Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Bokveld vir oulaas skoonveld.  (Read 1302 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Bokveld

Bokveld vir oulaas skoonveld.
« on: December 22, 2018, 03:49:14 pm »
    n Tyd gelede besluit ek om n mooiweers-biker te word en die meer gebaande weg te volg,soos in hoofsaaklik teerpaaie om ver plekke te verken.Op die loop ek n lekker nuwe 2de handse 650 twin raak.Die ding loop alte lekker en nogal lig op brandstof ook.Ek verkoop nie die ou groene nie,want reken ek, die nuwe perd moet eers sy strepe verdien.
    By die Vic Falls, Botswana en in die Caprivi was ek nog nooit en die manne wat weet, reken die nuwe masjien is opgewasse vir die taak.Ek nooi vir Stil Wim saam,maar ek hoor nie weer van hom nie.Eers toe hy my n maand voor my vertrektyd bel om te hoor wanneer ek ry,begin vermoed ek hy gaan saam.So werk dit maar met Wim.
     Die oggend van 1 Desember vertrek ons op n trip wat nog lank onthou sal word vir verskillende redes.Twee van ons biker vriende vergesel ons tot op Touwsrivier.En toe is dit ek en Wim en die lang pad na die noorde.Ek het die kortste pad tussen Montagu en Vic Falls gekies,maar dis alles behalwe kort.Ons eerste kampopslaan is by die Kambro Padstal anderkant Britstown.Sommer n lekker plek met vriedelike mense.My swartpot was te swaar om heelpad saam te ry ,toe braai ons maar.
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #1 on: December 22, 2018, 04:29:19 pm »
      Dag 2 neem ons tot so 20 km. anderkant Vryburg op die Stella pad .Ek het vir Boereplaas uitgenuffel op die internet.n Internet- leeu is mos nie soos n regte leeu nie en so ook nie die boereplaas nie,maar ons kry darem n paar koue biere.In die versengende hitte,bly die bier ook nie lank koud nie ,maar Wim maak n plan.
     Die probleem met Boereplaas is dat dit n swembad en n kroeg het en dagbesoekers verwelkom.Maar laat ek net byvoeg ;dis nie hulle probleem nie,dis ons probleem.Gelukkig is die kampplek so effe eenkant,maar met die musiek ,kom jy dit nie eintlik agter nie.Ek sien weer beelde van verlede jaar se party by Clanwilliam dam,maar dis Sondag en teen 8-uur se kant vertrek die laaste minibus.Daar daal n kortstondige stilte op die kamp neer,voor n waterpomp aangeskakel word langs ons kampplek.Snaaks hoe n sat bearing jou uit die slaap kan hou,maar after all dit is n boereplaas.Ons braai toe maar weer,want ons het n rooster en nie n swartpot nie.
 

Offline Karoo Rider

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 997
  • Thanked: 31 times
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #2 on: December 22, 2018, 05:09:11 pm »
Ek skuif solank reg...  :sip:
 

