Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Man, gaan sommer in jou Hel in  (Read 5259 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #60 on: April 18, 2019, 05:57:49 pm »
Woody jy gaan wyd ry EC Bash toe, geniet dit.

Dankie KR, waardeer jou en die ander ouens se kommentaar. Ek weet darem nie van boekskryf nie, dis n perd van n ander kleur daai.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dwerg

Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #61 on: April 18, 2019, 06:26:21 pm »
Ek sukkel gewoonlik met baie woorde maar die het lekker gelees

Ek is mal daaroor om so een keer n jaar die tipe trip te doen. Solo en rustig en meer oor die reis, die omgewig en mense te ervaar as net vir bike ry alleen. Maak mens se siel lekker rustig
Current: KTM 690R
Previous: KTM 790ADV, 640ADV, 950ADV, 250XCW BMW F650GS Single, F650GS Twin, F800GS, G450X, R50/2 Honda CRF450X, CRF230 x 2, VFR400 NC30, Z50 Mini Trail Yamaha BWS100 x 2, LB80 Chappy
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Dutchman81

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 1,114
  • Thanked: 6 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #62 on: April 18, 2019, 08:00:38 pm »
Het die RR voorwaar geniet , baie dankie vir die deel Oom Dorsland , was darem bevooreg genoeg om so ruk terug saam met Lem ook self die Swartbergpas te verken
Lekker saamgery !

Sent from my S30 using Tapatalk

2008 Klr650
2008 R1200GS Adv
''In the end , its not going to matter how many breaths you took , but how many moments took your breath away.''
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #63 on: April 19, 2019, 10:12:59 am »
Ja @Dwerg, ek geniet ook sulke ritte baie.  Gee mens die geleentheid om dinge om ons vir 'n slag raak te sien.

Het die RR voorwaar geniet , baie dankie vir die deel Oom Dorsland , was darem bevooreg genoeg om so ruk terug saam met Lem ook self die Swartbergpas te verken
Lekker saamgery !


Jy is ook maar aan die skaars kant hier deesdae n.   ;D

Die Swartbergpas is inderdaad een van die kroonjuwele van ons land se grondpadnetwerk.  Die dame by Kobus se Gat s hoeka vir my lyk my ek is lief vir di deel van die wreld nadat ek en my vrou so 5 of 6 weke gelede met die bakkie daaroor is.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,582
  • Thanked: 169 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #64 on: April 19, 2019, 02:14:51 pm »

Die Swartbergpas is inderdaad een van die kroonjuwele van ons land se grondpadnetwerk. 

Die heel 1ste keer wat ek en Nannie daaroor is, sy met haar 250 Tormado ek ek met die Transalp, kom ons bo en vind twee ander "bikers" ook daarbo.  Ons klim af en die manne groet ons vriendelik en ons groet terug.  Nannie merk op dat dit een van die moosite uitsigte is wat sy gesien het.  Die een ou hak af en se "dis God se hoofkwartier".    Daai woorde was heel gepas.   :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,142
  • Thanked: 44 times
  • East London
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #65 on: April 20, 2019, 06:21:58 am »
Baie dankie vir 'n vroegoggend lekker lees.

Soos altyd - van die beste stories.

@Vis - ek dink daai ou is reg met sy woorde.

Ek wag in spanning vir jou volgende verhaal Dorsland.



Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Life is hard - even harder if you are stupid.
 

Offline Vis Arend

  • It's not how fast you start, it's how long you endure.
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR650L
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,582
  • Thanked: 169 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #66 on: April 20, 2019, 06:32:37 am »
Baie dankie vir 'n vroegoggend lekker lees.

Soos altyd - van die beste stories.

@Vis - ek dink daai ou is reg met sy woorde.

Ek wag in spanning vir jou volgende verhaal Dorsland.



Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Dis tyd dat ons weer sulke lekker rustige trippies doen soos in die verlede.   :thumleft:
No matter how slow you go, you're still lapping everybody on the the couch
Honda XL125  -  Sold,    Honda XR200R  -  Sold,     Yamaha TT500  -  Sold,     Honda Transalp700  -  Sold,       Yamaha S10 Fast Blue  -  Sold,   Yamaha S10 Slow White  -  Sold,   Honda CRF250 Rally - To be Sold, XR650L..
 

Offline roxenz

  • rocks make sense
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,417
  • Thanked: 90 times
  • cheerful yesterdays and confident tomorrows
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #67 on: April 20, 2019, 07:31:21 am »
Baie dankie vir 'n vroegoggend lekker lees.

Soos altyd - van die beste stories.

@Vis - ek dink daai ou is reg met sy woorde.

Ek wag in spanning vir jou volgende verhaal Dorsland.



Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Dis tyd dat ons weer sulke lekker rustige trippies doen soos in die verlede.   :thumleft:
Maar eers moet jy en Nannie julle training doen vir die "Namibia Dakar"...    ;D :thumleft:
 

Online punisher

  • DILLIGAF
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,751
  • Thanked: 224 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #68 on: April 20, 2019, 11:02:12 am »
baaie dankie
lekker geskryf , and lekker kikkies

maar nou moet ek rus .................  om al die afrikaans te lees het my mooi uitgepit
 :biggrin:

Och, ay mon, You doth protest too much methinks Scottish.  You forget I awarded you honorary Boer status a while back.  I know you can read and write Afrikaans very well @punisher . So jes' you get yer ain bahooky in gear or Ill gie ye a skelpit lug!  :lol8:

 :laughing4: :laughing4: :thumleft: :thumleft:
just wanna have fun , and ride ... and ....... ride
 

Offline immigrant

Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #69 on: April 20, 2019, 01:29:06 pm »
  Ek gee hom ’n stukkie wors en sit hom oppie vloer.

20190410_073626 by Dors lander, on Flickr

Daar het al baie voete deur die jare oor daai vloer geloop....

Hoe gedra die Grizzly homself?
« Last Edit: April 21, 2019, 03:35:31 am by immigrant »
Yamaha Super Tenere, Yamaha FZ8, Yamaha Grizzly, Yamaha Viking, Honda CRF250L
 

Offline BlueBull2007

  • Caribbean
  • Global Moderator
  • Bachelor Dog
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Other
  • Posts: 10,226
  • Thanked: 281 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #70 on: April 21, 2019, 04:30:41 am »
Thanks for the lekker report ou boet. :thumleft: Those photos you took are really beautiful and make my heart cry out for Africa.

Quite a scary off on the drop! :eek:
Rally nut. What could possibly go wrong?
Living the Rally Dream - Ride Report
Current bike: KTM 350 EXC   Previous bikes:  2010 WR450F, 2006 KTM450EXC,KTM 450RR, BMW800GS, KTM450EXC, BMW650 GS, BMW650 Dakar, and Honda XR250
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline DEE 1150

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 173
  • Thanked: 1 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #71 on: April 23, 2019, 11:12:53 am »
Lekker lees ek nou aan hierdie RR Dorsland !
Dink hier is 'n hele paar van ons wat hierdie ry-styl be-oefen en geniet en so 'n RR ekstra kan waardeer.
Baie dank vir die deel !
Groetnis
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline ExploreSA

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 610
  • Thanked: 17 times
    • www.gsrental.co.za
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #72 on: April 23, 2019, 11:25:06 am »
Lekkerrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr :) :) :)
I live to please but don't always succeed
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Matewis

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1150GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,864
  • Thanked: 44 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #73 on: April 23, 2019, 11:37:49 am »
Ek ry lekker die pad uit, Swartbergpas af, Prins Albert in.  Maar nie voor ek die satan self in die Hel gesien het nie.

