Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus  (Read 1270 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #20 on: June 08, 2019, 03:32:14 pm »
Vandag se draai deur Wes en Suid Gippsland.

Net teer vandag, die modder het oorgeneem na die laaste paar weke se goeie reen.

Drouin, ‘n mooi klein plattelandse dorpie waar ons ‘n erf gekoop het. Dis so 100 km oos van Melboune CBD.

Die erf waar ons in die volgende week begin huis bou... O0

Dis nie heeltemal plat nie...

Grand Ridge Road tussen Warragul en Leongatha. Dit lyk nogal of ‘n Hobbit enige oomblik agter ‘n boom kan verskyn!

Die windplaas en ontsoutingsaanleg by Wonthaggi. Die aanleg kan ‘n 3de van die Melbourne metro se jaarlikse water vervaardig indien nodig.

Oop see by Kilcunda langs Phillip Island

Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,353
  • Thanked: 376 times
    • dustriders.co.za
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #21 on: June 08, 2019, 06:00:19 pm »
En so n kaal erf kos wat?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #22 on: June 09, 2019, 12:48:12 am »
Dit hang baie af van afstand vanaf die CBD, buurt, en afstand na ‘n treinstasie / publieke vervoer. Ek werk in die CBD en ry daagliks trein.

Hoe nader aan die CBD hoe duurder,  kleiner, en skaarser word oop erwe. In die goeie buurte naby die stad sal jy net ‘n erf kry as jy ‘n bestaande huis sloop. R10 miljoen+.

Die weste van Melbourne metro is baie goedkoper as die ooste. Dis plat, minder mooi en meer industrieel. Ons het gemik vir die ooste, waar die berge is. :ricky:

Om ‘n idee te gee, net vir ‘n 800 m2 erf, in die ooste naby aan publieke vervoer:
- 50 km uit in Berwick: R6.5 tot R8 miljoen
- 60 km uit in Pakenham (wat effens dodgy is): R3.5 tot R5 miljoen
- 100 km uit in Drouin/Warragul: R2 tot R4 miljoen

Om ‘n huis te bou as jy reeds die erf het kos ongeveer dieselfde orals. Afhangende van hoe fênsie jy bou, kyk jy na R2 - R3+ miljoen vir ‘n 4 slaapkamer, 2 badkamer, 2 garage huis met ‘n “outdoor room”/ buite area vir braai. Die erf is die grootse koste.

Bestaande huise is gewoonlik duurder as om nuut te bou. Ons bou buite die metro area in die platteland omdat ons eenvoudig nie kan bekostig om nader aan die stad in die huismark in te kom nie.
« Last Edit: June 09, 2019, 03:38:09 am by Boerbok »
Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,353
  • Thanked: 376 times
    • dustriders.co.za
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #23 on: June 09, 2019, 10:41:24 am »
Heigend dis duur!!! :o
Hoe lank is jou commute per trein elke dag?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
Offline immigrant

Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #24 on: June 10, 2019, 06:20:45 am »
Gooi nog pics. Dis mooi daar by jou. Net die regte mix van bome, berge etc.
Sterkte met die huis bou ! :thumleft:
« Last Edit: June 10, 2019, 06:30:43 am by immigrant »
Yamaha Super Tenere, Yamaha FZ8, Yamaha Grizzly, Yamaha Viking, Honda CRF250L
 
The following users thanked this post: Boerbok

Offline Bikerboer1973

  • Groot Suzuki aanhanger maar eindig altyd op met 'n Honda!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: AJS (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,484
  • Thanked: 60 times
  • Darem al weer 'n Honda XL185 plaas fiets.
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #25 on: June 10, 2019, 11:13:42 am »
Heigend dis duur!!! :o
Hoe lank is jou commute per trein elke dag?

Sal ook graag wil weet.

Baie mooi daar!
Tans.
Honda Xl185 plaas fiets
Vrou se NC700.
 
