Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Free State / Natal Escarpment ride  (Read 2684 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 651
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #40 on: April 25, 2019, 10:20:11 am »
Na 'n noodsaaklike middagete pak ons die laaste gedeelte van Keays pas aan. Dit bly klei-modderig, maar ten minste nie meer so steil nie. Die uitsig is besonders en die mis lig vir 'n oomblik om Rogers pas, ons beginpunt, te wys. Bo-op die pas is dit weer 'n nuwe stukkie wreld wat voor ons l na die noorde.


Bo: Gerhard doen vinnig inspeksie.



Bo: Vet pret


Bo: Gerhard arriveer bo-op Keays pas


Bo: Doer in die vrte loop Rogers pas op. Pragtige inheemse woud bedek die eskarp se hange.


Bo: Vinnige gesinsvergadering voor ons aan beweeg.




Bo: Die volgende bult se uitsig word ook waardeer. Dis glad nie so plat hier bo nie.

Die ren het intussen opgehou, wat ons reis net beter maak. Ons volg die pad, wat nou 'n nuutgeskraapte pad geword het, deur een of twee stroompies en draad hekke totdat ons by 'n hek arriveer wat gesluit is. Soos oom Dawid verduidelik het, kan mens sien waar die boere die regop pale uittrek en dan oor die draad ry. Ek pak 'n paar plat klippe oor die hakkiesdraad, maar Gerhard reken ek doen dit verniet. Hier geniet ons weer die afgrond uitsig.




Bo: Gerhard lyk baie gelukkig met hekke toemaak. Ek dink hy hou daarvan om dan te jaag om by te kom. Ek mag verkeerd wees


Bo: Al langs die eskarp. Aan die regterkant sien ons Normandien pas se uitloper.


Bo: Aan ons weste kant staan Mont Pelaan met sy bles in die wolke.


Bo: Nadat ons die draad gespring het, hoor Gerhard iets vreemd...


Bo: Dis ongelooflik hoe ons paadjie vir lang dele reg langs die afgrond loop


Bo: Eers 'n groepfoto. Ek moet erken dat ek effens bekommerd was oor weerlig.

Ons klim weer op en so kilometer verder kom ons op 'n mooi klofie af en ek kan nie die fotogeleentheid weerstaan nie.


Bo: Gerhard, ek dink ek weet wat jy dink hier bo - Ek sien uit dat Magdaleen ook haar eie fiets kry.


Bo: Ek maak baie seker ek weet waar is die voorrem


Bo: Wat 'n voorreg!

Ek tru weg van die krans af en ons volg die laaste 1.5km tot by Normandien pas. Hier moet ons weer 'n hek spring om op die pas te kom. Van hier af draai ons wes en volg ons die pad noord na Memel se rigting. Die plase in die vallei is prentjie mooi en ek moet net dophou dat ek nie 'n te diep waterplas tref nie. Na so 15km draai ons oos in die rigting van Mullers pas. Naby Mullers pas het die pad seepglad geword waarby ek moes kophou. Net voor die bo-punt van Mullers pas, draai ons in by Moorfield farm waar ons mede kampers ons inwag.

More mik ons weer suid.
« Last Edit: May 01, 2019, 03:34:03 pm by Dunnes »
 

Offline OomD

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #41 on: April 25, 2019, 10:42:04 am »
Sjoe, hierdie verslag lees net so lekker soos wat jy geskryf het. Dankie vir die deel, dis uitstekende inspirasie!
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,732
  • Thanked: 70 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #42 on: April 25, 2019, 11:18:00 am »
verskriklik mooi, dankie Dunnes   :thumleft:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Lou1

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #43 on: April 28, 2019, 01:07:07 pm »
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:
 

Offline Wooly Bugger

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Buell Ulysses XB12
    Location: Europe
  • Posts: 8,614
  • Thanked: 176 times
  • DILLIGAF?
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #44 on: April 29, 2019, 03:46:16 pm »
Mooi fotos @Dunnes
 

Offline MRK Miller

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #45 on: April 29, 2019, 10:37:38 pm »
Dagse mense

