Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Sandspore van die Sandveld  (Read 809 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Andre01

Sandspore van die Sandveld
« on: June 18, 2019, 11:49:20 am »
n Vinnig dagtrip. Aangesien gister a vakansiedag was, besluit ons om die fietse te vat en bietjie die Sandveld te gaan verken.
Drie manne. Ek en Mike op F650gs Dakars en skoonpa (Marius) op n 750 African Twin.

Om julle n idee te gee ek gaan al vir die afgelope 10 jaar gereeld Elandsbaai toe, my skoonpa al die afgelope 30 jaar, hy het n strandhuis daar, maar ons het gister paaie in die Sandveld ontdek wat ons nog nooit gery het nie. Dankie T4A en Google Earth.

Tussen Bitterfontein en Kaapstad loop daar n treinspoor wat deesdae baie min gebruik word. Natuurlik is daar oral klein stasies waar die boere destyds hulle goedere kon laai. Ons wou so paar van die vergete stasies gaan soek het. Paleisheuwel- , Verlorevlei- en Sandberg stasie.

Ons spring toe so 8 am weg uit Malmesbury, tot op Piketberg. Daar drink ons n koffie en eet n groot roosterkoek, ons het geweet in die Sandveld gaan ons nie maklik fancy eetplekke en koffies shops kry nie. Ons het genoeg water en eetgoed ingepak om heeldag te hou.






Ons glip toe tot bo-op Piekenierskloofpas en vat die Paleisheuwel afdraai. Die pad is geteer. So 10km gery toe draai ons regs, by n bordjie wat s Clanwilliam, na so 15km raak die pad grondpad en ons vat so skelm links draai (Dankie GPS) daar is geen aanwysing bordjies nie. Die pad wys nogal op T4A.


Dis die pad in rooi.

Hierdie was die mooiste stuk pad van die dag, hy kronkel tussen die berg deur, daar is bietjie boerdery aktiwiteit aan die gang maar nie veel nie.  Die pad word nie baie gebruik nie en plek-plek is hy net n tweespoorpad. Baie klippe en slote soos die water hom al uitgekalwer het, laat my baie dink aan die stuk tussen Oasis en Wuppertal, hy is net meer toegegroei.
Ons vorder goed en stop vir n bietjie water en iets om te kou. Die uitsig oor die sandveld is asemrowend.




Hierna begin die sports. Die klippe is skielik verby en die sand begin. Ek het al bietjie sand gery maar nog nie sulke dik stukke aaneen nie, en dan kronkel die pad ook nog. Ek vat dit stadig aan die begin. Dit maak my moeg, ek stoei met die fiets! Later staan ek, 2de en 3de rat 30-50kmph, gewig agtertoe. Wat n plesier, niks meer van die ge-stoeiery nie! Die fiets surf oor die sand. Ek ry verby die ander manne, hulle paddle nog soos eende, baie versigtig. Elke nou en dan dan stop ek en wag op hulle. Ek hoor darem heeltyd hulle bikes, die Sandveld is doodstil. Ek probeer hulle oorreed om ook vinnige te ry, hulle kyk na my met ongeloof.

En skielik hoor ek nie meer bikes nie. Ek draai om. Mike het sy fiets neergesit. Niks ernstig nie, net die spieltjie wat af is. Hy was darem dapper genoeg om n foto te neem. Toe ek by hulle aankom toe rus hulle eers, darem klaar die fiets regop gekry.




Hierna was dit nog so 5km se sand ry tot waar ons reg by Paleisheuwel se sonplaas uitkom op die grootpad. Hier rus ons weer en sit sommer onder die boom en stront praat vir 10min. Ek lees die sonplaas se borde. Hulle wek 83MW se krag op, seker oor n area van 30-40HA skat ek.


Ons draai toe vir so 6km suid en kom by Paleisheuwel se stasie uit. Hiervandaan vat ons die ou dienspad langs die treinspoor op in die rigting van Sanbergstasie. Hierdie pad kon ek op geen kaarte opspoor nie, slegs Google earth. Ons Die pad word glad nie in standgehou nie, baie bosse, takke en natuurlik Sand! Plek-plek is die pad net n enkelspoor. Ons vorder so 1km, ek surf gemaklik op die sand. Mike het ook intussen agtergekom bietjie spoed is jou maat. My skoonpa sukkel. Hy is 59 jaar oud, weeg seker 85kg en het nog nie baie sulke paaie gery nie. Die African Twin gee hom opdraand.

