Ek het gevind dat die karretjie gelaai of leeg nie veel verskil in die ry as hy reg ingestel is nie.
Hierdie adjustment is nodig as daai padmaker die camber van die pad nie links het nie maar regs....plus die wind waai van links dan moet jy sterk wees in die arms.
Bv. van Bloemfontein tot JHB is die pad amper heelpad camber na regs. Dan wil jy die karretjie se wiel laat sak met die actuator so in die ry totdat sy lekker uitlevel....Trust my

Na meer as 3 jaar se ry word die sidecar ryery net lekkerder.
My 2000 km trip na die EC Bash was 'n fees gewees en ek het lekker rowwe paaie gekry en gery....wel stadiger as 'n KTM op die grondpad maar soveel meer relaxed.