Man, gaan sommer in jou Hel in

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Dalk kom dit nie deesdae so voor nie, maar eintlik het ek erge jukvoete.  As ek ’n pad sien wat interressant lyk dan sal ek hom graag wil gaan ry en sien waar eindig hy.  Ek het, toe ek onverskillig was en die wêreld groter was as nou, op ’n paar geleenthede sommer oor rant and kloof agter sulke los donderbuie aangery, in die reën gestaan en dit geniet.

Sommer vir sommer.

Deesdae is dit anders.  Grootmens wees is soms ’n swaarigheid.  Elke dag stap ek hier by my werkswinkel in, verby my Tenerétjie wat mooi saffies onder sy seiltjie staan, C-Tek laaier ingeprop, al sluimerend, wagtend vir die dag wanneer ek sy slinger draai en laat waai. Anderdag stap ek daar in en sien die mossies het in die balke bokant hom beginne nesbou en die grassies en hoendervere lê rondom die fiets gestrooi.  Ek dog toe so by myself, “myself, dis tyd.”

My vrou weet al, as ek eers die Tracks4Africa kaart nader trek en dit in die aand met ’n nou en dan se gefladder van kaartpapier, bestudeer, is dit nie lank nie dan loop die Teneré.  En toe is dit ook so.  Ek kyk die kalender, ek kyk die kaart, ek kyk weer die kalender. Weer die kaart.

Jip, so 4 dae kan ek afwesig wees.  Darem met verlof.

[member=1597]ChrisL - DUSTRIDERS[/member]  het my seker al amper ’n jaar gelede ’n spaar visor en knippies vir my Uvex kletterpet gestuur.  Daar lê hy nog in sy kartondoos, “waybill” nog aangeheg, bo in my kas.  Ek haal hom uit en monteer hom mooi.  Ha! “I can see clearly now the bugs are gone”.

Ander dinge hou my besig en die aand voor ek moet ry beginne ek eers my goeitjies inpak.  Ek het darem my fiets gewas, ketting gëolie, ander dinge nagegaan, bande gepomp.  Ek kyk op my Fuelio app, dis waaragtig 3 maande laas wat ek ’n ent gaan ry het.  Skande! 

My fiets lyk sommer spoggerig soos hy hier in die motorhuis staan met sy Wolfman panniers, Enduristan sak, tankbag, GPS en goeters.  Ek is nou waaragtig lus vir ry.

Dis ’n pragtige Karoo herfsdag toe ek wegtrek. Kyk hoe skoon is die lug.  En wat is beter as ’n lang ent Karoogrondpad wat voor jou ooplê, vier dae se opkomende gatskuur, ’n fiets wat seepglad onder jou loop.


20190409_101401 by Dors lander, on Flickr


20190409_101418 by Dors lander, on Flickr



O ja, en ’n sak vol noodvoorraad van droë perskes, droë wors en koekmengsel. Wat?! Koekmengsel?  Ja, glo my, daai vrugtekoek mengsel is beter as enige lekkergoed. Plus, dis soos 98 oktaan brandstof, gee moerse energie. Sommer nou.


20190409_101618 by Dors lander, on Flickr


Ek lees altyd van @4Kays-hulle se skelm bymekaarkomste daar op Klipplaat, geheime handgebare en al.  :biggrin:  Ek was nog nooit skelm genoeg gewees om genooi te word nie maar wou tog gaan sien hoe lyk dit op dié plekkie.  Ek kon myself maar die moeite gespaar het. Bliksim, dis seker een van die droewigste en vervalle plekkies waardeur ek nóg gery het.  Nie eens ’n kiekie geneem nie.  Buite die dorp is dit honddroog maar mooi.  Mens kan sien daar het ’n paar kwaai stortbui plekplek uitgesak.  Die pad is verspoel op plekke.  Die Teneré se agterent stamp ’n paar keer op spoelsloote deur.


20190409_113116 by Dors lander, on Flickr



20190409_113123 by Dors lander, on Flickr


Ek sien die hele oggend omtrent nie ’n ander voertuig nie.  Doer vêr le die Grootrivierberge, ek sien al waar lê die poort waardeur die pad moet loop. Ek ry stadig deur Swanepoelspoort, verkyk my aan die netjiese witgekalte plaasgeboue met hulle groen dakke, die geil lusernlande, die mooi Boerbokke wie se kondisie so goed is. 


20190409_122737 by Dors lander, on Flickr


20190409_115824 by Dors lander, on Flickr



Volgens dié skaduwee se hoek is dit amper middagsiestatyd.


20190409_115751 by Dors lander, on Flickr


Ek was nie lus vir my stofie en teegoeters saamry nie.  Nou dat ek eers siesta hou is ek spyt.  Die droë wors en perskes eet lekker maar ’n teetjie sou nou voorentoe gesmaak het.  Volgende keer ry die teemaaksels saam. Ek geniet die stilte, sonskyn, voëlsang.  Ek sit langer as wat ek wou maar dis lekker.  Niks jaag my nie.


20190409_122409 by Dors lander, on Flickr


Ek was al bitter baie plekke in my lewe maar té veel plekke was ek nog nie. Die sementpad tussen Steytlerville en Willowmore is een van daai plekke.  En nou hier is ek en hy saam op een plek.  Ek ry vir ’n ent agter wat lyk soos Duitse toeriste in ’n Britz 4x4 Rentals Hilux dubbelkajuit.  Die smal sementpad het die blonde dollie wat bestuur duidelik skrik op die lyf gejaag want sy briek hard vir elke kraak, ongelykheid en bokdrol op die pad.  Toe ons agter ’n lowbed trok met ’n padskraper beland toe weet ek hier moet ek verby.


20190409_125807 by Dors lander, on Flickr


Op Willowmore gooi ek brandstof, 25.45 km/l volgens Fuelio.  Dêmmit ek hou van my Yammie.  Ook ’n pakkie Maynards Original wine gums vir die baas.  Koekmengsel kan naderhand afgesaag raak.

2019-04-17_05-55-14 by Dors lander, on Flickr
 
Top