Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Overberg Oorslaap  (Read 508 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lem

Overberg Oorslaap
« on: November 20, 2018, 12:19:51 pm »
Goeiedag manne en maninne

Laat ek net eers moan...die lewe gee my min kans om bike te ry. Verantwoordelikhede mors al my tyd en geld  :lamer:. So wanneer ek wel die geleentheid kry probeer ek dit maar die moeite werd maak om die bike te vuil te maak.

So 'n maand gelede laat weet my jarelange rymaat, Robert (Old School Biker) van Villiersdorp my dat hy dringend "helmet time" nodig het. Nou die klong ry elke dag bike, so ek weet nie wat sy probleem was nie, maar hy verduidelik toe dat dit vir plesier moet wees en nie vir werk nie. Aan my kant kon ek stadig darem my stokperdjies begin hervat na die winter en was die gholftoer reeds verby, so nou raak dit weer bike ry se beurt, so ek het nie veel uitnodiging nodig om iets te beplan nie. Vandat ek die geel bike het het ek en 'n ander jarelange rymaat,  Wayne (Hayleyscomet) ook nog nie juis saam gery nie en dit is sommer net 'n skande. 'n Ander gereelde breakfast runner rymaat van my, James verwittig my ook onlangs dat hy 'n pragtige F650GS aangeskaf het om langs sy haastige "rice burners" in die garage te parkeer en die ding het noggie eers stof geproe nie.

Paar vrydae gelede kom slaap Old School Biker en sy vrou by ons oor en voor die braaivleisvuur ruil ek en hy paar idees uit en ons ruk Google Maps uit. So met een man wat net smag na wegkom, twee ander wie erg ry onfiks is en 'n gravel newbie in gedagte flans ons daai aand, vorie vuur en oor 'n bier 'n lekker trip aanmekaar.

Hoekom die Overberg? Want dit is 'n area wat ons eintlik oor die jare afgeskeep het. Gewoonlik het ek een oggend of selfs middag gou oor Franchoekpas geskiet en vir Robert op Theewaters se brug gekry en dan ry ons paar mooi grondpaadjies, eet 'n Peregrines Pastei met 'n Steri Stumpie vir die sooibrand en gaan weer huistoe.

Deesdae, met my 18 maande oue meisiekind by die huis is dagtrips vir my eerder 'n mors van tyd, want as jy by die huis aankom is dit net so goed jy was nooit weg nie. Dit werk dus beter vir my om eerder oor tyd die brownie punte op te bou en hulle vir iets ordentliks in te cash.

Hierdie gevreetjie is die rede hoekom ek slegs 4000km in meer as 'n jaar kon bike ry.  :love4:







Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
The following users thanked this post: Swanniebraai

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,415
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #1 on: November 20, 2018, 12:25:45 pm »
Ai dat die manne se aanteelery die bikeryery so laat afskeep!! :eek7:
Opvreetbare gesiggie!! :thumleft:

Gooi fodies!!
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #2 on: November 20, 2018, 12:27:11 pm »
So ommenby vier weke gelede besluit ek en Robert ons mik hierdie keer l'Agulhas toe.

Ek boek vir ons via Lekkeslaap 'n woonstel in Geelstertstraat, Struisbaai en van hier af is dit slegs roete om te bespreek.

Na 'n rowwe paar weke breek saterdag, 17 November uiteindelik aan en skuins na 07h00 stop Hayleyscomet voor my deur. Van hier af ry ons na Koelenhof, buite Stellenbosch waarvandaan James by ons aansluit. Ons vat eers 'n garage koffie vir die kennismaak en opvang en van hier af ry ons Helshoogtepas & Franchoekpas om by Robert aan te sluit.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Plaasseun

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #3 on: November 20, 2018, 12:28:29 pm »
Raait eks hier jy kamma gooi  :sip:
LeŽ vaatjie hou toe jou kraan en ek sien jou dalk vir 'n volle aan.
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #4 on: November 20, 2018, 12:34:25 pm »
Ai dat die manne se aanteelery die bikeryery so laat afskeep!! :eek7:
Opvreetbare gesiggie!! :thumleft:

