Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Man, gaan sommer in jou Hel in  (Read 4140 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Man, gaan sommer in jou Hel in
« on: April 17, 2019, 08:22:03 pm »
Dalk kom dit nie deesdae so voor nie, maar eintlik het ek erge jukvoete.  As ek n pad sien wat interressant lyk dan sal ek hom graag wil gaan ry en sien waar eindig hy.  Ek het, toe ek onverskillig was en die wreld groter was as nou, op n paar geleenthede sommer oor rant and kloof agter sulke los donderbuie aangery, in die ren gestaan en dit geniet.

Sommer vir sommer.

Deesdae is dit anders.  Grootmens wees is soms n swaarigheid.  Elke dag stap ek hier by my werkswinkel in, verby my Tenertjie wat mooi saffies onder sy seiltjie staan, C-Tek laaier ingeprop, al sluimerend, wagtend vir die dag wanneer ek sy slinger draai en laat waai. Anderdag stap ek daar in en sien die mossies het in die balke bokant hom beginne nesbou en die grassies en hoendervere l rondom die fiets gestrooi.  Ek dog toe so by myself, myself, dis tyd.

My vrou weet al, as ek eers die Tracks4Africa kaart nader trek en dit in die aand met n nou en dan se gefladder van kaartpapier, bestudeer, is dit nie lank nie dan loop die Tener.  En toe is dit ook so.   Ek kyk die kalender, ek kyk die kaart, ek kyk weer die kalender. Weer die kaart.

Jip, so 4 dae kan ek afwesig wees.  Darem met verlof.

@ChrisL - DUSTRIDERS  het my seker al amper n jaar gelede n spaar visor en knippies vir my Uvex kletterpet gestuur.  Daar l hy nog in sy kartondoos, waybill nog aangeheg, bo in my kas.  Ek haal hom uit en monteer hom mooi.  Ha! I can see clearly now the bugs are gone.

Ander dinge hou my besig en die aand voor ek moet ry beginne ek eers my goeitjies inpak.  Ek het darem my fiets gewas, ketting golie, ander dinge nagegaan, bande gepomp.  Ek kyk op my Fuelio app, dis waaragtig 3 maande laas wat ek n ent gaan ry het.  Skande! 

My fiets lyk sommer spoggerig soos hy hier in die motorhuis staan met sy Wolfman panniers, Enduristan sak, tankbag, GPS en goeters.  Ek is nou waaragtig lus vir ry.

Dis n pragtige Karoo herfsdag toe ek wegtrek. Kyk hoe skoon is die lug.  En wat is beter as n lang ent Karoogrondpad wat voor jou oopl, vier dae se opkomende gatskuur, n fiets wat seepglad onder jou loop.


20190409_101401 by Dors lander, on Flickr


20190409_101418 by Dors lander, on Flickr



O ja, en n sak vol noodvoorraad van dro perskes, dro wors en koekmengsel. Wat?! Koekmengsel?  Ja, glo my, daai vrugtekoek mengsel is beter as enige lekkergoed. Plus, dis soos 98 oktaan brandstof, gee moerse energie. Sommer nou.


20190409_101618 by Dors lander, on Flickr


Ek lees altyd van @4Kays-hulle se skelm bymekaarkomste daar op Klipplaat, geheime handgebare en al.  :biggrin:  Ek was nog nooit skelm genoeg gewees om genooi te word nie maar wou tog gaan sien hoe lyk dit op di plekkie.  Ek kon myself maar die moeite gespaar het. Bliksim, dis seker een van die droewigste en vervalle plekkies waardeur ek ng gery het.  Nie eens n kiekie geneem nie.  Buite die dorp is dit honddroog maar mooi.  Mens kan sien daar het n paar kwaai stortbui plekplek uitgesak.  Die pad is verspoel op plekke.  Die Tener se agterent stamp n paar keer op spoelsloote deur.


