Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Free State / Natal Escarpment ride  (Read 2689 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 656
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Free State / Natal Escarpment ride
« on: February 13, 2019, 02:26:47 pm »
Dagse aan al die honne en honinne

Hierdie is die verhaal van 'n familietjie op 'n besonderse nuwejaars trip op die Vrystaat/Natal grens. Jammer, ek skryf dit in Afrikaans omdat dit my hartstaal is. En hierdie was 'n trip vir die hart en siel. Ek sal bietjie vertaal as iemand mooi vra.

Iewers in middel September bel my swaer Gerhard my. Dis so 10 dae na afloop van die Marico bash en die vent het bike ry op die brein. Hy vertel my van hierdie idee om in Desember vir Alida (sy vrou) op haar eerste bike trip te neem. Hy sÍ hy's lus vir die versameling eskarpement-passe tussen Memel en Oliviershoek. Hy noem Normandien, Collings en De Beers passe. Hy reken dit sal kalm genoeg wees om nie Alida verewig weg te skrik van motorfietsry nie. Ek antwoord met 'n glimlag dat ek van die plan hou en dat ek bietjie die plek van bo af (Google Earth) sal bekyk en terug kom na hom toe.

Ons groet, ek sit die slimfoon neer en dadelik het ek my bedenkinge. Ek vertel vir Magdaleen van haar broer se idee en hoe ek reken die toer gaan 'n grondpad besigtigingsrit wees, aangesien Alida basies vir die eerste keer gaan grondpad ry op die trip. Hierdie klink toe nie vir my verskriklik opwindend nie, maar ten minste gaan ons bietjie wegkom uit die geraas van die stad (inruil vir die geraas in 'n helmet). Ek laat die skedule bietjie in my agterkop broei vir so paar weke.

Intussen het @Namakwalander in begin Oktober besluit om sy Honda XR250 Tornado te verkoop en ek lees dit gelukkig eerste raak en dÍps dit vir Alida. 'n Paar opgewonde gesprekke later toe laai ek vir Gerhard agterop Dassie en ons gaan haal Willie se rooi perd. Dit was 'n Maandag. Dit was 'n goeie Maandag.

Met trots lig ek u net in dat Alida vir die eerste keer 'n motorfiets gery het daardie volgende naweek (13 Okt 2018). Sy en Gerhard het amper elke naweek gaan oefen in 'n stukkie veld naby hul huis. Op 17 Desember het hulle vir 'n klein trippie Breedtsnek gaan op en af ry. Dit was meer interessant as wat hulle verwag het, maar Alida het met 'n allemuntige glimlag terug huis toe gery.


Oefenritte voor die tyd



Nuwe kit, sprockets en wille bande



Alida en Gerhard se inhuldigingsrit

So aan my kant moes ek twee dinge reg kry, naamlik die roete uitwerk en 'n motorfiets trailer bou vir die trip. Ek sou met my Dakar tot by ons ander swaer Pieter ry en my skoonouers sleep Gerhard en Alida se fietse op my trailer... Klink vir my ek het die kort ent getrek.

Ek het gelukkig genoeg tyd gehad om die roete uit te werk. Ek het op www.mountainpassessouthafrica.co.za gelees van 'n paar kleiner passe op privaat grond in die area en nadat ek navraag gedoen het op Wilddogs (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=230265.msg4149036#msg4149036) en bloot rond te bel in die Newcastle area het ek uiteindelik by die regte boer uitgekom, Stefan Lombard. Toe ek hom uiteindelik kon raak bel, toe gesels ons vir net meer as 'n uur oor die moontlikhede in die omgewing. Hy stuur toe 'n ruk later vir my 'n klomp name en nommers en ek begin die voelers uitsteek. Om 'n lang storie kort te maak sit ons toe met teveel moontlikhede vir een trip. Ons sal moet terug kom vir die res. Perfek!

So die beplande roete was soos volg nadat ons tussen akkommodasie gespring het.