Gooi fodies!!

hahaha...ek het so geweet jy gaan eerste reply  :deal:

Dankie Chris. Daai gesiggie is "fietsie" mal! Ek moet haar elke dag gaan wys en laat sit op die saal. Toe sy so 9 maande jonger was toe pas sy nog in een van daai baby carrier harnaste, toe sit ek haar voor my bors in die harnas en ry met haar om die singel. Glad nie bang nie!
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,415
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #5 on: November 20, 2018, 12:36:16 pm »
Ai dat die manne se aanteelery die bikeryery so laat afskeep!! :eek7:
Opvreetbare gesiggie!! :thumleft:

Gooi fodies!!

hahaha...ek het so geweet jy gaan eerste reply  :deal:

Dankie Chris. Daai gesiggie is "fietsie" mal! Ek moet haar elke dag gaan wys en laat sit op die saal. Toe sy so 9 maande jonger was toe pas sy nog in een van daai baby carrier harnaste, toe sit ek haar voor my bors in die harnas en ry met haar om die singel. Glad nie bang nie!
Voel soos gister wat sy gebore is,amper tyd vir nommer twee dat hulle kan maats wees :peepwall: ;) >:D
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #6 on: November 20, 2018, 12:48:59 pm »
Ons kry vir Robert op die brug oor Theewaterskloofdam en daar begin ons met die grondpaaie.

Draaiberg, Van Der Stel en Hawston View was almal in mooi toestand en dit vlieg in oogwink verby. Ons stop by Dassiesfontein om die innerlike te versterk.

Van Dassiesfontein af neem ons die grondpad langsaan en draai by die T-aansluiting links om vir Caledon so van die agterdeur te bekruip. Kort stukkie teerpad oor die Shaw's Mountain Pass en ons draai links vir die Tesselaarsdal. Hier het die wereld regtig pragtig begin raak. Oral is die manne besig om koring te oes. Ons vier was in 'n uiters rustige ritme. Ons dag se bestemming was tog nie ver nie en daarom kon ons lekker rustig teen so tussen 60 - 80 km/h oor die grondpaaie seil.

Hierdie pad en die een waarby hy aansluit was werklik een van die mooistes wat ek nog ooit gery het. Op die ou end bereik jy so na my skatting so 30km Noordoos van Stanford die pad tussen Stanford en Riviersonderend. Ons kies die rigting na Stanford en 'n kort entjie verby Raka wynplaas draai ons links op 'n pad deur Papiesvlei in Elim se rigting.

So halfpad in op hom neem ons weer 'n slap regs in Gansbaai se rigting. Hier verander die landskap heeltemaal. Minder saailande, meer bebos, hier en daar paar veekuddes.

Hierdie pragtige pad met sy lekker skerp draaie bring ons net so tussen Gansbaai en Baardskeerdersbos uit.
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 
The following users thanked this post: Swanniebraai

Offline Redhotchilipepe

  • Newbie
  • *
  • Bike: BMW R1200GS
  • Posts: 18
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #7 on: November 20, 2018, 12:59:58 pm »
Ja dit is waar. Hierdie manne was in die Overberg oor die naweek. Ek en my maat (albei op 1200GSA's) het 2 keer verby julle gery - toe ons oppad Sandies Glen Pass toe is en weer by Elim. Lekker paaie daai.
 

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,620
  • Thanked: 103 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #8 on: November 20, 2018, 01:19:33 pm »
Ai dat die manne se aanteelery die bikeryery so laat afskeep!! :eek7:
Opvreetbare gesiggie!! :thumleft:

Gooi fodies!!

Janee. Forum is nie dood nie. Die manne het net bietjie huiswerk gedoen.
Bly jou bike brul nog, Lem

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #9 on: November 20, 2018, 01:20:05 pm »
Ons draai so ommenby 20km buite Baardskeerdersbos Ooswaarts op die teerpad en daar is 'n dors om te les. Die petrol begin ook al min te lyk...

