@chopperpilot, vreeslik dankie vir 'n wonderlike rr, waardeer opreg. Nam bly voorwaar 'n spesiale plek en net so gepas word hierdie mooi gedeelte deur "Specialised Adventures" aangebied.

Dis was darem so ampertjies of ek en my vrou het dieselfde trip saam julle gedoen, skoon spyt ons kon dit nie maak nie. Maar ons is ingeskryf en as die tyd reg is sal ons wel daar wees, eendag.

Wie weet, dalk is van julle weer op een van die trips op 'n latere staduim, Nam doen dit aan jou, jy wil net teruggaan.

Dis ook mooi om te sien alles het redelik mooi en glad verloop sonder enige ernstige beserings of skade. Daai is maar 'n geharde wêreld en as iets verkeerd gaan kan dit lelik verkeerd gaan.
Net so effe jammer julle het so min ellies gesien en lyk my glad nie 'n renoster of twee nie. Dit sou nou 'n helse voorreg gewees het, ons ry daai area al lank en het nog nie een renoster gesien nie, nog net hulle voetspore en akkies.
En dankie tog die leeus het julle darem ook uitgelos.

Weereens dankie vir die puik rr, ek kon sien julle het dit tredee geniet, wel ek het ook, al was dit im my rusbank.

Mooiloop, as die sterre regval sien ons julle moontlik met die Dan's se trippie in julle omgewing.