Offline Vintage_Mania

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #3 on: December 22, 2018, 05:25:56 pm »
 :ricky:
People say nothing is impossible, but I do nothing every day. And doing nothing often leads to the very best kind of something.
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #4 on: December 22, 2018, 05:56:44 pm »
    Die Noord-kaap en Noordwes het nog nie reen gehad nie.Orals by die dorpe is tekens van ons land se toestand.Werklose mense en brandplekke op die teerpad,rommel langs die pad.Die droogte maak dit ook nie beter nie.Ek besef weereens dat ek my seeninge moet waardeer waar ek in die Wes-kaap bly.Op Kimberley stop ons vir gas en muskietsalfies .Ek gesels met n paar bikers terwyl Wim die aankope doen.Die blond wat trike ry is wild en wakker, soos Valiant Swart sing.Sy en haar ghantang is oppad Kaap toe;kaalskouer leather jacket en al.Ons wonder hoe daai skouers vanaand gaan lyk as die Karoo-son hulle beetgekry het
     Die Vaalharts gebied is n oase in die woestyn.Lusern en ander gewasse het deesdae plek gemaak vir peka neute.Die neute bedryf het hier ontplof.
     My gedagtes gaan terug na 2011 toe ek by die Bray -afdraai verbygaan.Vreesloos en stupid teen die Molopo op Mafiking toe.Die piekniekplek buite Mafiking, waar ek gekamp het,is nou heeltemal vervalle en ek dink weer aan die VIP-borde
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #5 on: December 23, 2018, 10:21:07 am »
   Vroeg Maandagoggend ploeg ons deur Mahikeng oppad na Ramathlabama-grenspos.Die formaliteite word vinnig afgehandel en skielik is ons in n ander land sonder brandplekke op die pad,honderde rondloperdiere,spietkops en goedkoop petrol.Ek leer gou die diere se gedrag: Beeste is voorspelbaar,maar steek die pad stadig oor,bokke en skape hardloop vinnig oor ,maar draai soms om en maak n come back.Donkies is totaal onvoorspelbaar;een oomblik vas aan die slaap en die volgende oomblik loop hy voor jou in.Spietkops kom in die meer boomryke dele voor. Hoe dit ook al sy,ek het nog nooit soveel dooie diere langs n pad gesien nie .Die aasvoels doen hul uiterste bes ,maar die oormag is te groot.
   By Pitsane gooi ons die eerste goedkoop petrol in net om te voel hoe dit voel.Daars merkbaar meer geld in Botswana as hier by ons,en oorwegend nuwe motors.Rondom Gabarone word n nuwe pad gebou en ons vorder stadig in hitte van meer as 40 grade.Dit raak n lang dag en ons mikpunt is Palapye ,waar vriend Cobus n lekker kampplek aanbeveel het.Soos ek ry,probeer ek uitwerk of my petrol dit gaan maak.My hoofreken somme wil nie lekker uitwerk nie en kan ook nie onthou waar ek laas petrol ingegooi het nie.Bonoop wys daar skielik snaakse syfers op die bike se display.Gelukkig het ek n handboek van die bike saam gebring.Dis nie nodig nie.In n helder oomblik besef ek,ek is van die spoor af:ONTWATER.
    Ons vind ons kamp anderkant die spoorlyn in die grammadoelas by Itumela.
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #6 on: December 23, 2018, 11:10:03 am »
     Die kampplek by Itumela is maar so-so,maar daars koue bier.Die kroegmeisie het lang rooi naels en dra n stywe minirokkie wat sy kort-kort afrem om die Volkswagen wat onder die seil staan te verbloem.Haar naam is vir ons onuitspreekbaar,maar sy se haar naam beteken good luck en ons kan haar maar so noem.Ek wonder of haar naam dalk iets met die Volkswagen te doen het.Sy stel ons voor aan St.Louis,wat op sy beurt baie help met die ontwatering en kampopslanery.Ons sukkel om ons nuwe simkaarte te registreer.Good luck probeer help ,maar sonder luck.Ek kry darem later myne reg,net om uit te vind dat die sein te swak is om huis te haal,of so-iets.
      St.Louis is n wyse man en hy wys my daarop dat ek nie meer so tier is as wat ek dink nie.Ek maak lank reeds nie meer my broek met n geelslang vas nie.Ontwatering is nie jou speelmaatjie nie.Later,na die vogvlakke,herstel is,begin ons aan kos dink.Ons is nog te flou vir hoendervang;so ons besluit maar op sop.Ek maak n mushroom-soppie oop wat al 2 keer bo teen die Kunene gaan draai het,maar hy gaan nog steeds goed af.
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,561
  • Thanked: 394 times
    • dustriders.co.za
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #7 on: December 23, 2018, 12:38:51 pm »
 Stil Wim

Foto's is so min soos Stil Wim se woorde!! :peepwall: ;) :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Lem

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #8 on: December 26, 2018, 07:15:27 am »
“Volkswagen wat onder die seil staan...”

Dis beslis die beste een benaming en beskrywing wat ek nog ooit gelees het. Kannie wag vir die res nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,832
  • Thanked: 38 times
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #9 on: December 26, 2018, 07:32:49 am »
Subscribe!!

Sent from my LG-H990 using Tapatalk

“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Online Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,904
  • Thanked: 409 times
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #10 on: December 26, 2018, 07:36:00 am »
Lyk my Bokveld is Bokveld toe want ons wag nog? :peepwall:
Dakar 650
SR 500
 

Offline Casting from Turd

  • Read my avatar and act accordingly
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,072
  • Thanked: 159 times
    • addobackpackers.com
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #11 on: December 26, 2018, 08:07:05 am »
Maybe I follow this as well  :deal:
I dont want to ride fast, But I want to ride FAR
Past Bikes...Honda XR250 Tornado
Honda XR650L
Honda XL1000V Varadero
http://www.addobackpackers.com
 

Offline VaalBaas

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS HP2
    Location: Western Cape
  • Posts: 6,025
  • Thanked: 105 times
  • Sogenaamde Vleismeester
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #12 on: December 26, 2018, 08:35:18 am »
Lyk my Bokveld is Bokveld toe want ons wag nog? :peepwall:

