Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: De Doorns Verkenning  (Read 1200 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Adriaan.theron

De Doorns Verkenning
« on: December 10, 2018, 10:23:26 pm »
Naand almal,

Ek het nou heeldag sit en wonder of ek die storie in Engels of Afrikaans gaan aanpak, maar het toe laasgenoemde besluit, ek praat en skryf genoeg in Engels by die werk. Vir die wat sukkel om te verstaan is daar iets soos Google Translate (ek gebruik hom gereeld) :patch:

So, laat ons begin. Met die koel winteragtige weer wat ons laasweek hier in die Boland gehad het, het ek en drie skool vrinne besluit om so voor die ergste warm weer kom die pad op twee wiele aan te durf.

Rigting, De Doorns, spesifiek die ou treinspoor wat daar agter die koppe loop. Nie een van ons het al daar gery nie en dit was 'n onbekende area vir ons.

Ons mekaar toe by Bainskloof se afdraai. Van daar het ons gou gou die teerpad agter die rug gekry tot by die Veldskoen padstal aan Touwsrivier se kant van De Doorns waar ons eers iets in maag moes sit. Ek was al van te vore daar en hulle Eggs Benedict is iets waarvoor ek ver sal ry, ek moes eintlik twee bestel het, maar nou ja, dit daar gelaat (julle sal sien in my vorige ride report dat ek 'n sucker is vir 'n lekker ontbyt). Oja, voor dit moes ons eers vir die twee op die KTM's stop - hulle wou eers pertol ingooi, want soos dit my klink is dit niks nuut vir hulle om uit  petrol te hol nie (sonder om eers ver te ry :pot:)



So met 'n vol mae en twee vol tenke kon ons toe weer in die pad val. Op die N1 in die rigting van Touwsrivier kry ons toe die afdraai oorkant Môreson padstal wat ons toe regs vat, daar in die koppe in. Voor die tyd het ek darem eers gereel met die eienaar en gevra of ons sy grond kan betree en hy het gesę ons is meer as welkom, hy het al die nodige hekke vir ons oopgesluit en net gevra dat ons dit weer sluit as ons deur is.

Die eerste hek was net voor Osplaas stasie, van daar hou ons toe al teen die treinspoor op tot by 'n groot dam wat deel is van 'n bespoeiingsskema soos dit vir my gelyk het.




Van daar is ons toe met die pad wat al langs die spoor loop tot bo teen die koppe waar daar 'n groot "cutting" vir die spoor gemaak is. Dis waar ons toe ons eerste geskiedenis les kry vir die dag. Die kort en die lank is dat die spoor al voor die Angelo Boere Oorlog daar gelę is en 'n groot rol daarin gespeel het.





Na hierdie cutting moet mens besluit of jy tussen die twee spore op die hout balke gaan ry en of jy langs die spoor gaan ry in 'n smal paadjie op die rand van 'n semi afgrond. Ek besluit toe ek is nie lus vir op 'n treinspoor val nie en gaan toe vir die paadjie langsaan, tot my spyt. Tussen die paadjie en die spoor is daar elke nou en dan 'n sement blok waarop die oorhoofse pale destyds vasgeboud was en van hulle kruip agter of binne in 'n bos weg. Dit het ek baie gou agter gekom toe my skoen tussen die sement blok en my foot peg beland het. As dit nie was vir die feit dat dit MX boots was nie was daar beslis vandag iets gebreek.



Nie lank nadat ek my mooiste woorde van pyn uitgespreek het nie, moes ek inelkgeval ook tussen die spore ry omdat die paadjie weggespoel het. So, nota vir toekomstige self en ander wat die pad wil ry, hou van die begin af OP die spoor. As jy 'n 990 ry, pak maar 'n paar sakkies geduld in, want dit lyk my nie hulle hou van so 2 rat ry nie, daardie fan kom sommer gou aan.



So ent op die spoor af kom ons toe by twee tonnels. Een wat lank terug gebou is en een wat BAIE lank terug gebou is! Dit is die oudste trein tonnel in die land en hy is in 1876 gebou, met die hand. Hy het ook nie 'n lining nie en mens kan duidelik die rotse, asook die "spoor" wat daardie tyd se stoom lokomotiewe gelos het in die dak sien.



Die een langsaan waar die spoor nou lę is later gebou en met sement uit geline om groter lokomotiewe te akkomodeer. Dis in 1929 gebou as ek die bordjie regverstaan het en is gebruik tot in 1989, waarna die tonnel en spoor gesluit is.




Verder in die pad af kry ons toe vir Tonnel stasie, dit was glo in die verlede die laaste volmaak punt voor die trein begin af sak het Kaap toe. Vandag is dit 'n kamp plek, of dalk moet ek eerder sę dit gaan binnekort 'n volwaardige kamp plek wees. Ons het van die manne gekry wat daar aan die werk is om toilet, kombuis en braai geriewe te bou. Hulle mik om vroeg in die nuwe jaar klaar te wees met hulle projek en dit dan vir die publiek oop te stel. Al die fondse wat uit die kamp kom gaan dan na die eienaar van die grond se honde rehabilitasie sentrum by Matroosberg stasie (Roscan Dog Sanctum).