Na 1km besluit ons om eerder om te draai en met die grootpad langs te ry tot by Sandbergstasie. Sanberg l net mooi halfpad tussen Graafwater en Redelinghuys. Ek het dit oorweeg om op my eie die treinspoor te volg, maar wou nie die noodlot tart nie.

Die blou stukkie is die pad wat ons beplan het om teen die treinspoor te ry.


By die grootpad gekom vrek Mike se bike heeltyd as hy clutch intrek. Bietjie kopgekrap, Sidestand switch. Ons vat n tang en insulation tape en bypass hom vinnig. Ons vorder so 15km toe vrek die bike weer. Die insulation tape het warm geraak en begin afgly, die draad loop baie naby aan die uitlaatpyp. Ons stop. Die keer doen ons n beter job. Die twee episodes het ons seker so 30min besig gehou.

By Sandberg gekom draai ons suid, al teen die treinspoor af. Wie kry ons daar? Sand! Ons het sekerlik nie gedink ons gaan in die Sandveld ry by n plek genaamd Sandberg en nie Sand kry nie.
Ek en Sand is nou al beter vriende en ek verkies dit bo uitgeryde, gate gespoelde gravel highways. Ons vorder so 7km. En wag eers vir skoonpa. Vra of hy wil omdraai. Nee. Hy wil niks weet nie. Hy s hy het al op plase in die omgewing n paar windscreens ingesit, die pad sal beter raak. Ons stoot aan.
Die stuk pad in groen.





Dit raak nie beter nie, die sand is dik en wat dit nog erger maak, die boer is besig om die pad te skraap, soos die sand is gelyk, jy kan nie sien waar die sagte kolle is soos die spoor voorheen geloop het nie. Hy is nog hard en die volgende oomblik sak jy weg en dis oop throttle om spoed te hou. Vet pret.

Ek stop weer en wag vir die ander manne. Ek hoor nie bikes nie. Mike het vasgeval. Hulle het gespook om sy Dakar uit te kry. Ek draai om en kry die manne. Hulle rus bietjie.  My skoonpa beskuldig my daarvan dat ek vroer wil erf en hom aspris op hierdie paaie gelei het.

Die sand het vir so 16km aangehou, toe raak die pad hard. Ons stoot tot op Redelinghuys. Ek was al twee ure terug lus vir n bier!



Redelinghuys se enigste eet plek is nie oop nie. Dankie tog. Ek is nie honger nie, ek is dors! Die bottelstoor is oop! Ons koop drie quarts, yskoud! Die tannie s ons moet nie in die straat drink nie, die polisieman sal lastig wees, mens verstaan dit. Sy bied aan dat ons agter die drankwinkel in hulle werf onder die koelteboom ons bier kan drink. Sy gee nogal vir ons klein glasies ook. Ons trek die bikes om en haal al ons orige biltong, chips en lekkers uit. Dit was verfrissend na al die sandpaaie.



Dis nou 16:30. Ons het beplan om nog n paar paaie agter Aurora se berg te gaan verken. Ons gaan nie vandag tyd h nie. Ons vat teerpad Piketberg toe, pomp bande by Winkelshoek en sit die laaste 60km in terug huis toe. Stop net na 6pm by die huis.

Dit was n goeie dag.
 
The following users thanked this post: wilfwalk

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,746
  • Thanked: 655 times
    • dustriders.co.za
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #1 on: June 18, 2019, 12:04:43 pm »
Jinne lanklaas twee Dakars in daai kleur skema op n RR gesien. :thumleft:
Die Sandveld het die regte naam gekry!! :deal:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
The following users thanked this post: Andre01

Offline Dorsland

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 7,817
  • Thanked: 517 times
  • Opsaal kerels!
    • Patriot Boerbokstoet
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #2 on: June 18, 2019, 12:11:34 pm »
Dis nou 'n deel van ons land wat ek maar sleg ken.  Lyk my julle het van (baie) naby kennis met hom gemaak.