20190409_113116 by Dors lander, on Flickr



20190409_113123 by Dors lander, on Flickr


Ek sien die hele oggend omtrent nie n ander voertuig nie.  Doer vr le die Grootrivierberge, ek sien al waar l die poort waardeur die pad moet loop. Ek ry stadig deur Swanepoelspoort, verkyk my aan die netjiese witgekalte plaasgeboue met hulle groen dakke, die geil lusernlande, die mooi Boerbokke wie se kondisie so goed is. 


20190409_122737 by Dors lander, on Flickr


20190409_115824 by Dors lander, on Flickr

 

Volgens di skaduwee se hoek is dit amper middagsiestatyd.


20190409_115751 by Dors lander, on Flickr


Ek was nie lus vir my stofie en teegoeters saamry nie.  Nou dat ek eers siesta hou is ek spyt.  Die dro wors en perskes eet lekker maar n teetjie sou nou voorentoe gesmaak het.  Volgende keer ry die teemaaksels saam. Ek geniet die stilte, sonskyn, volsang.  Ek sit langer as wat ek wou maar dis lekker.  Niks jaag my nie.


20190409_122409 by Dors lander, on Flickr


Ek was al bitter baie plekke in my lewe maar t veel plekke was ek nog nie. Die sementpad tussen Steytlerville en Willowmore is een van daai plekke.  En nou hier is ek en hy saam op een plek.  Ek ry vir n ent agter wat lyk soos Duitse toeriste in n Britz 4x4 Rentals Hilux dubbelkajuit.  Die smal sementpad het die blonde dollie wat bestuur duidelik skrik op die lyf gejaag want sy briek hard vir elke kraak, ongelykheid en bokdrol op die pad.  Toe ons agter n lowbed trok met n padskraper beland toe weet ek hier moet ek verby.


20190409_125807 by Dors lander, on Flickr


Op Willowmore gooi ek brandstof, 25.45 km/l volgens Fuelio.  Dmmit ek hou van my Yammie.  Ook n pakkie Maynards Original wine gums vir die baas.  Koekmengsel kan naderhand afgesaag raak.

2019-04-17_05-55-14 by Dors lander, on Flickr
« Last Edit: April 18, 2019, 10:02:50 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: Leo, Snafu, MRK Miller, Meteor

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #1 on: April 17, 2019, 08:22:59 pm »
Hiervandaan ry ek die R407 grondpad, vir my, 'n bekende roete.  Hy ry bitter lekker, ek geniet di stuk altyd baie.  Ook hier is daar tekens van kwaai stortbuie wat geval het.  Op heelparty plekke is die padoppervlakte heel weggespoel en bly daar slegs die growwe padbed oor.  Ek hoop ek kry nie n papwiel nie.


20190409_143136 by Dors lander, on Flickr


2019-04-17_05-56-06 by Dors lander, on Flickr


By die Wes-Kaap grens sien ek dinge werk anders hier.  Die pad word oorgebou met padwerkspanne wat bedrywig is.  Die pad is effe wyer as een baan so ek hou goed links.  Die stof is erg as die tieptrokke verbyry.

Sowat 5km buite Klaarstroom is daar mos baie bulte so kort bo-op mekaar.  Ek hou nogsteeds mooi heel links.  Gelukkig.

n Cruiser kom van voor, agter 'n bult weggesteek maar vol in die pad, hy is op spoed want dit raak al laat.  Gelukkig het die padwerkmasjiene die veld aan weerskante redelik platgetrap en ek kies die hasepad veld in.  Ek soek al die sagste klippe uit waar ek gaan val.  Wonderbaarlik (en natuurlik as gevolg van my topklas ruitevaardighede  ;)) ry ek deur, oor en langs als verby, weer oppie pad en daar gaaaaaaat ek.  Ek sien in my truspiel die Cruiser het darem gestop maar ek waai maar net vir hom als is klopdisselboom.

Ek kon onwetend saam ETS en Cocky my poerdesmerdes geval het.  Ons kon groepafslag by die hospitaal gekry het.  Gelukkig is ek die beter ruiter en kom niks oor nie.