Dag 1- Van Bethlehem tot by Chelmsford dam:
Grondpad tot by Harrismith, met die treinspoor langs tot by Swinburne en van daar tot bo op Collings pas. Af met Collings en slaap by Chelmsford dam.
Dag 2 - Rogers pas:
Die eskarp op met Rogers pas, al langs die eskarp oor Keays pas tot by Normandien pas se bo-kant. Dan aan die Vrystaat se kant ry tot by Moorfield farm aan die bo-kant van Mullers pas. Dalk nog 'n loop ry van Sak se Pad en Donkies pas indien ons genoeg lig
Dag 3 - VÍr dag tot by Geluksburg:
Normandien af, klap grondpad suid tot by Besters. Neem die treinspoor pas op tot by Van Reenen en dan met treinspoor na Swinburne. Van daar na Tintwa pas en dan af met Sandspruit pas tot in Geluksburg.
Dag 4 - Speel dag:
Bezuidenhoudts pas op en Retiefs pas af. Op met Oliviershoek en slaap langs Sterkfontein dam.
Dag 5 - Langer pad tot by Bethlehem en terug Pretoria toe.

Die eintlike roete het so bietjie verander, maar die goeie dele het gelukkig behoue gebly. Julle sal moet wag en sien

Die toerlede:

Alida en Gerhard - @Advocado  en @Gerrie109




Pieter - @Piet




Dickie (ek) en Magdaleen - @Dunnes en @DieDame




Gelukkig werk dinge so uit dat ek vir my suster 'n klomp goed in Bethlehem toe trek. Dus kon ek toe sommer vir Dassie saam met haar pakkaas laai.


Dassie veilig weggesteek iewers daarbinne

Gerhard en Alida se fietse is gelaai. Ek en Magdaleen was reeds in Clarens om 'n verjaarsdag te vier.




En so begin dit.
« Last Edit: March 05, 2019, 07:00:14 am by Dunnes »
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 656
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #1 on: February 13, 2019, 02:29:14 pm »
.
 

Offline BullFrog

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Gauteng
  • Posts: 759
  • Thanked: 29 times
  • Previously Naartjie
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #2 on: February 13, 2019, 02:32:04 pm »
Lekker Dickie!!!

Jy het 'n lekker skryfstyl...

Wag vir die res....
'70 Triumph Bonneville 650 T120, '84 Honda VF 1000 RE, '01 Yamaha YZ 250 N, '12 Honda XR 650 L, '14 Honda NC 750 X

If I REALLY wanted to ride a BMW, I would join the Tshwane Metro.
 

Offline Piet

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #3 on: February 13, 2019, 02:35:38 pm »
Ek het gewonder of ek dalk die draad namens julle moet oopmaak om bietjie druk uit te oefen, maar ek is bly om te sien die verslag gaan wel gebeur. Ek sal weer saamry - hierdie keer nie net vir die eerste dag nie!  :P
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 656
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #4 on: February 13, 2019, 02:44:49 pm »
Ek het gewonder of ek dalk die draad namens julle moet oopmaak om bietjie druk uit te oefen, maar ek is bly om te sien die verslag gaan wel gebeur. Ek sal weer saamry - hierdie keer nie net vir die eerste dag nie!  :P

Ja nee. Dit is danksy Eskom dat ek nou tyd kry hiervoor.
 

Offline Ri

  • Stray DR Collector
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,738
  • Thanked: 432 times
  • DR650 Admirer
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #5 on: February 13, 2019, 02:47:34 pm »
 :deal: :sip:
Tales of the Purple Turtles: Ride Reports
PROJECT SAS WILDEHOND III Contributions: R Snyman Capitec Savings Account 1545860511 Balance (2017/12/07): R3,190.23 - R1,600 for steel purchase
 

Offline Advocado

  • Newbie
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #6 on: February 13, 2019, 03:07:58 pm »
Jinne maar elke keer as ek aan die trip dink dan kry ek sommer Ďn groot smile!




Sent from my iPhone using Tapatalk
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,732
  • Thanked: 70 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #7 on: February 13, 2019, 04:28:23 pm »
Bliksem maar daai DR is mooi    8)    :o     :lol8:


sien baie uit hierna!!!!