The following users thanked this post: Boerbok

Offline JMOL

  • The Mayor of Mopani
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 4,118
  • Thanked: 26 times
  • East London
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #26 on: June 10, 2019, 01:11:43 pm »
Hi Boerbok.

Ek sien nou eers die thread en gaan dit baie beslis volg.

My vrou het so 2 jaar gelede vir 5 weke in Melbourne gaan werk en het dieselle gese wat jy se vd ooste en weste.  :biggrin:

Ons seun en sy vrou bly in Sydney en ons dogter en haar man en die 2 kleindogters bly in Brisbane. 

Dis soos jy se - die "speedcops" is erg in Australie  :deal:   Ek en Ou Bees het gaan fietsry in Brisbane - sonder helmets.  Volgende oomblik toe stop 2 knape met silver knope langs ons en wil ons 'n boete gee van 130 dollar elk (om en by R1300 pp) omdat ons nie helmets op het nie.  Glo my - jy stry nie met hulle nie.  Gelukkig het ek 'n T-Shirt aangehad wat daarop aangedui het dat ek van SA is.  Gelukkig kon Ou Bees ons uit die storie stry.

In Sydney ry LJ hulle 'n uur lank werk toe met die trein.  Hy se as hulle mat die kar ry, dan is dit maklik 3 ure.  Dis eintlik maklik om in die stede te bestuur want almal hou by hul spoed.

Odette hulle in Brisbane maak baie gebruik van die "ferry's", maar sy stap skool toe en Arno werk basies van die huis af.

Dis maar net my opinies en jammer - ek wil nie jou thread hi-jack nie  ;)
Life is hard - even harder if you are stupid.
 
The following users thanked this post: Boerbok

Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #27 on: June 10, 2019, 02:08:19 pm »
My treinrit is tussen ongeveer 1h10 een rigting. Dit gaan 1h30 word as die huis eers gebou is. Ek vat die commuting hit dat my vrou en kinders 10 min vd werk/skool af kan wees. Dis vir ons belangrik om die kinders in die platteland groot te maak.

Hierdie trein is die langafstand ”regional train”. Dis ‘n diesel trein, maar lyk soos die Gautrain (ook Bombardier) met meer gemaklike sitplekke.

Dis ‘n ent, maar die trein is redelik betroubaar en voorspelbaar en gemaklik, en ek kan werk gedoen kry tydens die trip. In daardie opsig is dit baie beter as om self te ry. Baie goedkoper ook... ‘n Maandkaartjie kos R1500 wat glad nie sleg is nie!

Ek het vir meer as 10 jaar daagliks met ‘n motorfiets gecommute in Gauteng. Dit was moeilik om die daaglikse motorfiets “fix” op te gee. Ek vat partykeer die AT in stad-toe as die trein nie werk nie, maar deesdae verkies ek die trein. Die verkeer is rowwer en verder as N1 Jhb Pta. Hoë risiko, en ek geniet dit nie juis met die weer wat onvoorspelbaar nat is nie. Ek ry veel eerder oor naweke in die berge rond.

Straat voor my kantoor in die CBD:

Ek stap elke dag langs die Yarra rivier tussen die Flinders Str stasie en my kantoor. Dis ‘n mooi deel vd stad:

Daar hijack ek nou my eie thread. 😄
« Last Edit: June 10, 2019, 03:04:40 pm by Boerbok »
Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,353
  • Thanked: 376 times
    • dustriders.co.za
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #28 on: June 10, 2019, 02:57:17 pm »
 en ek kan werk gedoen kry tydens die trip.