En toe ry ek die saligheid van Klaarstroom laatmiddag binne.  Ek is die enigste gas.  Ek pak af en uit.  Ek gaan sit op die stoep en kyk uit op die Swartberge.  Die outjie kom vra wil ek iets drink.  Jak, tee samblief. Lekker. Dink ek moet aftree en dit rustig vat. Hieraan kan ek gewoond raak.


20190409_160902 by Dors lander, on Flickr

20190410_070606 by Dors lander, on Flickr

20190410_071900 by Dors lander, on Flickr


Die volgende oggend, eers so 07h00, gaan eet ek ontbyt.  Daar is twee oulike katjies wat rondhol soos net n jong nuuskierige dier kan.  Hulle kom meeouw hier al om my.  Een is slimmer as die ander een.  Hy staan binne op die vensterbank, voorpote op my stoeptafel en bedel.  Ek gee hom n stukkie wors en sit hom oppie vloer.

20190410_073626 by Dors lander, on Flickr

20190410_074634 by Dors lander, on Flickr


My eindpunt is Gamkaskloof vanaand, my roete via Prins Albert en die noordelike Swartbergpaspad reeds geplot en op my GPS.  Met die uitryslag besluit ek sumier ek gaan vir die wis en die onwis sommer luilekker Meiringspoort deur, volgooi op De Rust, Oude Muragiepad, Kobus se Gat, Swartbergpas op en dan vlieg ek vandaar in my Hel in.

Meiringspoort is soos ek toeristeaantreklikhede in my ou Suid-Afrika onthou.  Pragtig, skoon, aan die kant, netjies, als werk.  Die werkers in hulle deftige oranje oorpakke waai in die verbygaan.  Ek drentel sommer in 3de, 4de rat daardeur.  Die koel oggendluggie van agter, amper geen verkeer op die pad, bojane uitgesluit natuurlik.  Ek geniet dit nou waaragtig.  Ek is amper lus en ry weer terug Klaarstroom toe en dan weer die pas deur.  Maar dis mos simpel, ek is mos n verantwoordelike grootmens.

20190410_090101 by Dors lander, on Flickr


Op die Oude Muragiepad verwonder ek my aan al die olyfboorde wat so uitgebrei word. Dis pragtig.  Ek het nou onlangs n wilde dagga (leonotis leonurus) in my tuin geplant.  Hulle is so mooi.  Hier sien ek hordes van hulle, groei soos khakibos orals.


Wilde Dagga by Dors lander, on Flickr


Ek ry en kyk en kyk en ry.  Groet n jong boer wat sy JD trekker met Piket fynsaadplanter sommer so dwars oor die pad getrek het om die planter vol te laai.  n Ent verder kom ek n groot trop skape in die pad tee.  Met di deurmekaarspulletjie ry ek verkeerd en beland op di plaas se werf.


Hulle trek 80 klapspuite onder gravitasiebesproeiing op di onderste lande!

20190410_095856 by Dors lander, on Flickr

20190410_095904 by Dors lander, on Flickr



Ek sien a nee a, nous ek verkeerd.  Staan n oom langs sy trok.  Sien sommer so met die aanry hy is effe omgekrap met di biker wat ewe windgat sy werf inry.  Ek stop, klim af, haal af my kletterpet en groet hom in mooi Afrikaans.  Ek sien sy bemoerdgeit laat effe skiet.  Ek vra hoe lyk die ren hier by hulle en daarmee vind ons mekaar.  Ons gesels oor vleis- en wolpryse, bietjie politiek (maar dis so n mooi dag, ng hy ng ek wil dit bederf), sy trok, sy seun wat saamboer.  Na so n halfuur sg hy ons staan nou al so lank hier ons kon al koffie gedrink het.  Nou ja toe, so gemaak, so gedaan.  Ons val die kombuis in, maar eers nadat ek n hele trop honne getrotseer het.  Swart Boerboel, bruin Pitboel, 2 skaaphonne en n paar sulke ander klein hakskeenbyters.  Ek groet almal vriendelik en sonder banggeit.  n Hond byt jou mos sommer vir die snaaksgeit as hy ruik jys vir hom bang.

