De Doorns Verkenning

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.
Joined
Dec 7, 2017
Messages
469
Reaction score
335
Location
Wellington, Western Cape
Bike
Honda CRF-1100L Africa Twin
Naand almal,

Ek het nou heeldag sit en wonder of ek die storie in Engels of Afrikaans gaan aanpak, maar het toe laasgenoemde besluit, ek praat en skryf genoeg in Engels by die werk. Vir die wat sukkel om te verstaan is daar iets soos Google Translate (ek gebruik hom gereeld) :patch:

So, laat ons begin. Met die koel winteragtige weer wat ons laasweek hier in die Boland gehad het, het ek en drie skool vrinne besluit om so voor die ergste warm weer kom die pad op twee wiele aan te durf.

Rigting, De Doorns, spesifiek die ou treinspoor wat daar agter die koppe loop. Nie een van ons het al daar gery nie en dit was 'n onbekende area vir ons.

Ons mekaar toe by Bainskloof se afdraai. Van daar het ons gou gou die teerpad agter die rug gekry tot by die Veldskoen padstal aan Touwsrivier se kant van De Doorns waar ons eers iets in maag moes sit. Ek was al van te vore daar en hulle Eggs Benedict is iets waarvoor ek ver sal ry, ek moes eintlik twee bestel het, maar nou ja, dit daar gelaat (julle sal sien in my vorige ride report dat ek 'n sucker is vir 'n lekker ontbyt). Oja, voor dit moes ons eers vir die twee op die KTM's stop - hulle wou eers pertol ingooi, want soos dit my klink is dit niks nuut vir hulle om uit  petrol te hol nie (sonder om eers ver te ry :pot:)

6fd52c66998fdee41fc22280c9185223.jpg


So met 'n vol mae en twee vol tenke kon ons toe weer in die pad val. Op die N1 in die rigting van Touwsrivier kry ons toe die afdraai oorkant Môreson padstal wat ons toe regs vat, daar in die koppe in. Voor die tyd het ek darem eers gereel met die eienaar en gevra of ons sy grond kan betree en hy het gesê ons is meer as welkom, hy het al die nodige hekke vir ons oopgesluit en net gevra dat ons dit weer sluit as ons deur is.

Die eerste hek was net voor Osplaas stasie, van daar hou ons toe al teen die treinspoor op tot by 'n groot dam wat deel is van 'n bespoeiingsskema soos dit vir my gelyk het.

ff0e177abf5d7d98a3645bb55aa6fa9b.jpg

40331ea3d5c1ce2b254b6bf5251559aa.jpg


Van daar is ons toe met die pad wat al langs die spoor loop tot bo teen die koppe waar daar 'n groot "cutting" vir die spoor gemaak is. Dis waar ons toe ons eerste geskiedenis les kry vir die dag. Die kort en die lank is dat die spoor al voor die Angelo Boere Oorlog daar gelê is en 'n groot rol daarin gespeel het.

470ae33e790472bcb371d8d78b171da0.jpg

37c10e8db0419a5a7c2e2861c575218c.jpg

9861787b430ffc4596a84a891d2e31f8.jpg


Na hierdie cutting moet mens besluit of jy tussen die twee spore op die hout balke gaan ry en of jy langs die spoor gaan ry in 'n smal paadjie op die rand van 'n semi afgrond. Ek besluit toe ek is nie lus vir op 'n treinspoor val nie en gaan toe vir die paadjie langsaan, tot my spyt. Tussen die paadjie en die spoor is daar elke nou en dan 'n sement blok waarop die oorhoofse pale destyds vasgeboud was en van hulle kruip agter of binne in 'n bos weg. Dit het ek baie gou agter gekom toe my skoen tussen die sement blok en my foot peg beland het. As dit nie was vir die feit dat dit MX boots was nie was daar beslis vandag iets gebreek.

5bf351edb4dd3187195d9bc6120216ad.jpg


Nie lank nadat ek my mooiste woorde van pyn uitgespreek het nie, moes ek inelkgeval ook tussen die spore ry omdat die paadjie weggespoel het. So, nota vir toekomstige self en ander wat die pad wil ry, hou van die begin af OP die spoor. As jy 'n 990 ry, pak maar 'n paar sakkies geduld in, want dit lyk my nie hulle hou van so 2 rat ry nie, daardie fan kom sommer gou aan.

be324d6aa3769bced4486740b66bc947.jpg


So ent op die spoor af kom ons toe by twee tonnels. Een wat lank terug gebou is en een wat BAIE lank terug gebou is! Dit is die oudste trein tonnel in die land en hy is in 1876 gebou, met die hand. Hy het ook nie 'n lining nie en mens kan duidelik die rotse, asook die "spoor" wat daardie tyd se stoom lokomotiewe gelos het in die dak sien.

b5826bce8bc2fb5a8e4289acec980d1a.jpg


Die een langsaan waar die spoor nou lê is later gebou en met sement uit geline om groter lokomotiewe te akkomodeer. Dis in 1929 gebou as ek die bordjie regverstaan het en is gebruik tot in 1989, waarna die tonnel en spoor gesluit is.