Op Baardskeerdersbos hou ons aan na Elim en was dit nou vir ons 'n verrassing. Dit was ons almal se eerste keer deur Elim en ons was verbaas met die skoonheid van die dorpie. Soos jy die dorpie binnekom is daar op linkerkant 'n koffiewinkel waar ons belsuit om te gaan ondersteun.

Die koffiewinkel is sommer net die voorkamer en stoep van die huis. As jy wil gaan water afslaan gaan jy in die huis se enigste badkamer in. Ons stadsjapies is deesdae in ons badkamers gewoond aan vierkantige Triumph poefpotte, LED downlighters, bamboo seepbakkies en groot spieels.

Hier in Elim kry jy nog kliniese skoon pienk teels teen die mure, lilac pienk en gehekelde ring oortreksels.

Die dorpie was stil op die saterdagagtermiddag. Geen musiek het gespeel nie, jy kon jouself hoor dink. Daar heers 'n plat-op-die-aarde goedheid in die mense. Hulle was so dankbaar om ons daar te kon he vir daai halfuur.  Ek het so 'n chocolate melkskommel in 'n Pepstores glasie gehad...dit was werklik iets besonders.

Sy naam is kom weer  :deal:

Van hier af hou ons reguit aan vir die laaste 40km, 30km daarvan grondpad na Struisbaai waar ons gou die drie BMWs volgemaak het.

Ons het sommer daar en dan besluit om ons verblyf te gaan opsoek en die nodige winkel rondtes vir aandete te voltooi.
« Last Edit: November 20, 2018, 01:21:25 pm by Lem »
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #10 on: November 20, 2018, 01:27:04 pm »
Op Struisbaai gebruik ons die laatmiddag vir 'n verkenning terwyl die biere in die vrieskas le en afkoel.

l'Agulhas was vrek besig met toeriste. Ons moes omtrent toustaan voor die Suidpunt baken om 'n beurt te kry.

James, die newbie op die trip maak homself handig en braai vir ons ongelooflike steaks tydens die rugby. Na ons game kyk ons nog hoe Ierland die All Blacks klop voor ons gaan slaap.

Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,415
  • Thanked: 378 times
    • dustriders.co.za
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #11 on: November 20, 2018, 01:33:17 pm »
Hayleyscomet

Kyk ek sleg of het daai comet ou baie gewig verloor?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #12 on: November 20, 2018, 01:50:25 pm »
Sondagoggend breek aan en Wayne groet ons vir sy terugtog huiswaarts.

Ons was eintlik almal reeds vroeg wakker en lus vir die terugry, maar geen koffieplekke sou betyds oop wees voor ons byna halfpad sou wees nie, toe hang ons maar 'n rukkie rond.

Ons neem die teerpad na Bredasdorp en maak die goeie besluit om by Mozarts in te draai. Hier bederf hulle ons met 'n heerlike R35 ontbyt special en heilsame cappuchinos.

Van Bredasdorp af draai ons regs met die Stormsvlei teerpad en na so 10km draai ons regs op 'n grondpad wat Protem toe loop.

Vir 35 jaar al sien ek die vele borde op die N2 wat Protem aandui. Daars een buite Caledon, een of twee buite Riviersonderend en ek dink selfs verder aan is daar nog een. Mens sou sweer dis 'n booming town...ek moes dus gan kyk waaroor dit gaan. OK...dis 'n groot klomp reuse silos by 'n treinspoor met 'n plaasskooltjie en klaarblyklik 'n biblioteek ook  :lol8:

Na Protem ry ons noordwaarts na waar ons by Stormsvlei die N2 kruis. Agter die poort draai ons links na McGregor se rigting.

Nou hulle se mos geen trip is volmaak sonder dat iets foutgaan nie. Toe ons die oggend pak was daar vier biere oor in die yskas. James pak sy topboks baie netjies en bied aan om die vier biere te huisves, nogals toegedraai met die oorblywende sak ys van die vorige aand. Daar is mos net so 15km voor Mcgregor hierdie lieflike plaasdam waar ek en Robert al voorheen gestop het en die biere sou mos nou net mooi koud wees vir daardie putstop.