 :ricky:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Man from Nam

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 729
  • Thanked: 6 times
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #8 on: February 13, 2019, 09:09:00 pm »
Kan nie wag vir die volgende aflewering nie, my agter end jeuk nou om weer n lekker trip te doen :sip:
Life is great LIVE IT!!
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 656
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #9 on: February 13, 2019, 11:26:52 pm »
Dag 1: Bethlehem tot Chelmsford dam


Bo: Ons roete vir die dag

Die oggend ry my suster vir my en Magdaleen van Clarens af tot by Pieter se huis net buite Bethlehem. Ek het 'n los magie ontwikkel die vorige aand, so hierdie gaan 'n langerige dag vir my wees. Vir my, asook vir Magdaleen natuurlik.

Vergewe ons asb, aangesien hierdie 'n uiters luukse toer vir ons was. Skoonma en pa het besluit (eintlik ingestem) om ons vaagweg te volg en sodoende die kampgoed en koue bier aan te ry. Hulle sou natuurlik 'n ander roete volg. Dit is darem wonderlik om 'n relatief ligte fiets so deur die berge te ry.


Bo: Hier is ons pakesels vir die toer. En Alida se tuisgemaakte gatsakkie deur Skoonma gemaak. Baie dankie julle!

Die oggend pak ons die fietse, asook die bakkie. Saam op die fietse is al ons gereedskap, reŽngoed en middagete. Ons kom maar laat weg, maar ons glo ons sal die volgende dae baie vroeŽr kan wegkom. As ons maar net toe geweet het...


Bo: Dis darem 'n uitstekende gevoel om jou helmet op te sit en te weet die volgende paar dae is dit jy en jou esel met jou gedagtes.

Tydens die eerste paar kilometer wonder mens altyd of die pas te vinnig of te stadig is. Ons het so 60km/h gehandhaaf op die beter stukke. Pieter het ons gelei deur die sandsteen koppe noordoos van Bethlehem. Baie mooi, maar die sinkplaat pad het diť van ons wat knoppiesbande opgesit het laat wonder of ons die regte besluit geneem het. Gerhard was veral bietjie bekommerd, terwyl ek lekker ge-anker was. Maar ons sou die volgende dag baie bly wees oor ons besluite.


Bo: Pieter neem 'n paar aksie fotos. Die gees loop hoog!


Bo: Hulle lyk heel gelukkig, ondanks die sinkplaat.


Bo: Groepsfoto. Ons vergeet altyd om te neem voor mens wegspring.

Die sinkplaat pad het binne 30km van Bethlehem sy tande begin wys. Ek moes maar kort-kort 'n draai loop as ons by 'n kruising of iets kom. Soos wat Gerhard sy DR se voorkant uitgesort het, sien ek met my terugkoms van my "wandeling" dat sy nommerplaat ook wil afklim. Dis nie 'n goeie begin nie...


Bo: Gerhard maak goeters vas wat wou los. Magdaleen kyk graag toe op die naat van haar rug. (deur Pieter)

So 20km nadat ons roete met die R57 kruis, kom ons by 'n staal brug waar ons die Elandsrivier kruis. Vir ons is dit eintlik spesiaal aangesien baie van ons al naby sy oorsprong was waar hy oor die Lesotho grens val as Namahadi valle. Net 'n entjie verder kruis ons die Wilgerivier wat ons heel dag sou volg tot by Collings pas. Ek vind dat as jou roete 'n rivier volg, voel dit sommer reg. So asof dit bedoel is om so te wees. Dit voel soos reis met rugraat.




Bo: 'n Ware groepsfoto (deur Pieter)

In Harrismith aangekom, stop ons by die verskriklike Engen garage en pak ons goed uit. Ek loop weer 'n draai en Magdaleen bestel 'n yslike muffin.  Die ander twee bestel koffie, maar ek geniet my coke soos wat ek my skoonma belowe het vroeŽr die oggend. Dit was rondom 2pm en ons het begin wonder of ons die stukkie spoorpad langs die Wilgerivier tussen Harrismith en Swinburne moet systap, maar gelukkig sit Alida haar voet neer. Sy weier. Dankie tog. Ek hou nogal van my skoonsus.


Bo: Dis duidelik wie die sieklike is tussen die lot.

