Bokveld vir oulaas skoonveld.

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Bokveld

Race Dog
Joined
Aug 16, 2012
Messages
1,047
Reaction score
55
Bike
BMW F650GS / Dakar
    n Tyd gelede besluit ek om n mooiweers-biker te word en die meer gebaande weg te volg,soos in hoofsaaklik teerpaaie om ver plekke te verken.Op die loop ek n lekker nuwe 2de handse 650 twin raak.Die ding loop alte lekker en nogal lig op brandstof ook.Ek verkoop nie die ou groene nie,want reken ek, die nuwe perd moet eers sy strepe verdien.
    By die Vic Falls, Botswana en in die Caprivi was ek nog nooit en die manne wat weet, reken die nuwe masjien is opgewasse vir die taak.Ek nooi vir Stil Wim saam,maar ek hoor nie weer van hom nie.Eers toe hy my n maand voor my vertrektyd bel om te hoor wanneer ek ry,begin vermoed ek hy gaan saam.So werk dit maar met Wim.
    Die oggend van 1 Desember vertrek ons op n trip wat nog lank onthou sal word vir verskillende redes.Twee van ons biker vriende vergesel ons tot op Touwsrivier.En toe is dit ek en Wim en die lang pad na die noorde.Ek het die kortste pad tussen Montagu en Vic Falls gekies,maar dis alles behalwe kort.Ons eerste kampopslaan is by die Kambro Padstal anderkant Britstown.Sommer n lekker plek met vriedelike mense.My swartpot was te swaar om heelpad saam te ry ,toe braai ons maar.
 

Attachments

  • DSCN8030.JPG
    DSCN8030.JPG
    87.3 KB · Views: 396
  • DSCN8026.JPG
    DSCN8026.JPG
    104.8 KB · Views: 399
  • DSCN8035.JPG
    DSCN8035.JPG
    130.5 KB · Views: 396
  • DSCN8032.JPG
    DSCN8032.JPG
    109.7 KB · Views: 399
  • DSCN8031.JPG
    DSCN8031.JPG
    103.3 KB · Views: 383
Top