Ai ai dis maar MOEILIK om die oningeligtes op te voed met tegnologie.
Dit gaan nie oor 4 of 6 drade nie...dit gaan oor die groter prentjie. Die prentjie van die maklikste installasie.
Jy wat niks weet van draattrek nie hier is les nommer 101.
As jy nou 'n 12 volt battery IN die karretjie het dan word die goefter magefter in die sidecar vasgesit.
Indien jy nog steeds van bike battery alles gaan voer kan die unit nog steeds net in die karretjie kom.
Jy doen INTERNE bedrading net in die karretjie.
Die remote kom op jou fiets.
Wat nice is van die unit is dat indien jou remote battery dalk pap sou wees, kan jy nog op die unit die knoppies druk vir op en af.
Dus het jy nie 'n klom drade wat jy moet wegsteek tussen die fiet en die karretjie nie.
Ook nie extra drade wat VOLT DROP kan veroorsaak nie.
Ook nie extra drade wat rotte kan afkou nie.
Ook nie extra drade wat deur die son droog gebak word nie.
Maar ja wat weet ek van draaddtrek.