Ons gesels n hond uit n bos uit (die oom, sy vrou en ek, nie die honne nie).  Ons drink koffie en beskuit.  Sy seun kom die kombuis in.  Dis die outjie wat die planter volgemaak het. Naderhand moet hulle gaan werk, en ek moet ook my ry kry.  Ons groet, my hart is vol want ek voel tuis, ek voel tussen vriende, tussen my mense, by mense wat ook stof op hulle hande en mis onder hul skoene het. 

Ek hou van boeremense.

By Kobus se Gat groet ek eers weer my bejaarde skaaphondtjommie, dan die dame agter die toonbank.  'n Gesin ongewone Duitse toeriste kuier daar.  Bewaar my siel dat ek tog nooit so ontaard nie soos dit blyk Europa doen.  Helder oranje hare op die dogter, pers rastatooiingskardoes en volop tatoeermerke op die ma.  Die pa lyk Oosters, praat Duits met n Amerikaanse aksent.  Die skaaphond lyk vir my meer na my soort.  Ek streel hom bietjie en deel van my dro wors met hom.


20190410_112948 by Dors lander, on Flickr


Daar kom n ou en sy vrou met n nuwe 1250 Adventure daar aan. Terence van Hekpoort.  Blaas eers sy bande met n kompressortjie op.  Die fiets is gelaai.  Panniers met sakke bo-op hulle, topbox met n rolsak bo-op dt.  Tank bag, selfoon, GPS Navigator megfter, Go-Pro, drade en koorde en tierlantyntjies net waar jy kyk.  Ek haal my hoed vir hom af dat hy Swartbergpas oor is met daai gevaarte.  Hulle is oppad Buff toe. 
« Last Edit: April 18, 2019, 10:08:20 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: MRK Miller

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #2 on: April 17, 2019, 08:24:16 pm »
En toe is ek Swartbergpas op.  Sjoe, dis lekker, kyk hoe ver sien mens. Heelbo draai ek af na die Hel toe. Ek gaan n klein karretjie met twee swartes in op die slegte pad verby.  Hulle gaan teen daai spoed 40 dae en 40 nagte oor die vlaktes aansukkel.  Hulle lyk nie soos toeriste nie.  Ek wonder of hulle dalk verkeerd gery het. 

Die pad na die Hel toe is nie breed nie.  Ook nie maklik nie.  Baie kom oor die klippers en sinkplaat daar uit.  En ja, dit is warm.  Baie warm.


20190410_125925 by Dors lander, on Flickr

20190413_121446 by Dors lander, on Flickr


Ek het gedink ek en my vrou sal bietjie met die bakkie ry om te kom kyk maar di pad is waaragtig hondsleg.  Dink nie dit gaan werk nie.  Die fynbos, suikerbosse en proteas is t pragtig. Daar is hordes suikerbekkies wat al flitsend van die een blom na die ander vlieg.  Fynbos ruik mos so lekker, heel anders as Karoo- of grasveld.


20190413_121426 by Dors lander, on Flickr


20190413_121418 by Dors lander, on Flickr


20190413_121412 by Dors lander, on Flickr


Mens kan hier die pad doer ver voor jou die berge op en die valleie af sien kronkel.  Dis ruwwe, dro, ongenaakbare wreld di.  Op n stadium ry ek deur n deel wat gebrand het.  Met die droogte is daar haas geen herstel in die veld gewees nie. 


