Al om die (droë) pot.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

karooblom

Pack Dog
Joined
Dec 27, 2017
Messages
108
Reaction score
15
Location
Northern Cape
Bike
AJS (all models)
So besluit ons klompie Fraserburg biker mice om Sondag 16 Desember bietjie te gaan rondry, sommer net vir pret en om die gemoed ligter te kry. Almal wil graag Rammelhoek pas by Sutherland gaan ry en aangesien my ou wederhelfte hom net twee of drie weke tevore gery het, besluit ons toe “so gewil, so gemaak”. My swaer stel egter aan almal ʼn ultimatum …. eers Kerk, dan motorfiets. Nou wie is ons om nee te se vir Kerk …. i mean, dit is goed vir jou siel en gees.

Swaer preek toe want ons dominee is met verlof (ook die dat hy ultimatums stel...sy manier om meer mense in Kerk te kry  ;D). Sy preek gaan oor jou erfenis. Let wel, nie jou erflating nie … blyk daar is ʼn groot verskil. Erflating is iets tasbaars maar erfenis is die ontasbare, die spore van ons voorgeslagte in ons hele menswees, in hoe ons is en hoe ons dink. Ons lewende erfenis. Hy laat my toe nogal kwaai wonder wat is my erfenis wat ek nalaat aan my gesin en die mense rondom my. Sal ek eendag ʼn glimlag op mense se gesigte laat of eerder dalk ʼn bitter smaak in hul monde? Mens  :dink: nie altyd aan sulke dinge nie.
 

Attachments

  • IMG_20181216_102723 1.jpg
    IMG_20181216_102723 1.jpg
    454.8 KB · Views: 318
Top