Piet het my bietjie op die vingers getik. Hier kom die res van dag 2. Dit was 'n belewenis

Dankie Piet
Op God vertrou ons vir wysheid om Sy wil te aanvaar
 

Offline MRK Miller

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #46 on: April 30, 2019, 01:33:13 am »
Awesome uiteindelik :ricky:. Ek wil ook nog daar gaan verken. Mag jy daai boere se nommers deel of nie. Hoop nou nie ons wag weer so lank vir dag drie nie. Netnou vergeet jy iets :laughing4:
« Last Edit: April 30, 2019, 01:36:33 am by MRK Miller »
Op God vertrou ons vir wysheid om Sy wil te aanvaar
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 651
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #47 on: April 30, 2019, 09:32:01 am »
Awesome uiteindelik :ricky:. Ek wil ook nog daar gaan verken. Mag jy daai boere se nommers deel of nie. Hoop nou nie ons wag weer so lank vir dag drie nie. Netnou vergeet jy iets :laughing4:

Mark, ek sal vandag of more die betrokke boere skakel en by hulle uitvind of ek hulle nommers kan uitdeel. Dit is natuurlik privaat grond. Let asb dat daar klein gedeeltes van ons dag 2 was waar ons op die Vrystaat boere se grond was. Ons het "toestemming" by die Natal boere gekry, maar eintlik net omdat hulle nie lekker oor die weg kom met die Vrystaat ouens nie oordat hulle hul hekke sluit.

Ek sal dan die roete file oplaai met al die boere se nommers en details in.
 

Offline MRK Miller

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #48 on: May 01, 2019, 09:02:40 pm »
Awesome uiteindelik :ricky:. Ek wil ook nog daar gaan verken. Mag jy daai boere se nommers deel of nie. Hoop nou nie ons wag weer so lank vir dag drie nie. Netnou vergeet jy iets :laughing4:

Mark, ek sal vandag of more die betrokke boere skakel en by hulle uitvind of ek hulle nommers kan uitdeel. Dit is natuurlik privaat grond. Let asb dat daar klein gedeeltes van ons dag 2 was waar ons op die Vrystaat boere se grond was. Ons het "toestemming" by die Natal boere gekry, maar eintlik net omdat hulle nie lekker oor die weg kom met die Vrystaat ouens nie oordat hulle hul hekke sluit.

Ek sal dan die roete file oplaai met al die boere se nommers en details in.


Dankbaar vir jou moeite. Wag in spanning op die res. Jou foto's is awesome, en lekker baie, en jou vertel lekker. Daai pop op die 250, gaan nog draaie om julle ry :ricky:.
En dag almal s altyd die boers moet saam staan
Op God vertrou ons vir wysheid om Sy wil te aanvaar
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 651
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #49 on: May 01, 2019, 10:10:11 pm »
Dag 3

Vanoggend word ons wakker by Moorfield farm met redelike goeie weervooruitsigte. Dit is totaal bewolk, maar dit lyk asof die ren van die vorige nag vir eers verby is. Dit beteken wel dat die paaie in die omgewing seepglad kan wees. Die vorige aand het van die ander kampeerders vertel hoe glad Mullerspas was en met daardie raad besluit ons om met Normandien pas die Vrystaat te verlaat.

Vandag moet ons tot in Geluksburg ry, so dis n redelike entjie. Oom Stefan Lombard het vir my n sleutel gegee vir n padjie wat deur n paar plase loop tussen Moorfield farm en die bo-punt van Normandien pas. Die pad loop eskarp langs direk tot by Normandien pas, waar die grondpad van gister deur die vallei na die weste loop. Ons daal dan met Normandien pas tot in Natal en volg die grondpaaie suid en dan suid-wes waarts om met die Van Reenen trein-pad op te gaan en weer met Middledale pas af te gaan tot in Geluksburg. Vandag se roete is heelwat langer en minder tegnies as dag 2, aangesien ons nogal kilos moet insit om in Geluksburg te slaap. Mens kan seker nie elke dag sukkel nie of hoe?