20190410_131818 by Dors lander, on Flickr


20190410_131839 by Dors lander, on Flickr


20190410_131917 by Dors lander, on Flickr


20190410_132003 by Dors lander, on Flickr

Meeste van die lopies is kurkdroog.  Ek kry slegs twee waar water loop en een waar daar n klammigheid is.  Verder is dit bitter droog en dor. Di droogte sny diep en aanhoudend.  Die lopies waar daar wel water is, is soos n oasis in n woestyn.  Ek vertoef tyd daar, geniet die kabbelende water, die sterk geur van fynbos, die klammigheid. 


20190410_133903 by Dors lander, on Flickr



20190410_134104 by Dors lander, on Flickr


20190410_153328 by Dors lander, on Flickr



Verwonder my aan die kontras tussen die groenigheid hier onder langs die water en die dorheid van die ho kranse wat bo my uittroon.


20190410_134122 by Dors lander, on Flickr



Om n draai kom ek twee klipspringers tee.  Die een spring so n paar tre weg, die ander een staan letterlik soos n steen daar.  Ek stop, haal gou my foon uit en neem hom af.  Kordaat, trots, spitsoor, oorgehaal om die niet in te verdwyn as dit neuk.  Pragtige bokkies.  Ek sien nog vyf van hulle voor ek die kloof in afsak.


20190410_153251 by Dors lander, on Flickr

Die smal tweespoor raak rowwer en meer onbeskof hoe verder ek ry.  Om die haarnaald draaie hou ek my amper soos n akkedis links teen die rotswand.  As mens hier onverwags n ander voertuig op n draai teekom is daar groot moeilikheid.  Behalwe vir die tjorretjie met die twee swartes aan die begin het ek gelukkig nie nog voertuie gesien nie.

Ek verwonder my aan die voue, die rotsstortings, die erosie van die berge.  Dis indrukwekkend.



20190410_141643 by Dors lander, on Flickr


20190410_153225 by Dors lander, on Flickr


20190410_141654 by Dors lander, on Flickr


Baie van julle was seker al hier gewees en elke tweede ou het al di foto geneem.  Maar nou is ek ook hier gewees en ja, dis my fiets daai wat so uitkyk oor die kloof.  Dis onherbergsame, ruwwe, ongetemde wreld di.  Totaal en al afgesonder behalwe vir di 48km se hardepad wat ek nou gery het.  Die pioniers wat di plek destyds kom effe mak maak het waaragtig hare op hul tande gehad.


20190410_141238 by Dors lander, on Flickr



Ek het skaars ingeboek toe kom daar die Cruiser met n spoggerige kampwa agterop aan.  Ek het hom met die opgaanslag van Swartbergpas verbygegaan en hom gesien afkom met die Kloof se  pad.  Soos hy hier staan is daai opset, saam die V8 Cruiser, seker hier naby aan die R1 miljoen. Maak mens half benoud dat kamp so duur geraak het.


20190410_144948 by Dors lander, on Flickr


20190410_145003 by Dors lander, on Flickr

Dit raak nou ongeskik warm in n rybroek, baadtjie en kletterpet.  Ek wil afsaal en uitpak.  My kortbroek roep al harder.  Ek is alleen in die kampplek. Ek kies n redelike heel tent uit die vier verwaarloosde choppertente, pak uit, trek my kortbroek aan. Drink n louwarm rooi Grapetiser wat van Kobus se Gat saamgery het.  Eet van my dro wors, perskes en koekmengsel. 

20190410_170858 by Dors lander, on Flickr


Julle weet natuurlik dat Woensdag wasdag is n.  :biggrin:


20190410_153037 by Dors lander, on Flickr

20190411_082614 by Dors lander, on Flickr



Ek sit en geniet die stilte, sien dit gaan vroeg al donker raak wanneer die son agter die steil berge wegraak.  n Suidelike Waterfiskaal kom kuier my uit pure nuuskierigheid.  Ek gooi vir hom n stukkie vy wat hy dadelik verslind.  Kom vra nog.

