Dit hang baie af van afstand vanaf die CBD, buurt, en afstand na ‘n treinstasie / publieke vervoer. Ek werk in die CBD en ry daagliks trein.
Hoe nader aan die CBD hoe duurder, kleiner, en skaarser word oop erwe. In die goeie buurte naby die stad sal jy net ‘n erf kry as jy ‘n bestaande huis sloop. R10 miljoen+.
Die weste van Melbourne metro is baie goedkoper as die ooste. Dis plat, minder mooi en meer industrieel. Ons het gemik vir die ooste, waar die berge is.
Om ‘n idee te gee, net vir ‘n 800 m2 erf, in die ooste naby aan publieke vervoer:
- 50 km uit in Berwick: R6.5 tot R8 miljoen
- 60 km uit in Pakenham (wat effens dodgy is): R3.5 tot R5 miljoen
- 100 km uit in Drouin/Warragul: R2 tot R4 miljoen
Om ‘n huis te bou as jy reeds die erf het kos ongeveer dieselfde orals. Afhangende van hoe fęnsie jy bou, kyk jy na R2 - R3+ miljoen vir ‘n 4 slaapkamer, 2 badkamer, 2 garage huis met ‘n “outdoor room”/ buite area vir braai. Die erf is die grootse koste.
Bestaande huise is gewoonlik duurder as om nuut te bou. Ons bou buite die metro area in die platteland omdat ons eenvoudig nie kan bekostig om nader aan die stad in die huismark in te kom nie.