Ons stop by die dammetjie...James maak die topboks oop twee van die biere se doppies is af. Sy klere, sy handdoek, sy stortsakkie alles dryf in die Castle.  :imaposer:

Daar het darem twee oorgebly. Robert tree in die bres as skinker en ons het darem elkeen so twee derdes van 'n Castle Light om die dors te les.

Na McGregor skiet ons deur Robertson toe en by Rooiberg kelder neem ons die Agter-Vinkrivier pad wat ons lei na Saggy Stone vir 'n ligte middagete.

By Saggy Stone skud ons blad met Robert. Hy draai af na Nuy se rigting wat hom huiswaarts neem en ek & James hou reguit aan na De Wet waar ons op die N1 klim.

Met 'n laaste foto op Du Toitskloofpas skud ons ook blad en ons ry saam tot by Brackenfell Boulevard waar ek links draai en hy regs draai.

Dit was 'n pragtige trip deur plekke en paaie wat ek beslis weer sal besoek. Elke grondpad was in 'n puik toestand. Nie een van ons het ooit een van daai "oh shit" oomblikke gehad nie.

Die kameraadskap in die kamp was sterk en daar sal weer saamgery word. 

Baie dankie vir die manne wat saamgery het en ook sommer net hierso lees. Hoop dit kry julle gedagtes aan die beplan vir julle eie trips.

En alle dank aan ons Hemelse Vader vir die vermoeens, gesondheid en veilige bewaring om die stories te kan deel

« Last Edit: November 20, 2018, 02:10:13 pm by Lem »
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #13 on: November 20, 2018, 01:52:27 pm »
ek het gery tot by die laaste volkshuisie...soek steeds die plek

 :imaposer:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #14 on: November 20, 2018, 01:56:26 pm »
Hayleyscomet

Kyk ek sleg of het daai comet ou baie gewig verloor?

man...jy kyk beslis reg. Ek vermoed egter hy is so effens groter nou as 'n jaar gelede.

So bietjie meer as twee jaar gelede het hy kwaai gewig afgeskud. Iets soos 50kg  :eek7:

Dit was net voor hy een van daai rugoperasies moes kry waar hulle hier onder so die keel deurwerk.

Maar hy bly 'n moerse stuk mens. Hy kyk goed na homself en leef baie meer gesond as ek.  :thumleft:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,732
  • Thanked: 70 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #15 on: November 20, 2018, 03:19:45 pm »
lekker RR!   :ricky:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Online Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,107
  • Thanked: 6 times
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #16 on: November 20, 2018, 06:30:34 pm »
Lekker een daar my vriend !
Dankie vir die deel van daai ongelooflike mooi wereld wat julle huis noem , altyd lekker om saam jou te ry per RR , meskien eendag sal ek self saam ry...

Sent from my S30 using Tapatalk

2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline Lem

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #17 on: November 20, 2018, 07:43:40 pm »
Lekker een daar my vriend !
Dankie vir die deel van daai ongelooflike mooi wereld wat julle huis noem , altyd lekker om saam jou te ry per RR , meskien eendag sal ek self saam ry...

Sent from my S30 using Tapatalk

ons maak 'n plan ... dalk gouer as later  :deal:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Swanniebraai

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1150GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,353
  • Thanked: 7 times
  • BLESSED!!
    • SwannieBraai WORSBRAAI
Re: Overberg Oorslaap
« Reply #18 on: November 21, 2018, 04:35:24 pm »
Jammer ek die ene gemis het Louis, leke trip en  RR my maat!
Bly julle het dit enjoy!  :thumleft:
May the WORS be WITH you!
 

Offline Bokveld

Re: Overberg Oorslaap
« Reply #19 on: November 21, 2018, 11:44:17 pm »
  Wat n lekker trip!!!