Bo: Vandag se roete. Edit: Dit is eintlik dag 3 se roete

Die oggend het ons heerlik rondgel, ontbyt geet en gesels oor gister en wat vandag voorl. Soveel so dat ons eers 11uur finaal opgesaal was. Hierdie is besig om n trant te word op ons toer. Nog voor ons uit Moorfield farm se hek is, draai ons suid om oom Stefan se pad te volg. n Kort klim bring ons op grasvlaktes wat al langs die Ncandu natuurreservaat (aan die Natal kant van die afrond) l. Blykbaar was daar n staproete in die reservaat n klompie jare gelede, maar dit is iets van die verlede. Ons volg die vloeiende tweespoor deur n paar hekke tot by die eerste hek wat ons toegang weier deur middel van n kwaai bordjie. n Vinnige oproep na oom Stefan voorsien rus aan my siel en ons beur voort.


Bo: Die wolke maak n baie mooi prentjie




Bo: Die kwaai bordjie hou ons op vir n wyle

Ons reis verder oor die grasvelde, verby lewende hawe, wolkgepakte uitsigte en soos ons nader aan Normandien kom, sien mens die klein klofies wat Oom Stefan my van vertel het. Hy huur grond hierbo vir sy beeste en het ons aangeraai om met een van die klein padjies daar af te ry om n waterval te sien. Na n vinnige foto na links hou ons daardie plan vir n volgende keer.




Bo: By hierdie vallei af wag daar n waterval vir volgende keer.


Bo: n Gedugte span


Bo: Om so huisie eendag te h...


Bo: Voor ons ren dit bietjie

Ons arriveer by ons laaste hek waar ons oom Stefan se sleutel moes gebruik. Hier rek ons bene voor ons die grens kruis tot op Normandien pas. Voor ons met hom daal, gaan loer ons net eers by Die Ark, n uitkykpunt wat oor die eskarp uitkyk. Definitief n stop werd. Dit was wonderlik om ons roete van gister te bespiegel en te bekyk, asook om net bietjie in die dieptes in te tuur.


Bo: Bene rek


Bo: Soos n skaaphond wat net agter sy baas se bene wag vir instruksies


Bo: Die laaste hek


Bo: Die Ark uitkykpunt


Bo: Van hierdie punt kon ons groot dele van ons roete van die vorige dag sien


Bo: Gerhard in sy bekende romeinse rusposisie


Bo: Daai ren kom al hoe nader. Asof dit saak maak


Bo: Ek is op my gelukkigste wanneer ek die wreld van n hoogte kan aanskou

Draai die kassette om vir deel twee...
« Last Edit: May 07, 2019, 10:03:51 am by Dunnes »
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 651
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #50 on: May 01, 2019, 10:10:35 pm »
Res van dag 3:

Halfpad af met Normandienpas, kom n paar motorfietsryers van voor met die pas op. Die voorste een klim van sy gevaarlike KTM 690 af, waar ek hom mos herken as Bruce. Ons het een maal van tevore n dagrit gedeel in Rust de Winter se omgewing. Hulle was n groep van so 5 ouens en n bakkie wat die omgewing plat ry. Met die gesels besef ek dat hulle die rede is hoekom ons nie die vorige nag by Kamp Skeurklip kon plek kry nie. As ek geweet het Bruce kamp daar, sou ek hom gevra het of ons sommer kon deel. Soos hulle aanry merk ek dat almal van hulle se fietse gister se modder met meer gemak sou kon aanpak. Maar nou ja Dassie, vir nou is jy n staatmaker.


Bo: Bewyse

Aan die voet van Normandien, draai ons suid om die sleutel aan Oom Stefan terug te besorg. Ons gesels en lag lekker oor die vorige dag se sports, groet en val in die pad suidwaarts.