Uit Harrismith ry ons deur die oostelike industriele gebied om aan te sluit by die spoorlyn pad. Dit is 'n baie mooi stukkie spoorweg dienspad van so 23km lank wat langs die Wilgerivier loop. Dit was nou 'n verrassing. Prentjie mooi. Op 'n punt klim die paadjie oor 'n bult waar die rivier die berg begin weg kolwe het. Dit bied 'n baie mooi uitsig. Pieter het dit gelukkig vasgevang.


Bo: Pieter stop vir 'n uitsig foto. Kyk mooi vir die ander drie fietse. Pieter vang darem vinnig weer op.


Bo: 'n Paar hekke en 'n bruggie teŽgekom.


Bo: Hierdie toneel herinner my aan Koos Kombuis se Kytie hoe sy met die bure se familie oor die draad baklei.


Bo: Verder die Vrystaat in. Valiant Swart sing mos "dan gaan bly ons op daai plaas langs die goue rivier."

Draai asb die kasset om vir deel 2.


« Last Edit: March 05, 2019, 07:00:59 am by Dunnes »
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 656
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #10 on: February 13, 2019, 11:27:09 pm »
In Swinburne aangekom, gooi ons petrol in. Na daardie uitstekende stukkie tweespoor is almal baie gelukkiger. Voor Harrismith was ons effens verwaai op die sinkplaat. Van hier af is al die paaie vir ons almal nuut.


Bo: Kan dit wees dat die beton systene gemakliker is as ons fietse se kussings?

Uit Swinburne uit klim ons op die S790 wat noord loop. Goeie paaie waar ons lekker wyd kan kyk as jy oor die bulte kom. Ons stop so 15km verder by 'n kruising met die pad wat De Beers pas toe loop. Ek verkyk my na die rooi regop paaltjies wat die enigste aanduiding van Transnet se Multi-product pyplyn is wat petrol van Durban na Gauteng toe pomp. Dit herinner my aan wat my hidroulika prof eenmaal gesÍ het: "Jy kort 'n goeie selfbeeld om in pyplyne te werk. Mense sal jou nooit komplimenteer oor jou werk nie, want niemand kan die goed sien nie." Met daardie vreemde gedagte trek ons weg.

Tot by hierdie kruising was die pad oop en vinnig. Hoe dieper ons die Oos-Vrystaat inry hoe dunner word die pad, totdat hy 'n tweespoor word op plekke. Hoe nouer, hoe beter.


Bo: Darem maar mooi (Foto deur Pieter)


Bo: Magdaleen skiet 'n paar vreemde rotsformasies sommer uit die heup uit.

Soos ons dieper die Vrystaat inry verander die omgewing effens. Op plekke sien ons selfs klein stukkies inheemse woud in die klowe. Ons ry immers eskarpement toe. Ooral sien ons plaaswerkers wat bloots op hul perde ry. Hulle groet vriendelik met 'n wuif oppad om beeste bymekaar te maak, waarna ons graag terug wuif.


Bo: Vinnige blaaskans vir man en masjien (Foto deur Pieter)



Toe ons die afdraai na Collings pas bereik, toe merk Alida op dat haar ketting baie raas. Ons besluit om ons middagete (teen 17:00, gits) daar te geniet en die probleem te ondersoek. Nadat Gerhard die ketting bietjie stywer gestel het, toe stel hy voor ons haal die voorste sprocket cover af om die modder uit te kry. Met die afhaal kry ons 'n klip so groot soos 'n R5 wat nog heeltyd ronddans tussen die enjin en die ketting. Gelukkig was die klip van sandsteen en nie iets harder nie. Dit kon 'n ramp geword het.


Bo: How many bikers does it take?


Bo: Ek wonder watter gedagtes loop nou deur die man se hoof?

Dit is op hierdie punt wat Pieter moes groet. Hy het teruggekeer Bethlehem toe, maar darem langs nog mooi paaie. Ek het hom nog nie gevra nie, maar hy is seker by Verkykerskop verby. Pieter, dankie vir die mooi fotos. Volgende keer maak ons weer so.

