar my rymaats op die dag was soos wafferse pro’s. Ek weet nie van een val nie, die bikes het net aanhou loop.met al die papwiele en wreedste, warm, diep sand wat ek al in my lewe ervaar het het al die manne met groot toer motorfietse dit veilig anderkant uitgemaak. Een helse ding om op trots te wees. En die ergste was nou agter ons.... of so het ons gedink.
Die happy feelings het op die teer na 50 km verlep. Rickus het gestop... al die teer ry het hom moeg gemaak



. Seriously hy het afgetrek en moes eers rook. Die sand en bos is ok vir die Suide Kalahari boer, maar teerpad is sy swakplek. Ek was saam met die regtemense op die regte plek het ek besef.
By Divundu het ons petrol gegooi en Eugene se agterband wat paperig was 4 bar gepomp. Ons is na Ngepi. Eugene het solank vooruit gery. Toe ek verby hom kom was die band nog styf en ons het so gery tot by Ngepi. Die volgende oggend kry ons die Surprise


Die tube was verwoes, maar on die hitte het die valve geseël en steeds die band wind laat hou!!!!