Intussen het dit so plek-plek begin ren, maar die grondpaaie het nog heel veilig gevoel. Na n ruk kruis ons die Sondagsrivier met sy klein pas, waarna ons n ent verder wes draai Collings pas se rigting. Die pad begin kronkel en net voor die pad regs draai om deur n driffie te ry, verander die grondpad in n seepglad modderspul. Dassie voel ewe skielik bitter onstabiel onder my en ek begin die stoel vasknyp met my fondament, soos Tolla sou s. Ek was in die middel van die pad, wat redelik steil gekantel het na regs om die regsdraai, met Gerhard en Alida wat slim genoeg was om links te hou. Soos die kantel al steiler word, mik ek na die laagste deel aan die regterkant van die pad, maar voor ek dit kon keer, gly die fiets onder ons uit en ek en Magdaleen kletter in die modder neer.

Ek het gelukkig redelik los van die fiets geval, maar Magdaleen se voet was onder die pannier rak vasgekeer. Na ek regop gestrompel het, klap ek die kill-switch en help om Magdaleen onder die fiets uit te kry. Gerhard het intussen kom help om Dassie weer regop te tel. Vreemd genoeg het die fiets na die regterkant toe omgeval. Magdaleen se voet was nie in gevaarlike pyn nie, maar haar sy was goed seer. Sy was nogal in pyn en as Magdaleen s dis seer, dan weet jy dit is vrek seer. Ek was gelukkig dat net my linker knieg seer was waar ek die stuurstang getref het. Dassie se wonde was minimaal, net n gebreekte spieltjie, voorrem hefboom wat afgebreek het asook die stuurstang wat gebuig het.

Na n rukkie van rustig rondstaan, sien ons hoekom die pad in net twee dae se tyd so gemors geword het: Die boer het al sy beeste in die ren oor hierdie pad van een kamp na n ander so 200m oorgeskuif, waarna die mis en die klei n bedrieglike konkoksie gemaak het. Ongelukkig het ons nie enige fotos geneem nie, aangesien die toerfotograwe die onderwerp was van die petalje. n Mens onthou mos altyd eers na die tyd daarvan.

Ons stof (modder) ons af, klim toe weer op en trek weg, maar ek vat dit toe baie stadig sommer met altwee voete wat sleep. My vertroue het n behoorlike hou gevat. Gerhard en Alida het maar voor gery sodat ek my bene kan herwin. Gelukkig was die snotterige gedeelte net so 200m lank tot waar die beeste weer in die kamp ingejaag is. Daar verby ploeter ek toe stadig maar (nie so) seker aan - die ren het nou nie juis my vlak van vertrou versterk nie.

So 3 kilometer verder, net voor Collings pas se begin, draai ons weer suid. Die pad kronkel met een of twee skerp draaie; Dit was seker nie so skerp nie, maar my gebrek aan voorrem jaag vinnig spoke aan (knipoog). Na so 10 kilometer word dit n wyer grondpad. Hier maak ek bietjie die ketel oop en dit voel wonderlik. Hoe s die slim mense? Klim terug op die fiets.

Die adrenalien het nou al uitgewerk en die hongerpyne forseer ons o om plek te soek vir middagete. Op die teerpad skiet ons verby die Ingula kragskema sonder om af te draai, asook die afdraai na De Beerspas, waarna ons n paar minute later wes draai by Besters. So paar kilometer af met die grondpad op n bultjie stop ons onder n papierbas en pak middagete uit op die plat klip onder hom. Smul lekker en brood-nodig. Suid van ons wys die uitsig die Drakensberg se pieke. Die berge was wel in die wolke, maar ons weet hulle is daar. Ons reis gaan nie verder as hulle nie.


Bo: Heerlik gesellig


Bo: Gerhard het nogal n oog vir n los bout


Bo regs: n Regte Italian stallion Casanova hierdie

Ons het eers 16:00 van ons middagete uitspan vertrek en ek het geweet ons het heelwat tyd om op te maak. Die grondpad wat langs die treinspoor oploop is lekker vloeiend en ons ry lekker. Ek wou nog altyd hierdie pad ry en dit was pret om deur n tonnel te ry met my ligte af (jammer gogga).