So ons kan aanvaar jy is nie n tandarts of mechanic nie!! ;) :lol8:
Watse werk doen jy Boerbok?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #29 on: June 10, 2019, 03:14:36 pm »
Ek’s ‘n “software developer” in die FinTech industrie. My werk is om stelsels te bou wat kredietkaart transaksies tussen die kaart terminaal en Mastercard/Visa te process. Maatskappy is van Australieë, maar het baie kliente ook in NZ, die USA en deesdae ook die UK.
Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,353
  • Thanked: 376 times
    • dustriders.co.za
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #30 on: June 10, 2019, 03:22:23 pm »
Ek’s ‘n “software developer” in die FinTech industrie. My werk is om stelsels te bou wat kredietkaart transaksies tussen die kaart terminaal en Mastercard/Visa te process. Maatskappy is van Australieë, maar het baie kliente ook in NZ, die USA en deesdae ook die UK.
Mooi kan jy asseblief Robert Mugabe se switserse bankrekening vir my hack laas maand was bietjie power!! ;)
Laat weet gerus wanneer ek my bank details kan pm!! :lol8:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #31 on: August 14, 2019, 02:52:20 pm »
Ons het ‘n koue, nat en winderige week gehad met ‘n paar sterk storms wat vd suidpool ingewaai het. Sneeu op die berge so laag as 600m bo seevlak. Baie vd ski-oorde in die omgewing het ‘n rekord hoeveelheid sneeu gekry oor die naweek. Sneeu is glo gemeet op 2m diep by ‘n oord hier naby, meer as die gemiddelde 1.4m hierdie tyd vd jaar.

So ek was redelik verbaas toe die son Sondagmiddag vir 2 ure uitgekom het, die wind gaan lê het en die reën verdwyn het... Ek het die AT se bene gaan rek. Net teer hierdie keer, want dis sopnat met klei orals in die omgewing. Die temperatuur was rondom 10’C 4 uur die middag.

Die uitsig wes na Melbourne se kant. Die stad is so 120km weg en agter die horison. Berge en sneeu is 70 km noord en toe onder die wolke.

Die huisbou gaan ook goed aan. Ons is 8 weke in vandat die eerste sooi gespit is, met seker nog 6 om te gaan volgens die site supervisor. Die vloere word hierdie week gelê, kaste en kombuis en badkamers is in, teel en verfwerk is gedoen. Volgende week word die ligte en bedrading ingesit. Hierdie ouens beweeg! Ek’s besig om die internet fibre installasie nou te reel. Dan is daar nog hope werk wat in die tuin wag... Uitgrawings en terrasse en keermure moet in die agterplaas gebeur... En ‘n heining... En... 🙂

Dis later se bekommernis.

« Last Edit: August 14, 2019, 03:32:32 pm by Boerbok »
Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,353
  • Thanked: 376 times
    • dustriders.co.za
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #32 on: August 14, 2019, 04:44:34 pm »
Bly om te sien hulle bou nog met bakstene in Aus, nie soos in die US waar die belangrikste tool n nailgun is. Gn wonder daai "windjies" wat hulle kry blaas hulle huise weg!! :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
Offline Kaboef

  • Jedi Knight
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: KTM 950 Adventure S
    Location: Western Cape
  • Posts: 5,062
  • Thanked: 166 times
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #33 on: August 15, 2019, 09:52:42 am »
8 weke van fondasie tot daar.
Moer indrukwekkend.

Weet jy wat word n messelaar, loodgieter of n soorgelyke vakman betaal?
En hoe vergelyk dit met "office job" salarisse?

Ek het iewers gehoor die gaping tussen ambagsmanne en professionele mense se salarisse is redelik klein in Aus?

And Saint Attila raised the hand grenade up on high, saying, "O Lord, bless this thy hand grenade, that with it thou mayst blow thine enemies to tiny bits, in thy mercy."
 
Offline Challa

Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #34 on: August 15, 2019, 10:11:41 am »
Dit hang baie af van afstand vanaf die CBD, buurt, en afstand na ‘n treinstasie / publieke vervoer. Ek werk in die CBD en ry daagliks trein.

Hoe nader aan die CBD hoe duurder,  kleiner, en skaarser word oop erwe. In die goeie buurte naby die stad sal jy net ‘n erf kry as jy ‘n bestaande huis sloop. R10 miljoen+.