Klaar die koeldrank gedrink wat hulle vir ons aangebied het, vat ons toe die pad verder en kom toe by 'n monument uit. Die Kaffrarian Rifles monument. Dit is op gerig vir soldate daar oorlede is na hul trein ontspoor het in 1914. Daar is 10 mense dood en 103 ernstig beseer. Daar is ook vreeslike aggresiewe miere, hulle jaag mens sommer, lus om te byt.




Van daar af was dit lekker tweespoor grondpad met 'n paar hekke tussen in tot by Matroosberg Stasie. As mens daar aankom kan mens agterkom dat daar iets anders aan die plek is, want dit lyk nie soos jou tipiese verwaarlose stasie "dorpie" nie. Toe ons stilhou het ons gou agter gekom hoekom dit lyk soos dit lyk. Daar is 'n paar mense wat besluit het om 'n paar Rand aan die plek te bestee en hom weer netjies en reg te kry. Ek sal sę dat hulle is besig is om hulself goed van die taak te kwyt. Die substasie is omskep in 'n teater, die kaartjie kantoor is 'n konferensie sentrum, daar is 'n lapa met 'n swembad en dan laaste maar nie die minste nie het hulle 'n lekker kroeg. Soos met die Tonnel kamp is dit ook nog "work in progress", maar hulle mik om Februarie klaar te wees en dan wil hulle 'n reeks vertonings aanbied en ek weet nie wat nog alles nie.






Met al die kuier en gesels langs die pad het ons tyd bietjie min geraak aangesien ons al vier nog dieselfde dag by die huis moes kom om op die Maandag weer in te val. So, toe gaan ons regs by die teerpad in Montagu se rigting tot ons toe so 20km verder 'n grondpad na links gekry het wat Touwsrivier toe gaan. In Touwsrivier het ons gou iets geeet en toe terug met die N1 en toe by die Ceres afdraai weer regs. Teen die tyd was dit al lekker warm en mens kon dit aan ons gemiddelde spoed agter kom, die manne wou by die huis kom om te gaan af koel. Net voor die Ceres/Calvinia T-aansluiting vat ons toe die laaste stukkie grondpad, die Bo-Swaarmoed pad.

In Ceres het ons gou gestop, 'n laaste paar BMW/KTM grappies gemaak en in ons onderskeie rigtings die pad huis toe gevat.

Ons bly beslis in 'n plek met baie onbekendhede wat mens nooit sou teekom as dit nie was vir die lekkerte van bike ry nie!

Tot volgende keer :thumleft:


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
The following users thanked this post: Andre01, wilfwalk, Willem55

Offline Heimer

  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 12,676
  • Thanked: 111 times
  • Kan nie ALZ onthou nie
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #1 on: December 10, 2018, 11:09:28 pm »
Baie baie nice

Matriek getuigskrif 1979: ........... is 'n vriendelike seun met volop selfvertroue. Hy tree soms vreemd op. Die skool se beste wense vergesel hom.
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,872
  • Thanked: 414 times
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #2 on: December 11, 2018, 05:36:45 am »
Lekker saamgery in area wat ek nie ken.
Dankie
Dakar 650
SR 500
 

Offline Ri

  • Bikermouse
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,949
  • Thanked: 462 times
  • DR650 Admirer
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #3 on: December 11, 2018, 05:58:09 am »
Hierdie lyk na 'n lekker rit - baie dankie vir die deel en die foto's

Goeie ontbyt is nie te versmaai nie... :drif:

As jy nie omgee dat ek vra nie, met wie praat mens vir toestemming om die spoor pad te ry?
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Mr D

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 950 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 658
  • Thanked: 37 times
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #4 on: December 11, 2018, 06:42:18 am »
Thank you for sharing - definitely keen to try the route myself some time - loving the history behind it all.
All men dream, but not equally. Those who dream by night in the dusty recesses of their minds, wake in the day to find that it was vanity: but the dreamers of the day are dangerous men, for they may act on their dreams with open eyes, to make them possible. T. E. Lawrence
 

Offline Adriaan.theron

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #5 on: December 11, 2018, 06:59:38 am »
Hierdie lyk na 'n lekker rit - baie dankie vir die deel en die foto's

Goeie ontbyt is nie te versmaai nie... :drif:

As jy nie omgee dat ek vra nie, met wie praat mens vir toestemming om die spoor pad te ry?

Duncan Briggs, ek sal sy nommer vir jou PM


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
The following users thanked this post: Ri

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,848
  • Thanked: 40 times
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #6 on: December 11, 2018, 08:03:41 am »
Baie lekker roete! Nog op my lysie aangesien my pa destyds vir Spoornet gewerk het en daardie einste roete gereeld met 'n trollie gedoen het vir inspeksies etc.
“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline Skim

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #7 on: December 11, 2018, 08:25:36 am »
Joh! Lekker !!
Moet ook doen.

Het jy dalk GPS File en dan ook die kontak detail om te reel? Ek het mos nou tyd om bietjie te ry....

Dankie by voorbaat.