Bo links: Ons dag se eindbestemming l agter die vrste rug. Bo regs: Ek wil nog n ander padjie kom probeer wat gedeeltelik in hierdie vallei afloop.

In die dorpie Van Reenen aangekom, soek ons n kroeg. En toe kry ons hom: die Green Lantern. Ons stap reguit kroeg toe verby die hotelgaste wat almal so deftig gekle was, maar besluit om die koue bier in die tuin te geniet. Die plek het so vreemde kontras gevoel gehad, iets tussen britse ordentlikheid en plattelandse eenvoudigheid, wat Magdaleen baie interesseer het.


Bo: En toe word ons (al lank al) dors. By die Green Lantern hotel.


Bo: Ons het veels te diep in daai tuinstoele gesit

n Bier of twee later (17:30 reeds) kies ons koers Noord al langs die treinspoor oppad Swinburne toe. Ek het hierdie tweespoor dienspad gevind op my digitale GPS kaarte, waar hy die titel dra van Harrismith-Swinburne MTB, wat natuurlik heel aanloklik klink. Daar was plek-plek gegrawe gate in die pad waar die kabels gesteel is om jou wakker te hou. Ons moes bitter mooi oplet om nie n voorwiel te laat vasval nie. Ongeveer 6km aan met die treinspoor dienspad loop ons onself vas in n brug.

Ek het nie hierdie sien kom nie. Ons bekyk die storie om te sien of ons onder n tonnel aan die anderkant kan kruis, maar nee. Gerhard gaan kyk of ons die rivier kan kruis iewers en hy rapporteer ook met slegte nuus. Al manier om te kruis is op die spoor self. Toe ek my GPS van nader beskou, sien ek dat die bergfiets spoor aandui dat mens op hierdie punt op die spoor moet ry. Dit sou doenbaar wees, maar ongelukkig is daar n draai net na die brug. Dit sal beteken dat jy die motorfiets van die spoor moet omstamp of iets soorgelyks as daar n trein kom en die brug was veels te nou vir sulke toertjies. Ons besluit om terug te draai, by Van Reenen petrol in te gooi en daar verder besluite te maak. Toe ons omdraai was dit reeds 18:00.


Bo: Ons omdraai punt. Die berg agter Dassie is Rensburgkop, n klimplek waar ek al menige male n tou gedeel het


Bo: Stert tussen die bene, die eerste keer op die toer.

Ons klap die 6km terug Van Reenen toe, waar ons by die vulstasie volmaak en n plan beraam. Aangesien Alida nie n lisensie het nie wil ons glad nie groot paaie ry nie, maar ons het ooreengestem dat ons hier bietjie snelweg sal moet ry om teen n redelike tyd in Geluksburg aan te kom. Ons besluit toe om met Van Reenen pas af te ry en dan die kortste pad te ry kampplek toe. So 4km vandat ons op die grondpad suid gedraai het, tref ons n stewige renbui en na n lang dag en n stukkie nag, ry ons in by Ginas.

Toe was hierdie dag glad nie so mak nie.
« Last Edit: May 01, 2019, 10:11:15 pm by Dunnes »
 

Offline Dunnes

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F650GS / Dakar
    Location: Gauteng
  • Posts: 651
  • Thanked: 37 times
  • Name: Dickie Talma
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #51 on: May 01, 2019, 10:19:24 pm »
Awesome uiteindelik :ricky:. Ek wil ook nog daar gaan verken. Mag jy daai boere se nommers deel of nie. Hoop nou nie ons wag weer so lank vir dag drie nie. Netnou vergeet jy iets :laughing4:

Mark, ek sal vandag of more die betrokke boere skakel en by hulle uitvind of ek hulle nommers kan uitdeel. Dit is natuurlik privaat grond. Let asb dat daar klein gedeeltes van ons dag 2 was waar ons op die Vrystaat boere se grond was. Ons het "toestemming" by die Natal boere gekry, maar eintlik net omdat hulle nie lekker oor die weg kom met die Vrystaat ouens nie oordat hulle hul hekke sluit.

Ek sal dan die roete file oplaai met al die boere se nommers en details in.