20190413_121115 by Dors lander, on Flickr



20190413_121308 by Dors lander, on Flickr


Daar eet ek ontbyt by die Lah-Di-Dah padstal.  Ordentelike mense sit aan tafel om my.  Ek kom uit die Hel uit waar ek warm gekry het, gesweet het, vol stof geraak het.  Gelukkig het ek darem vanoggend geskeer en tanne geborsel.  Ek eet, wat sal ek my nou breek oor of ek windop of windaf van hulle sit.  En wat sal n ontbyt nou sonder n arbei melkskommel wees.  Hy kom met n duk strooi, ek moet my suig ken om die extra thick melkskommel opgeslurp te kry.  Nou kan ek seker ook n gholfbal deur n tuinslang suig. 

Ongelukkig moet my besigheid loop, gatskuur of de not en ek haal my eposse en Whastapps op my foon in.  Ek laat weet my vrou ek lewe nog, sy gaan nog nie erf nie, sy moet nog net n ruklank geduldig wees. 

By Prins Albert se Spar koop ek n 450g biefstuk, druiwe (daar was waatlemoen maar ek het nie vir hom saamryplek nie.  Dis hartseer maar dis hoe die lewe soms met mens maak.  Net die taaistes oorleef), melk, joghurt, Weetbix en druiwesap.  Vanaand op Abrahamskraal eet ek eersteklas.

Ek kap die 30km soentoe flou.  Bliksem dis droog hier by die arme Karooboere.  Ek kla nooit ooit weer oor droogte nie.  Di mense ken van droogte.

Hierdie hele huisie is net vir my.  Dis blerrie oulik, netjies, skoon, verwelkomend, gemaklik.  Ek saal af en pak uit. Sit die teeketel aan, eet druiwe. Ek voel tuis hier. 


20190411_173504 by Dors lander, on Flickr


20190411_143213 by Dors lander, on Flickr


20190411_173431 by Dors lander, on Flickr


Ek ry nog heelpad FA Venter se Kambrokind saam, lees lekker aan hom want ek kan my hier in di dorre wreld inleef in sy vertelling van swaarkry en grootword in n vervlo era.  Wat kan nou lekkerder wees as om op n Donderdagmiddag, salig op jou bed te l en lees.

20190411_143246 by Dors lander, on Flickr



Die son trek water, dit begin afkoel, n vlakteluggie steek op.  Daar staan die aandster al.  Ek steek n klein vuurtjie aan, reg om my vleis so liggies te braai.  Vanaand eet ek net vleis, lekker.  So sappig, effe bloederig, gesout en gepeper.  Druiwe en joghurt vir nagereg.  Tee drink terwyl ek so sit en die aand sien aanstaltes maak.


2019-04-17_08-23-08 by Dors lander, on Flickr



20190411_180829 by Dors lander, on Flickr


20190411_202634 by Dors lander, on Flickr


20190411_181624 by Dors lander, on Flickr

Ek gaan stap so n ent.  Doer l die Nuweveld berge, hier en daar n los wolk wat oor die vlaktes beweeg. Kan daar n ander plek as die Karoo wees wat so n heimwee in mens kan uitlok? 

20190413_121959 by Dors lander, on Flickr


Die volgende oggend, terwyl ek my Weetbix buite eet, neem ek die held van die verhaal bietjie af.

20190411_143601 by Dors lander, on Flickr


20190413_121636 by Dors lander, on Flickr


20190412_070936 by Dors lander, on Flickr


Dan is ons reg vir die rit plaas toe.

20190412_085518 by Dors lander, on Flickr


Ek mik na die droewige Rietbron toe.  Krels, hier is dit droog.  Ek kry wildsbokke wat sommer vlak langs wildsheinings gevrek het, baie skilpaaie wat gedooi het, van hulle vreet wat se groenigheid hul in die lopies kan kry.  Die pad is baie mooi, nuut geskraap (dis mos Wes-Kaap), ek ry lekker.  Hier sien ek ook hoe dit sulke strepe geren het. Nou is dit effens groen, dan weer lang ente vaal en dor.


20190413_121740 by Dors lander, on Flickr



Hier is BAIE niks.  Maar dis eerlike niks, skoon niks, egte niks.  Ek ry die laaste ent grondpad lekker, volvry, oop en los.