55f65a8c0e9f3f2ac1b06ee29265254a.jpg

145b93b5a103fafc37fe5e82c00095a8.jpg


Verder in die pad af kry ons toe vir Tonnel stasie, dit was glo in die verlede die laaste volmaak punt voor die trein begin af sak het Kaap toe. Vandag is dit 'n kamp plek, of dalk moet ek eerder sê dit gaan binnekort 'n volwaardige kamp plek wees. Ons het van die manne gekry wat daar aan die werk is om toilet, kombuis en braai geriewe te bou. Hulle mik om vroeg in die nuwe jaar klaar te wees met hulle projek en dit dan vir die publiek oop te stel. Al die fondse wat uit die kamp kom gaan dan na die eienaar van die grond se honde rehabilitasie sentrum by Matroosberg stasie (Roscan Dog Sanctum).

446e14d5768c84b2cc7716d76e09e9dc.jpg


Klaar die koeldrank gedrink wat hulle vir ons aangebied het, vat ons toe die pad verder en kom toe by 'n monument uit. Die Kaffrarian Rifles monument. Dit is op gerig vir soldate daar oorlede is na hul trein ontspoor het in 1914. Daar is 10 mense dood en 103 ernstig beseer. Daar is ook vreeslike aggresiewe miere, hulle jaag mens sommer, lus om te byt.

8e8b265b52225c154546753dde79bcba.jpg

5d4e1f435b3dc6e546a3b8f14263c42c.jpg


Van daar af was dit lekker tweespoor grondpad met 'n paar hekke tussen in tot by Matroosberg Stasie. As mens daar aankom kan mens agterkom dat daar iets anders aan die plek is, want dit lyk nie soos jou tipiese verwaarlose stasie "dorpie" nie. Toe ons stilhou het ons gou agter gekom hoekom dit lyk soos dit lyk. Daar is 'n paar mense wat besluit het om 'n paar Rand aan die plek te bestee en hom weer netjies en reg te kry. Ek sal sê dat hulle is besig is om hulself goed van die taak te kwyt. Die substasie is omskep in 'n teater, die kaartjie kantoor is 'n konferensie sentrum, daar is 'n lapa met 'n swembad en dan laaste maar nie die minste nie het hulle 'n lekker kroeg. Soos met die Tonnel kamp is dit ook nog "work in progress", maar hulle mik om Februarie klaar te wees en dan wil hulle 'n reeks vertonings aanbied en ek weet nie wat nog alles nie.

dd95c8f2d21c14d398f605110035f00f.jpg

0ef5f883ba09a48835ebcd139f15ee3e.jpg

5e253d50adb2d1ee8df3fc63471e677e.jpg

2fb8511d1b19ffd8ec17b0dfe6dd7238.jpg


Met al die kuier en gesels langs die pad het ons tyd bietjie min geraak aangesien ons al vier nog dieselfde dag by die huis moes kom om op die Maandag weer in te val. So, toe gaan ons regs by die teerpad in Montagu se rigting tot ons toe so 20km verder 'n grondpad na links gekry het wat Touwsrivier toe gaan. In Touwsrivier het ons gou iets geeet en toe terug met die N1 en toe by die Ceres afdraai weer regs. Teen die tyd was dit al lekker warm en mens kon dit aan ons gemiddelde spoed agter kom, die manne wou by die huis kom om te gaan af koel. Net voor die Ceres/Calvinia T-aansluiting vat ons toe die laaste stukkie grondpad, die Bo-Swaarmoed pad.

In Ceres het ons gou gestop, 'n laaste paar BMW/KTM grappies gemaak en in ons onderskeie rigtings die pad huis toe gevat.

Ons bly beslis in 'n plek met baie onbekendhede wat mens nooit sou teekom as dit nie was vir die lekkerte van bike ry nie!

Tot volgende keer :thumleft:


Sent from my iPhone using Tapatalk
 
Top