Dankbaar vir jou moeite. Wag in spanning op die res. Jou foto's is awesome, en lekker baie, en jou vertel lekker. Daai pop op die 250, gaan nog draaie om julle ry :ricky:.
En dag almal s altyd die boers moet saam staan

Dankie Mark. Vir die fotos is ek vir Magdaleen, @DieDame voor dankbaar.

Alida is 'n absolute champ. Sy staan vir niks terug nie. En dis haar eerste trip van die teerpad af, behalwe 'n Breedtsnek dagtrip.
Ek sou 'n ent wegstaan as jy haar as "pop" gaan groet. Jy sal moet koes.

Dis eintlik net die een boer wat moeilik is. Al die boere, selfs sy buurman in die Vrystaat sukkel met die ou. Ongelukkig is sy plaas, Kingston, op die ontmoetingspunt van drie passe.
 

Offline Malibu

  • Bachelor Dog
  • *****
  • Bike: KTM 640 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 11,046
  • Thanked: 29 times
  • Just a girl on a bike!
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #52 on: May 02, 2019, 08:22:17 am »
Bloody brilliant RR!  :)
They call me Judy or Judes...

You need chaos in your soul to birth a shining star!
 

Offline MRK Miller

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #53 on: May 04, 2019, 08:47:49 pm »
Awesome uiteindelik :ricky:. Ek wil ook nog daar gaan verken. Mag jy daai boere se nommers deel of nie. Hoop nou nie ons wag weer so lank vir dag drie nie. Netnou vergeet jy iets :laughing4:

Mark, ek sal vandag of more die betrokke boere skakel en by hulle uitvind of ek hulle nommers kan uitdeel. Dit is natuurlik privaat grond. Let asb dat daar klein gedeeltes van ons dag 2 was waar ons op die Vrystaat boere se grond was. Ons het "toestemming" by die Natal boere gekry, maar eintlik net omdat hulle nie lekker oor die weg kom met die Vrystaat ouens nie oordat hulle hul hekke sluit.

Ek sal dan die roete file oplaai met al die boere se nommers en details in.


Dankbaar vir jou moeite. Wag in spanning op die res. Jou foto's is awesome, en lekker baie, en jou vertel lekker. Daai pop op die 250, gaan nog draaie om julle ry :ricky:.
En dag almal s altyd die boers moet saam staan

Dankie Mark. Vir die fotos is ek vir Magdaleen, @DieDame voor dankbaar.

Alida is 'n absolute champ. Sy staan vir niks terug nie. En dis haar eerste trip van die teerpad af, behalwe 'n Breedtsnek dagtrip.
Ek sou 'n ent wegstaan as jy haar as "pop" gaan groet. Jy sal moet koes.

Dis eintlik net die een boer wat moeilik is. Al die boere, selfs sy buurman in die Vrystaat sukkel met die ou. Ongelukkig is sy plaas, Kingston, op die ontmoetingspunt van drie passe.


Jammer Magdeleen. Vir n oomblok indie geskryf jou naam vergeet, en daarwas nie tyd vir terug blaai nie. @dames. Jou fotos is awesome. Regtig voortreflike uitsigte daar. Jammer dat dit waar drie passebymekaarkom juis aanso iemand behoort, maarnou ja
Op God vertrou ons vir wysheid om Sy wil te aanvaar
 

Offline MRK Miller

Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #54 on: May 18, 2019, 05:15:08 pm »
Is die report nou klaar, of is daar fout. Hoop nie jy sit weer op n berg vas nie :biggrin:
Op God vertrou ons vir wysheid om Sy wil te aanvaar
 

Offline Mikie

  • Kyalami - Jozi
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,915
  • Thanked: 98 times
Re: Free State / Natal Escarpment ride
« Reply #55 on: May 20, 2019, 08:02:40 am »
Holy Cow its green out there.

Your photo



August 2015....



« Last Edit: May 20, 2019, 08:05:02 am by Mikie »
:paw:

Pronounciation:
M-aai-kie
My-Key