Ok, ek nog net bls 1 en 2 gelees.en meestal/baie is waar. Ek gaan omtrent NOOIT na die Planning en Ride afdelings. Om die waarheid te sê ek gaan maar net na die tegniese freds.
Hoekom? EK HET NIE TYD NIE. Ek doen nie die Facebook/Pintrest ding. Ek doen amper nie eers die Watsup ding - net uit nood moet ek. Ek het hopeloos te veel ander dinge wat 'net so lekker' is.
Met meer as 50 000km se trips reg oor SA het ek nog altyd gewonder wat om met die magdom video's te maak behalwe om ure aan editing te spandeer.
EN TOE DIE VRAAG. Hoekom neem ek dan die trip af as ek niks daarmee doen? As ek eendag oud is wil ek weer daarna kyk. En hier was die probleem. My sig mag miskien so wees dat ek nie kan lees. Die 'medium' mag nie meer beskikbaar wees (Wat het van mixit geword?) Aan die einde het ek besluit om nie aan enige vorm van sosiale media gekoppel te wees maar nog my wedervarings te deel. En ek verwag GEEN komentaar, soms wil ek nie eers komentaar he nie want dan moet ek dit antwoord of the persoon dink ek is snaaks/windgat ens.
Ek het toe op finaal besluit die video opsie kan werk. Dit het GROOT finansiele en tyd belegging gekos. My video metode maak editing nou baie vinnig en maklik teenoor toe ek begin het. Die laaste trip video van 3.5 minute het 2 uur geneem. Dit sluit my navorsing in oor hoe om die klank te doen. Hoe meer ek van die editing program weet hoe vinniger gaan dit gedoen kan word. Dit is nogal redelike moeite maar ek geniet dit net soveel as om die trip voor te berei.
MAAR ek moet se daar is niks so lekker om weer na 'n trip te kyk en weer te geniet. Ek laat hulle sommer speel terwyl ek kosmaak.
Hoekom post ek nou my trip video's hier? Miskien is daar iemand wat 5 minute af kan staan en sê "bliksem dit was interresant, ons moet dit ook probeer ry" En as dit nie so is nie het hulle darem 'n deel van ons land UIT MY OOG gesien, maak nie saak hoeveel hulle dit uit 'n ander se oog gesien het nie.
Vir die wat die RR's plaas, hou aan. vir die wat dit lees, hou aan. Ons lewe net een keer en kan net een keer droom oor wat ons wil/kan/gaan doen voor ons ouetehuis toe gaan en dan terugdink aan ons lewe.
My lewens motto: 'ek sal arm doodgaan maar ryk aan ondervinding lewe'
Adie