Ek stem saam, en dink dit is nie economics winsgeeend nie maar wel n baie lekker project. Kopkrap van staanspoor en 'lekker speel' in die mancave.
N paar manne het al die foutgemaak om te dink mens kan die outjies bou en verkoop - besigheid.
Sidecar Africa dink ek steeds het die wenner daar. Gaan fit n Ural syspan op jou beemer of koop die Ural rig.
Ek hoor ouens kla hulle is stadig maar ek sal elkgeval nie vinnig met een will ry want dan mis jy die punt van n sidecar dan nie?
Sou ek ooit die pad loop sal ek n Ural erenstig oorweeg en sover ek weet het hy n trurat ook.
Tom, min dinge in die lewe is ekonomies winsgewend as jy dit vir jouself maak nie, maar die satisfaksie wat jy kry as jy klaar is kan jy nie aan geld koppel nie.
Wat die Ural aanbetref stem ek saam is 'n wen resep, maar dis nie almal se cup of tea nie. Ongelukkig is dit so dat hulle al vervaardiger in SA is, maar dis nie te se dit is die beste nie, volgens my en baie ander is daar wel tekortkominge. Dis die dat mense probeer om hulself te help, of hulle daarin slaag is 'n ander storie.
Ek vir een vind dat die ural se tub te klein is vir ons behoeftes. En ja, die ural is ver te stadig vir my om op die oop pad te ry. Dis so goed ek ry 'n 1980 50cc op die highway, die karre en trokke gaan my moertoe ry. Ek ry bv. tussen 700 na 800km per dag met my sidekar grond en teer gemeng met gemak wat ek nog wil sien of dit gedoen kan word met 'n ural. Dis nie dat ek jaag nie, ek wil net graag betyds by my volgende bestemming kom terwyl ek sight seeing doen. En daai kilos doen ek in styl en gemak.
Weereens, niks teen die Urals nie, ek wou ook al een gekoop het, maar is bly ek het nie weens persoonlike voorkeure. Prys gewys, gaan kyk maar en maak jou somme, hulle kom nie cheap nie.