Skim

BMW R 1200 GS Adventure.
 

Online ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,785
  • Thanked: 413 times
    • dustriders.co.za
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #8 on: December 11, 2018, 09:43:04 am »
 Al die fondse wat uit die kamp kom gaan dan na die eienaar van die grond se honde rehabilitasie sentrum by Matroosberg stasie (Roscan Dog Sanctum).

Dink daar moet n Bęsh gehou word by daai kampplek en dan vat ons sommer elkeen n sak hondekos saam. :deal: ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Adriaan.theron

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #9 on: December 11, 2018, 10:10:26 am »
Joh! Lekker !!
Moet ook doen.

Het jy dalk GPS File en dan ook die kontak detail om te reel? Ek het mos nou tyd om bietjie te ry....

Dankie by voorbaat.

Nee, ek het hom maar op Google maps vir myself in my kop uitgeplot. Dis nie te moeilik nie.




Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Adriaan.theron

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #10 on: December 11, 2018, 10:13:42 am »
Al die fondse wat uit die kamp kom gaan dan na die eienaar van die grond se honde rehabilitasie sentrum by Matroosberg stasie (Roscan Dog Sanctum).

Dink daar moet n Bęsh gehou word by daai kampplek en dan vat ons sommer elkeen n sak hondekos saam. :deal: ;)

Yes, ek dink dis ‘n great plan.


Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline Ri

  • Bikermouse
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,949
  • Thanked: 462 times
  • DR650 Admirer
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #11 on: December 11, 2018, 10:44:55 am »
Al die fondse wat uit die kamp kom gaan dan na die eienaar van die grond se honde rehabilitasie sentrum by Matroosberg stasie (Roscan Dog Sanctum).

Dink daar moet n Bęsh gehou word by daai kampplek en dan vat ons sommer elkeen n sak hondekos saam. :deal: ;)

Yes, ek dink dis ‘n great plan.


Sal verseker ondersteun!
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Skim

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #12 on: December 11, 2018, 01:00:26 pm »
Al die fondse wat uit die kamp kom gaan dan na die eienaar van die grond se honde rehabilitasie sentrum by Matroosberg stasie (Roscan Dog Sanctum).

Dink daar moet n Bęsh gehou word by daai kampplek en dan vat ons sommer elkeen n sak hondekos saam. :deal: ;)

Chris - Briljante idee - sal beslis ondersteun!
Skim

BMW R 1200 GS Adventure.
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,141
  • Thanked: 42 times
  • East London
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #13 on: December 11, 2018, 01:36:04 pm »
Dankie vir die deel.  Voorwaar heeltemal iets ander  :thumleft:

Die Kaffrarian Rifles is van Oos Londen sover ek weet.
Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Deon

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #14 on: April 08, 2019, 07:35:22 pm »
Toe ons daai roete gedoen het met die Xr's, moes ons mooi mik om nie die sement blokke te tref nie.  Het julle Japie se skuiling gat gesien?  Daai X-tipe rangeer spoor is glo uniek in Suid-Afrika.
XR500, DR600, TT600, XT600, XR600, XR650R,
Goldwing 1000, CBF, CBX, Varadero *2.
 

Offline Operator

  • is a Forum Vendor and a
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,590
  • Thanked: 157 times
  • Official Vendor
    • Vendor
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #15 on: April 08, 2019, 08:03:49 pm »
 :sip:
 

Offline Noneking

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #16 on: April 08, 2019, 08:06:15 pm »
Dankie!
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline Dawid S

  • Member
  • **
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 399
  • Thanked: 24 times
  • A Quad
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #17 on: April 09, 2019, 07:52:43 am »
As van die manne en meisies die area wil besoek kan julle 'n naweek daarvan maak en ons plaas en gastehuis besoek. Op die plaas is lekker berg padjies. Kyk na  https://www.airbnb.com Ratelbosch farm Self-catering De Doorns, South Africa.

Sal spesiale prys aanbied vir Wilddogs.
 

Offline Maverick

  • Slacker Extraordinaire
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R100GS / Kalahari
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,507
  • Thanked: 113 times
  • Some multi-task. I multi-slack.
Re: De Doorns Verkenning
« Reply #18 on: April 10, 2019, 03:24:42 pm »
Dankie vir die verslag en sal beslis dit op my te doen lysie sit van plekke om te gaan ry  :thumleft:
Maverick Disclaimer: This thread is intended for the use of the individual(s) named above and may contain information that is confidential privileged or unsuitable for overly sensitive persons with low self-esteem, no sense of humor or irrational religious beliefs. If you are not the intended recipient, any dissemination, distribution or copying of this thread is not authorised (either explicitly or implicitly) and constitutes an irritating social faux pas.
 

Online Weedkiller - Adie

Re: De Doorns Verkenning
« Reply #19 on: April 10, 2019, 03:35:13 pm »
Hierdie is nou my tipe trip.  Net jammer ek kan (sal) dit nie heeltemal as 'n solo trip aandurf.  Moet miskien 'n paar manne bymekaar kry vir 'n 'rerun'  >:D

Adie
Laat ons Stof maak.