20190411_082642 by Dors lander, on Flickr



Dit raak daai nag nogal koel maar ek slaap warm.  Hier middernag se kant toe, word ek wakker, kan nie weer slaap nie.  Ek l en luister hoe suis die nagwind doer bo op die kranse deur die spekboome terwyl dit hier onder heel windstil is.  Sien nou en dan hoe seil n satelliet geruisloos deur die donker nag.  Hier sluip nou iets in die kampterrein rond, seker n koedoe of n ystervark or iets.  Hier rondom 02h00 sluimer ek weer in. 

Die volgende oggend vat ek my tyd met die oppak, dis lekker koel maar word vinnig warmer soos die son oor die pieke kop uitsteek. 

Nou ry ek weer lekker maar bekyk als om my.  Lyk soos n hoender wat n valk gewaar so draai ek my kop om die bergpieke raak te sien onder my piek uit.  Ek ry tweede rat om n baie skerp draai, trap af eerste toe en trap waaragtig neutraal raak.  Die fiets staan.  Ek tiep om, afdraende se kant toe.  O my donner, nou gaan ek Hel toe.  Ek rol so n paar meter met die afgrond af maar gelukkig is daar n paar doringboompies wat my keer.  Dit sou n moerse lang ent se stap gewees het om van onder af tot hier te klim. 

Hmmmmm. Fiets l nou wiele opdraend, dis ongemaklik.  Ek pak af, sleep hom om dat hy wiele afdraend l. Tel hom op, pak weer op, stel my spiel reg. Vat die pad.  Kon lelik gewees het.  My fiets het nou n krapmerkie of twee op die kantpaneel van die tenk en op sy Barkbuster handskerm.  Hy kry nou houding, nie meer n rower nie.

20190411_085442 by Dors lander, on Flickr
« Last Edit: April 18, 2019, 10:13:20 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: Leo, MRK Miller

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #3 on: April 17, 2019, 08:24:53 pm »
Ek ry lekker die pad uit, Swartbergpas af, Prins Albert in.  Maar nie voor ek die satan self in die Hel gesien het nie.

20190413_121115 by Dors lander, on Flickr



20190413_121308 by Dors lander, on Flickr


Daar eet ek ontbyt by die Lah-Di-Dah padstal.  Ordentelike mense sit aan tafel om my.  Ek kom uit die Hel uit waar ek warm gekry het, gesweet het, vol stof geraak het.  Gelukkig het ek darem vanoggend geskeer en tanne geborsel.  Ek eet, wat sal ek my nou breek oor of ek windop of windaf van hulle sit.  En wat sal n ontbyt nou sonder n arbei melkskommel wees.  Hy kom met n duk strooi, ek moet my suig ken om die extra thick melkskommel opgeslurp te kry.  Nou kan ek seker ook n gholfbal deur n tuinslang suig. 

Ongelukkig moet my besigheid loop, gatskuur of de not en ek haal my eposse en Whastapps op my foon in.  Ek laat weet my vrou ek lewe nog, sy gaan nog nie erf nie, sy moet nog net n ruklank geduldig wees. 

By Prins Albert se Spar koop ek n 450g biefstuk, druiwe (daar was waatlemoen maar ek het nie vir hom saamryplek nie.  Dis hartseer maar dis hoe die lewe soms met mens maak.  Net die taaistes oorleef), melk, joghurt, Weetbix en druiwesap.  Vanaand op Abrahamskraal eet ek eersteklas.

Ek kap die 30km soentoe flou.  Bliksem dis droog hier by die arme Karooboere.  Ek kla nooit ooit weer oor droogte nie.  Di mense ken van droogte.

Hierdie hele huisie is net vir my.  Dis blerrie oulik, netjies, skoon, verwelkomend, gemaklik.  Ek saal af en pak uit. Sit die teeketel aan, eet druiwe. Ek voel tuis hier. 


20190411_173504 by Dors lander, on Flickr


20190411_143213 by Dors lander, on Flickr


20190411_173431 by Dors lander, on Flickr


Ek ry nog heelpad FA Venter se Kambrokind saam, lees lekker aan hom want ek kan my hier in di dorre wreld inleef in sy vertelling van swaarkry en grootword in n vervlo era.  Wat kan nou lekkerder wees as om op n Donderdagmiddag, salig op jou bed te l en lees.

