Versekering en ABS

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Twinman

Pack Dog
Joined
Sep 16, 2012
Messages
348
Reaction score
23
Location
Western Cape
Bike
BMW R1200GS
Die ABS pomp van my 1200GS het gegaan. Siende dat dit blykbaar 'n duur spulletjie is om te herstel, het ek besluit om vir eers sonder ABS te ry. Aangesien ek die fiets as 'n full spec bike verseker het, het ek my versekeringsmaatskappy ingelig dat ek vir eers sonder ABS gaan ry. Hulle antwoord toe dat ingeval van 'n ongeluk ek sal moet bewys dat dit nie voorkom kon gewees het sonder ABS nie. Andersins gaan hulle nie uitbetaal nie. Ek was nogal geskok daaroor en het besluit dan moet GS maar eers staan. Gelukkig is hier iemand wat kan kyk. Hopenlik is dit nie te erg nie. Weet nie of alle versekeringsmaatskappye dieselfde doen as myne nie. Hulle sê hulle hanteer die ABS geval as dieselfde ad wanneer jy met gladde bande ry en dan 'n ongeluk maak. Maak mens nogal bekommerd, want op grondpaaie het ek nog altyd die ABS afgesit. Enige idees van julle kant?
 
Top