Jy’s reg die V8 Supercars is baie gewild. Ek volg dit op TV, maar dis ook op my lys om te doen!
Hierdie was ‘n onlangse nagresies in Perth:
https://youtu.be/ULRUdFp0QoYMens sien soveel V8’s op die pad, Holden Colorado sedans en SS Utes (bakkies), Ford Falcons en Mustangs. Die Aussies hou van hulle V8’s, dis verseker. Aan die ander kant, die tipese Duitse karre wat in SA so volop is, is baie duur en skaars hier, soos Mercedes, BMW, Audi’s.
GS’se is net so skaars, jy sien hulle eenvoudig nie, maar dis omdat hulle so vrek duur is. ‘n R1250GSA is $30k+, meer as R300k voor ekstras...
Die Japanese bikes is baie goedkoper, en baie gewild. Ek het nie ‘n pyn daarmee nie, die AT hanteer die kronkels baie lekker. En hier is duisende km’s se twisties in die berge noord en oos van Melbourne. Hierdie is ‘n ou foto met die oorspronlike bande, maar selfs met my huidige Mitas E07’s is daar geen chicken strips te sien nie.