Op die pad terug het die oom kom koffie drink, so nee hy is nog met ons. Het toe so n vinnige weergawe van die trip gehoor, maar is nou hier vir die detail ;)
« Last Edit: December 26, 2018, 08:36:09 am by VaalBaas »
2006 Hp2 # 882 #1555 #1784 - 2008 R1200 GSA -  2009 R1200 S - 1998 R1200 C
My eertse foutjie KTM RC8
2003 Yamaha 350 Banshee SE   2006 Yamaha 200 Blaster SE   TW200 Project Bike

As ek nie gister gedoen wat ek gedoen het nie, het ek nie vandag geweet wat ek weet
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #13 on: December 27, 2018, 12:04:03 pm »
      Dag 4 verloop nie  heeltemal volgens plan nie.By Francistown vat ek die verkeerde pad en ons kom na omtrent n uur tot stilstand voor n Zim grenspos by Plumtree.Ek moet erken dat n GPS dit kon voorkom.Later die middag loop daar n donkie en n spietkop voor my oor die pad.Ek mis die donkie ,maar die spietkop se skade is 340 Pula.Ons is 3 Suid-Afrikaners wat in die strik trap: 2 vrouens van MP ,n predikant van GP en die uwe.Die vrou maak nie n moordkuil van haar hart nie en vertel die spietkop wat hy met sy land en sommer alles wat daarmee gepaard gaan kan doen.Die predikant hou hom in ,want daar is kinders by.En ek is maar net gewoonweg gatvol......verskriklik gewoonweg gatvol soos Pieter Pieterse sou se.
       Op Nata koop ons gou n paar kosgoedjies en maak dit vir Elephant Sands.Die ou sandpaadjie laat ons vir oulaas sweet,maar ons kamp heel aangenaam.Wim maak vir ons later n interesante dis van bullybief en chakalaka.St.Louis sit ook hand by om ons verblyf nog aangenamer te maak.
 

Offline 2StrokeDan

  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 21,568
  • Thanked: 731 times
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #14 on: December 27, 2018, 12:29:27 pm »
Ai Kallie, baie lkker!

Bly om te sien daai nuwe fiet het hom gedra.

Sy baas gedra hom mos altyd..... :ricky:
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #15 on: December 27, 2018, 12:43:35 pm »
     Pandamatenga huisves n groot boerdery gemeenskap.Die bebosde gebied maak eensklaps plek vir landerye wat oor die horison strek.Die swart turf- en rooi grond wag vir die eerste reens om beplant te word met mielies en sorghum.Ons moet petrol ingooi ,want mens weet nie wat anderkant die grens in Zim wag nie.Daars n kragonderbreking en die pompe werk nie .Ons moet maar wag teen wil en dank.Die kragopwekker wil ook nie saamspeel nie.Daar word konferensie gehou by die kragopwekker maar daars na n uur nog nie n plan nie.Later daag daar n jong boer op en kort voor lank werk alles weer.
      Dis n stil grenspos en dinge verloop seepglad.Die pad wat volg is egter nie so seepglad nie.Die tweespoor pad herhinner sterk aan die stuk tussen Ruacana en Swartbooisdrif.Ons sluit later aan by n groot grondpad aan wat van Bulawayo af kom,en nog later by die teerpad wat ons by Vic Falls bring.
 

Offline Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,867
  • Thanked: 153 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #16 on: December 27, 2018, 01:33:44 pm »
Baie dankie vir die deel sover Bosveld.  :thumleft:

Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR 200R
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #17 on: December 27, 2018, 02:32:35 pm »
      Die vertraging by Pandamatenga,bring mee dat ons toe maar 2 dae by Vic Falls oorbly.Dit was n welverdiende ruskans na 5 dae se harde ry.Ons kamp by die munisipale kamp teen billike tarief,vriendelike personeel en skoon geriewe.Die kos is maar aan die duur kant,maar as jy bereid is om saam met die locals pap en vleis te eet,of nou en dan jou eie jou eie brousels te maak,is die wereld reg.
       
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #18 on: December 27, 2018, 02:48:47 pm »
     Die Zambesi het die tyd van die jaar nie baie water nie,maar die valle bly steeds n belewenis.Dit was nog altyd vir my n droom om dit te ervaar.Ek was verstom om te sien dat oorlede ou Livingstone steeds die wag hou.In SA sou die ou seker al stroom-af wees.
 

Offline Bokveld

Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
« Reply #19 on: December 27, 2018, 03:56:36 pm »
     Ons vat ons tyd om die valle te besigtig.Dis duidelik dat hierdie n groot bron van inkomste vir Zim en Zam is.Verskeie aktiwiteite word aangebied,maar ek dink nie Devil's pool is vir my nie.