En die bittereinder-avontuuriers het Retiefklip, Kaalvoet vrou besoek om die “alles teer pad” via Verkykerskop, Memel via Villiers huis toe…
Retief Klip
Vanaf 19 Oktober 1837 het Piet Retief se trekgeselskap stuksgewys met die Oliviershoekpas die Drakensberg begin uittrek. Die trekgeselskap het links van die Oudebergspruit teen die berghelling uitgetrek totdat hulle hoog teen die berg 'n fontein bereik het, naby die huidige Retiefklip, waar hulle uitgespan het. Erasmus Smit het die rant Kerkenberg genoem omdat dit hom aan 'n kerk of 'n plek van godsdienstige byeenkomste herinner het. Piet Retief het gedurende dié tyd sy eerste besoek aan koning Dingane afgelê, om oor die moontlikheid om grond vir die Voortrekkers te bekom, te onderhandel. Op sy 57ste verjaarsdag (12 November 1837) het sy dogter, Debora Retief, haar vader se naam en die datum hier op 'n oorhangende rots met groen verf geskryf. Die ander name wat op dié rots aangetref kan word, is dié van die Bethlehemse kommando wat op 10 Oktober 1899, met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog, die Oliviershoekpas beset het.