Reg, ons draai oos en bereik sommer vinnig Collings pas se bopunt. Dit is 'n maklike Corolla pas, maar ons almal is meteens dat die oppervlak seepglad sou wees indien dit so duim of wat gereŽn het. Terwyl ons stop om die uitsig te geniet, besef ek dat hierdie die wÍreld is waarvoor ons gekom het. Hier lÍ 'n baie lekker tyd vir ons voor.


Bo: Stop vir 'n laaste uitsig.


Bo: En dan sommer een van Dassie.

Van die onderpunt van die pas, kies ons koers Noord. Die grondpaaie is baie mooi en baie goed. Die Sondagsrivier pas was mooi met 'n paar skerp en steil haarnaald draaie. Dit begin nou al goed donder word en ons moet nog die dam haal voor hulle die hekke sluit. Ons het geen idee hoe laat hulle sluit nie, maar in sal ons in.

So net voor 7pm ry ons die kampplekkie binne. Die aand braai Gerhard en Alida vir ons 'n smullekker ete. Baie goeie eerste dag, sou ek sÍ.
« Last Edit: February 13, 2019, 11:52:53 pm by Dunnes »
 

Offline Oubones

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 2,863
  • Thanked: 388 times
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #11 on: February 14, 2019, 04:45:02 am »
Dit is nou lekker ry hierdie!
Lyk asof julle sommer baie pret het, omgekrapte maag en al.
Dakar 650
KLR650
 

Offline Piet

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #12 on: February 14, 2019, 08:30:43 am »
....
Dit is op hierdie punt wat Pieter moes groet. Hy het teruggekeer Bethlehem toe, maar darem langs nog mooi paaie. Ek het hom nog nie gevra nie, maar hy is seker by Verkykerskop verby. Pieter, dankie vir die mooi fotos. Volgende keer maak ons weer so.

Net so - ek het die reguitste lyn moontlik getrek huistoe om die skemer en die reŽn te probeer wen! 'n KLR is nou maar eens nie gemaak vir 120 km/h op 'n teerpad nie.  :lol8:
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline Mikie

  • Kyalami - Jozi
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,935
  • Thanked: 99 times
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #13 on: February 14, 2019, 08:33:30 am »
Ek ry nou saam  :ricky:

Gooi Mielies!!!!
:paw:

Pronounciation:
M-aai-kie
My-Key
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 656
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #14 on: February 14, 2019, 09:32:57 am »
....

Net so - ek het die reguitste lyn moontlik getrek huistoe om die skemer en die reŽn te probeer wen! 'n KLR is nou maar eens nie gemaak vir 120 km/h op 'n teerpad nie.  :lol8:

Dis waar, maar ook nie. Ek onthou 'n keer toe ons van die Wolkberg af terug jaag teerpad langs wat daar twee 800GSe en my Dakar agter daai swart monster gehaak het. Ons het gewikkel en dit was nog sonder jou groter piston.
Maar ek stem saam, dis glad nie lekker nie. Ek voel my fiets se gemaklike spoed is so 100km/h
 

Offline Edgar

  • The ultimate
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 2,686
  • Thanked: 140 times
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #15 on: February 14, 2019, 10:02:40 am »
Dunnes, dit lyk na 'n lekker avontuur wat julle gehad het :thumleft:

PS: My Dakar ry ook die lekkerste so teen 100km/h  ;D
 

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,826
  • Thanked: 37 times
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #16 on: February 14, 2019, 11:38:11 am »
Subscribe!! Gooi Dunnes
ďDonít go where the path my leadÖ  Go instead where there is no path and leave a trailÖĒ ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,732
  • Thanked: 70 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #17 on: February 14, 2019, 11:46:26 am »
Lekker julle, ek geniet, baie dankie!

Daai KLR van Piet is darem n staatmaker!!   :ricky:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Lou1

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #18 on: February 14, 2019, 12:19:02 pm »
 :thumleft: :thumleft:
 

Offline ROOI

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 990 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 3,246
  • Thanked: 16 times
  • XR650R YZ 250 2t WR AKA Red Rider
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #19 on: February 14, 2019, 01:24:24 pm »
Nice  :thumleft:
FTS