20190411_143246 by Dors lander, on Flickr



Die son trek water, dit begin afkoel, n vlakteluggie steek op.  Daar staan die aandster al.  Ek steek n klein vuurtjie aan, reg om my vleis so liggies te braai.  Vanaand eet ek net vleis, lekker.  So sappig, effe bloederig, gesout en gepeper.  Druiwe en joghurt vir nagereg.  Tee drink terwyl ek so sit en die aand sien aanstaltes maak.


2019-04-17_08-23-08 by Dors lander, on Flickr



20190411_180829 by Dors lander, on Flickr


20190411_202634 by Dors lander, on Flickr


20190411_181624 by Dors lander, on Flickr

Ek gaan stap so n ent.  Doer l die Nuweveld berge, hier en daar n los wolk wat oor die vlaktes beweeg. Kan daar n ander plek as die Karoo wees wat so n heimwee in mens kan uitlok? 

20190413_121959 by Dors lander, on Flickr


Die volgende oggend, terwyl ek my Weetbix buite eet, neem ek die held van die verhaal bietjie af.

20190411_143601 by Dors lander, on Flickr


20190413_121636 by Dors lander, on Flickr


20190412_070936 by Dors lander, on Flickr


Dan is ons reg vir die rit plaas toe.

20190412_085518 by Dors lander, on Flickr


Ek mik na die droewige Rietbron toe.  Krels, hier is dit droog.  Ek kry wildsbokke wat sommer vlak langs wildsheinings gevrek het, baie skilpaaie wat gedooi het, van hulle vreet wat se groenigheid hul in die lopies kan kry.  Die pad is baie mooi, nuut geskraap (dis mos Wes-Kaap), ek ry lekker.  Hier sien ek ook hoe dit sulke strepe geren het. Nou is dit effens groen, dan weer lang ente vaal en dor.


20190413_121740 by Dors lander, on Flickr



Hier is BAIE niks.  Maar dis eerlike niks, skoon niks, egte niks.  Ek ry die laaste ent grondpad lekker, volvry, oop en los.

20190413_122105 by Dors lander, on Flickr

20190413_122156 by Dors lander, on Flickr



Die 180km teerpad Aberdeen om plaastoe laat my weer besef waar l my hart eintlik.  En dis nie op die teerpad nie.

« Last Edit: April 18, 2019, 10:18:56 am by Dorsland »
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 
The following users thanked this post: Leo

Offline Tom van Brits

Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #4 on: April 17, 2019, 08:39:56 pm »
Ai dis nou n lekker RR en mooi fotos!! :thumleft:
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #5 on: April 17, 2019, 08:48:36 pm »
Dankie Tom  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Lem

Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #6 on: April 17, 2019, 08:55:47 pm »
Jislaaik Dorsland

Ek het gewonder wat van jou geword het. Soos altyd, voortreflik mooi geskryf in kleurvolle Afrikaans met puik fotos  :thumleft:
Faith is not knowing what the future holds, it's knowing who holds the future
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #7 on: April 17, 2019, 08:59:28 pm »
Neewat, ek is nog al die pad hier Lem. Net eers bietjie my lendene omgord. Hier sluip mos 'n paar rowwe manne hierrond.  :lol8:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #8 on: April 17, 2019, 09:00:02 pm »
En dankie vir die kompliment, waardeer dit.  :thumleft:
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Ian in Great Brak River

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,982
  • Thanked: 65 times
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #9 on: April 17, 2019, 09:01:12 pm »
Ai tog, daar is niks beter as die tyd van jaar in die gebied.

 :thumleft: 8)
1978. It's 6am, mid winter...two up on a XL 185S ... off to my first casino ever with all of R40 and we've got a full tank of fuel, so enough to get there we reckon.... that's determination...

