Overberg Oorslaap

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Lem

Grey Hound
Joined
Jan 20, 2010
Messages
5,320
Reaction score
17
Location
Bellville, Cape Town
Bike
BMW R1200GS
Goeiedag manne en maninne

Laat ek net eers moan...die lewe gee my min kans om bike te ry. Verantwoordelikhede mors al my tyd en geld  :lamer:. So wanneer ek wel die geleentheid kry probeer ek dit maar die moeite werd maak om die bike te vuil te maak.

So 'n maand gelede laat weet my jarelange rymaat, Robert (Old School Biker) van Villiersdorp my dat hy dringend "helmet time" nodig het. Nou die klong ry elke dag bike, so ek weet nie wat sy probleem was nie, maar hy verduidelik toe dat dit vir plesier moet wees en nie vir werk nie. Aan my kant kon ek stadig darem my stokperdjies begin hervat na die winter en was die gholftoer reeds verby, so nou raak dit weer bike ry se beurt, so ek het nie veel uitnodiging nodig om iets te beplan nie. Vandat ek die geel bike het het ek en 'n ander jarelange rymaat,  Wayne (Hayleyscomet) ook nog nie juis saam gery nie en dit is sommer net 'n skande. 'n Ander gereelde breakfast runner rymaat van my, James verwittig my ook onlangs dat hy 'n pragtige F650GS aangeskaf het om langs sy haastige "rice burners" in die garage te parkeer en die ding het noggie eers stof geproe nie.

Paar vrydae gelede kom slaap Old School Biker en sy vrou by ons oor en voor die braaivleisvuur ruil ek en hy paar idees uit en ons ruk Google Maps uit. So met een man wat net smag na wegkom, twee ander wie erg ry onfiks is en 'n gravel newbie in gedagte flans ons daai aand, vorie vuur en oor 'n bier 'n lekker trip aanmekaar.

Hoekom die Overberg? Want dit is 'n area wat ons eintlik oor die jare afgeskeep het. Gewoonlik het ek een oggend of selfs middag gou oor Franchoekpas geskiet en vir Robert op Theewaters se brug gekry en dan ry ons paar mooi grondpaadjies, eet 'n Peregrines Pastei met 'n Steri Stumpie vir die sooibrand en gaan weer huistoe.

Deesdae, met my 18 maande oue meisiekind by die huis is dagtrips vir my eerder 'n mors van tyd, want as jy by die huis aankom is dit net so goed jy was nooit weg nie. Dit werk dus beter vir my om eerder oor tyd die brownie punte op te bou en hulle vir iets ordentliks in te cash.

Hierdie gevreetjie is die rede hoekom ek slegs 4000km in meer as 'n jaar kon bike ry.  :love4:







 

Attachments

  • IMG_4241.JPG
    IMG_4241.JPG
    439.2 KB · Views: 346
Top