Die weste van Melbourne metro is baie goedkoper as die ooste. Dis plat, minder mooi en meer industrieel. Ons het gemik vir die ooste, waar die berge is. :ricky:

Om ‘n idee te gee, net vir ‘n 800 m2 erf, in die ooste naby aan publieke vervoer:
- 50 km uit in Berwick: R6.5 tot R8 miljoen
- 60 km uit in Pakenham (wat effens dodgy is): R3.5 tot R5 miljoen
- 100 km uit in Drouin/Warragul: R2 tot R4 miljoen

Om ‘n huis te bou as jy reeds die erf het kos ongeveer dieselfde orals. Afhangende van hoe fênsie jy bou, kyk jy na R2 - R3+ miljoen vir ‘n 4 slaapkamer, 2 badkamer, 2 garage huis met ‘n “outdoor room”/ buite area vir braai. Die erf is die grootse koste.

Bestaande huise is gewoonlik duurder as om nuut te bou. Ons bou buite die metro area in die platteland omdat ons eenvoudig nie kan bekostig om nader aan die stad in die huismark in te kom nie.

Dalk net om dinge in perspektief te plaas. Sou jy nou 'n plek van R3 miljoen koop en jy moet hom afbetaal, watter persentasie van 'n man se netto salaris sal aan die verbandbetaling gaan?  (Ek weet dis 'n baie oop vraag, maar kom ons veronderstel dit is 'n gekwalifiseerde senior persoon)

Volgens myns insiens is die prys nie te relevant nie, maar eerder die terugbetaling as 'n persentasie van jou netto salaris. (maw. jou werklike koopkrag)

Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #35 on: August 15, 2019, 11:39:20 am »

Die huis is R3 miljoen, die erf is nog R2.5 miljoen...

My salaris is 30% meer as in SA, maar my huislening is 5x meer as in SA. As jy ooit gewonder het wat is die “catch” van eerste-wêreld lande (oor die algemeen), is dit die prys v eiendom. Melbourne is duur, maar London, New York, San Francisco, Sydney ens is baie erger.
Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,353
  • Thanked: 376 times
    • dustriders.co.za
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #36 on: August 15, 2019, 11:43:16 am »
Boerbok hoekom is dit so duur? Tekort aan eiendom of is arbeid en dus vervaardiging van produkte baie duurder?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #37 on: August 15, 2019, 11:48:03 am »
8 weke van fondasie tot daar.
Moer indrukwekkend.

Weet jy wat word n messelaar, loodgieter of n soorgelyke vakman betaal?
En hoe vergelyk dit met "office job" salarisse?

Ek het iewers gehoor die gaping tussen ambagsmanne en professionele mense se salarisse is redelik klein in Aus?

Ambagsmanne kry goeie geld, amper soveel soos professionele persone, en is hoog in aanvraag. As jy op die bol is en jou eie besigheid het kan jy ‘n baie goeie lewe hê as loodgieter of elektrisien of skrynwerker.
Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Online Boerbok

  • Member
  • **
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Australia
  • Posts: 454
  • Thanked: 18 times
  • Melbourne (ex-Centurion)
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #38 on: August 15, 2019, 11:51:28 am »
Boerbok hoekom is dit so duur? Tekort aan eiendom of is arbeid en dus vervaardiging van produkte baie duurder?

Dis die land wat baie duur is, bouwerk per m2 is effens duurder maar vergelykbaar met SA. Land is duur want die aanvraag is hoog. Hier is ‘n toestroming van mense, en hulle wil naby aan ‘n groot stad met sy dienste en geleenthede bly.
Hans

CURRENT: 2017 Honda CRF1000L
SOLD: 2013 BMW F800GS - 2007 BMW G650 XChallenge - 2004 BMW R1200GS - 2002 KTM 640 Adventure - 1998 Honda XR600R
 
Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 28,353
  • Thanked: 376 times
    • dustriders.co.za
Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
« Reply #39 on: August 15, 2019, 12:03:06 pm »
maw die mense stroom vanaf die platteland in of is dit mense wat immigreer Aus toe?
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za