Old bike: '82 Eddie Lawson Replica
Other bike: '05 Honda Varadero 1000
New bike: '16 Honda Africa Twin.
 

Offline Noneking

Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #10 on: April 17, 2019, 09:01:13 pm »
Dis nou n lekkerlees RR die! Dankie!
2006 HP2 Enduro 1229
2019 KTM 790 R

NONEKING'S RIDE REPORTS - http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=226099.0
 

Offline lone riderer

  • Member
  • **
  • Bike: BMW G650 X-challenge
    Location: Kwazulu Natal
  • Posts: 449
  • Thanked: 20 times
  • travel.
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #11 on: April 17, 2019, 09:01:54 pm »
Baie geniet, dankie Dorsland. Mooi wereld, mooi fotos, mooi afrikaans, mooi fiets.
Ones destination is never a place, but a new way of seeing things. Henry Miller
 

Offline BMWPE

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,108
  • Thanked: 42 times
  • Port Elizabeth
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #12 on: April 17, 2019, 09:14:38 pm »
baie lekker dankie  :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Rallye
 

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,035
  • Thanked: 268 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #13 on: April 17, 2019, 09:14:44 pm »
Dankie krels, bly julle lees lekker.   ;D :thumleft:  Ek vertel net so lekker, glo my.
Geleerdheid in die kop van 'n dwaas is soos 'n lemmetjie in die hand van 'n aap.

CJ Langenhoven
 

Offline Jacobsroodt

  • vendor
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 1090 Adventure R
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,776
  • Thanked: 62 times
  • Carpe Diem (in Afrikaans: Life's short, Ride hard)
    • West Coast Parts
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #14 on: April 17, 2019, 09:19:23 pm »
Dankie Dorsland. Hier lees ek onbepland 'n stukkie goeie Afrikaans raak - ek raak sommer lus vir skuur!
Elke jaar ry ek met die bussie vol vrou en kinders  die pad tussen Beaufort Wes en Aberdeen verby Rietbron oppad Steynsburg toe, en dan s ek vir my vrou: " Oor Rietbron wil ek nog ry!" Daar het hoeka 'n paar jaar gelede 'n Gauteng WD Rietbron toe getrek. Die geleentheid sal hom nog voordoen.
O, jammer om te hoor oor neutraal☺ Ek het die Hel pad in 1 uur en 5 min gery. As jy bietjie aanstoot val mens nie om van rondstaar nie :pot:
« Last Edit: April 17, 2019, 09:19:58 pm by Jacobsroodt »
BoosterPlug, LED Spots, Tool Tubes, RustStop, Kappa Screens, Top boxes, Tank Bags, ATG Gear - whatever works for me.
 

Offline Brink

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Confederate (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,105
  • Thanked: 21 times
  • Knob
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #15 on: April 17, 2019, 09:21:19 pm »
Sal graag eendag so 'n stil rit saam jou wou doen waar net koffie en tee geniet word,,,,,
I know nothing but I can not prove it,,,,,
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,274
  • Thanked: 369 times
    • dustriders.co.za
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #16 on: April 17, 2019, 09:22:22 pm »
Ai ek is lus vir n wegraak en kopskoonmaak trip :drif:
Dankie Dorsland vir die lusmaak. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Bliknrs

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CTX200
    Location: Western Cape
  • Posts: 2,152
  • Thanked: 51 times
  • I never finish anyth
Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #17 on: April 17, 2019, 09:27:26 pm »
Dankie vir die deel Dorsland. Pragtige fotos!
 
The following users thanked this post: Dorsland

Offline Bokveld

Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #18 on: April 17, 2019, 09:29:58 pm »
     Lekker om weer n slag saam met jou te ry.Jy vat mooi raak met woorde en prenjies.
 

Offline Offshore

Re: Man, gaan sommer in jou Hel in
« Reply #19 on: April 17, 2019, 09:35:08 pm »
Lekker RR  Dl, dankie vir die deel. :thumleft: Fokkit, ons het Reen nodig. :(