20190413_122105 by Dors lander, on Flickr

20190413_122156 by Dors lander, on Flickr



Die 180km teerpad Aberdeen om plaastoe laat my weer besef waar l my hart eintlik.  En dis nie op die teerpad nie.



Sien jy het hier by my mense op Abrahamskraal gekuier! Dis al amper soos 'n 2de huis!!
Dont go where the path my lead  Go instead where there is no path and leave a trail ~ Ralph Waldo Emerson
https://kettingsaag.wordpress.com/
https://witvosblog.wordpress.com/
 

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,782
  • Thanked: 82 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #74 on: April 23, 2019, 12:33:25 pm »
Jislaaik Dorsland

Ek het gewonder wat van jou geword het. Soos altyd, voortreflik mooi geskryf in kleurvolle Afrikaans met puik fotos  :thumleft:

+1000

vreeslik lekker saamgery, baie dankie  :thumleft:   :thumleft:

Heel paar keer lekker gelag maar hierdie een vat die koek:
"Ek kon onwetend saam ETS en Cocky my poerdesmerdes geval het.  Ons kon groepafslag by die hospitaal gekry het.  Gelukkig is ek die beter ruiter en kom niks oor nie."

 :imaposer:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline woody1

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Western Cape
  • Posts: 9,775
  • Thanked: 178 times
  • XT1200ZE "Vinnige" Witte
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #75 on: April 23, 2019, 12:42:05 pm »
Wat hy eintlik se is die BIKE is 'n beter tipe.. :pot: :laughing4:

I WOULD RATHER BE AN HONEST ASSHOLE .... THAN A FLIPPEN LIAR !   


Ducati 100cc Mountaineer, Honda 550 K3, Suzuki Gs1000E, Suzuki Gs1000G, Suzuki 1100 Katana, BMW R1100RT, BMW R1150RT,,,,,All gone. Only 2014 ST in the garage at the moment... And Honda XL 600
 
The following users thanked this post: 0012

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,782
  • Thanked: 82 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #76 on: April 23, 2019, 12:44:49 pm »
Wou twee jaar terug oor die Swartbergpas, maar dit was toe weens verspoelling en ons het toe deur Seweweekspoort laingsburg toe, baie hartseer daaroor, sien daarna uit om dit te beleef, een dag, Swartbergpas.


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Snafu

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR125L
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,966
  • Thanked: 77 times
  • Brackenfell Bricket
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #77 on: April 23, 2019, 01:12:45 pm »
Mooi Afrikaans, ek het lekker saam gery!
Rimtape: Sounds like something in the first-aid kit of a gay-porn movie set. - Jaco
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline 0012

  • Double-oh-Tkwarf
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Suzuki DR650
    Location: Rest of Africa
  • Posts: 2,782
  • Thanked: 82 times
  • Race the rain. Ride the wind. Chase the sunset.
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #78 on: April 23, 2019, 01:25:15 pm »
Wat hy eintlik se is die BIKE is 'n beter tipe.. :pot: :laughing4:

 :deal:

dis nou suiwer waarheid daai  :3some:


->    TransAlp 650 - sold
:(    Yamaha XT1200Z - written off - R.I.P.
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,063
  • Thanked: 274 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #79 on: April 23, 2019, 02:12:57 pm »

Daar het al baie voete deur die jare oor daai vloer geloop....

Hoe gedra die Grizzly homself?

Snaaks jy merk dit op, ek sit ook daar en wonder oor die stories wat daai deurdrumpel kon vertel.

Die Grizzly werk baie goed.  Het mos sy stator laat vervang en hy het nog nie weer probleme gegee nie.  Wat ek wel opmerk, as die weer baie warm is en ek het die brandstoftenk propvol gegooi dan lyk my hy kry 'n lugleegte en sukkel hy om aan te sit.  Ek gooi die tenk nou nie meer stampvol nie en dit blyk te werk.  Ek is baie tevrede met hom dankie @immigrant
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven