Sondag Sederberg Solo

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Andre01

Pack Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
223
Reaction score
45
Location
Malmesbury
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Ek het Vrydag agtergekom ek was nog nie een keer in 2018 in die Sederberge met die bike nie! Ek moes iets daaraan doen. Ek het Saterdag nog verpligtinge gehad hier by die huis en kon nie vroeg wegkom om die aand by Oasis te slaap nie. Ek besluit toe om Sondagoggend vroeg in die pad te val.

5uYjGDR.jpg


Ek kom toe so 05:30 weg uit Malmesbury en mik Clanwilliam toe, al die pad teerpad. Die N7 was heerlik stil gewees.

VbeYM1E.jpg

kFQCDCQ.jpg



Op Clanwilliam gooi ek vinnig die fiets vol petrol en glip pakhuispas oor. 07:30 stop ek by Leipoldt se graf om ontbyt te eet, lekker flask koffie met braaivleis en braaibroodjie van die vorige aand. Ek blaas ook my bande bietjie af, die grondpad gaan amper begin.

vy4gqwE.jpg

dZWvErn.jpg

QPWOxUc.jpg

jIMXI8T.jpg


Ek vat toe die afdraai na Wupperthal. En stop vinnig op Hoek se Berg vir 'n foto.

UpdtuoF.jpg

ZUmv2mk.jpg


Ek het nie lang stories gemaak in Wupperthal nie, die mense van die dorp was al almal in die kerk, wou nie die dominee onderbreek met die klank van 'n motorfiets nie. Ek stoot toe deur, rigting Eselbank. Die pad is in baie beter kondisie sedert ek hom laas gery het, daar is selfs padwerk bordjies en die ergste dongas is toegegooi met grys/grond.

rb5xzxL.jpg

0bxDD7S.jpg

WnboSZT.jpg

Fw7qnoH.jpg

tNgAvPU.jpg


Ek vorder met goeie spoed, stop net nou en dan om 'n foto te neem. By Eselbank se waterval kry ek vier manne van Langebaan, hulle het die vorige aand op Oasis geslaap en braai nou 'n brunchtyd vleisie by die Waterval. Lekker paar woorde met hulle gesels en toe weer verder gery.

PveXSva.jpg

aEUPlb2.jpg

LVzmEem.jpg


So 15min anderkant Eselbank stop ek om water af te gooi en 'n slukkie water te vat. Ek druk toe deur Oasis toe.

FfuBhqw.jpg

sLJx1VR.jpg

otAE4EW.jpg

mQerMs0.jpg

cG96mwC.jpg

5fuL0RI.jpg

9he7TLf.jpg

wVfDydT.jpg


Die "pebbels" het my besig gehou, gelukkig help 'n TKC80 voorband baie, en voor ek my kon kry is ek op die "harde" pad af oasis toe.

xTvKGaA.jpg

qCpoW3I.jpg


Ek was so net na 11h by Oasis, lekker koue koeldrank op die stop gedrink, paar woorde met Gerhard gesels en toe weer gery, Gydo pas oor,  Ceres en toe laaste paar kilometer tot op Malmesbury. Was so 14:30 by die huis betyds vir bietjie 7's aksie en 'n middagslapie.

oQFTrly.jpg

wk5UEbQ.jpg

PVtuejF.jpg


 
Top