As ek hoor van Bitterfontein dan dink ek altyd aan die Jowell broers se skelmstreke en gekonkel met die vervoerbedryf van die spoorlyn se eindpunt af.  Dis 'n interressante storie as jy dit erens in die hande kan kry.
"Die held is versigtig vr die gevaar en dapper daarin; die lafaard is dapper vr die gevaar en versigtig daarin."

CJ Langenhoven
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,746
  • Thanked: 655 times
    • dustriders.co.za
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #3 on: June 18, 2019, 12:15:22 pm »
As ek hoor van Bitterfontein dan dink ek altyd aan die Jowell broers se skelmstreke en gekonkel met die vervoerbedryf van die spoorlyn se eindpunt af.  Dis 'n interressante storie as jy dit erens in die hande kan kry.

Storie loop oubaas Jowell is dood aan n hartaanval in Springbok toe hy een nag daar oorgeslaap het. Hy het gedroom hy hoor n lokomotief fluit in Springbok!! :lol8: :lol8: ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Andre01

Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #4 on: June 18, 2019, 12:18:33 pm »
Dis nou 'n deel van ons land wat ek maar sleg ken.  Lyk my julle het van (baie) naby kennis met hom gemaak.

As ek hoor van Bitterfontein dan dink ek altyd aan die Jowell broers se skelmstreke en gekonkel met die vervoerbedryf van die spoorlyn se eindpunt af.  Dis 'n interressante storie as jy dit erens in die hande kan kry.

Dankie Dorsland. Ek ken glad nie die storie nie. Sal bietjie soek...
 

Offline Grunder

  • Moose and Squirrel
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Free State
  • Posts: 2,838
  • Thanked: 300 times
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #5 on: June 18, 2019, 12:25:47 pm »
 :thumleft:
Carpe bm
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,746
  • Thanked: 655 times
    • dustriders.co.za
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #6 on: June 18, 2019, 12:37:10 pm »
https://sites.google.com/site/soulorailway/home/system-1/cape-town-kraaifontein-malmesbury-bitterfontein

n Goeie lees met foto's Andre.

 According to the 1:50 000 topo maps the name of the farm is "Eendekuil" which could well make it the original dwelling in this area and more than 200 years old. The owner appears to be a Mr Abri Richter and if anyone knows this gent I would be very grateful for his contact particulars.

Small world, Abri Richter is a WD and the nephew of JJR another WD. :thumleft:
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
The following users thanked this post: Andre01

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 30,746
  • Thanked: 655 times
    • dustriders.co.za
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #7 on: June 18, 2019, 12:40:26 pm »
Last remnants of the Namaqualand Railway, in the immediate surrounds of Port Nolloth, continued in operation until 2006, more than 135 years after the first locomotive was landed at Port Nolloth, but long before that, at the end of 1941, through running from Okiep to the port had been discontinued.  This was due to road competion!  When the railhead at Bitterfontein was reached in 1927, SAR immediately introduced its newly established Road Motor Service between there and Springbok.  However, this was found to be uneconomical and discontinued in 1930.  But private enterprise, as ever, was willing to fill the gap.  A garage proprietor and long-established businessman from Springbok, Joe Jowell, teamed up with J D du Plessis to form Jowells Transport.  They started with an old Buick car converted into a lorry. They had spotted that the Namaqualand Railway would be vulnerable to an alternative outlet for copper quartz to Cape Town by road to Bitterfontein and SAR rail from there, so before long a fleet of lorries was steadily eroding the Namaqualand railway's business. This was not hard, almost the entire payload of one of their trains could be carried on two lorries.  It is interesting to record that Jowells Transport eventually became Trencor,

Sorry ek hijack Andre.
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 
The following users thanked this post: Andre01, wilfwalk

Offline Andre01

Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #8 on: June 18, 2019, 12:49:46 pm »
Sorry ek hijack Andre.

No Problem. :thumleft: Die geskiedenis maak alles net meer interessant.
 

Offline Baches

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Yamaha Super Tenere
    Location: Namibia
  • Posts: 1,556
  • Thanked: 5 times
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #9 on: September 25, 2019, 01:56:02 pm »
Het so 'n tydjie terug net so 'n Dakar gekoop met 12000 km op. Wat 'n lekker bike en 'n 660 Tenere eet my stof.
Yamaha XT1200Z Super Tenere
Yamaha YZ 450 F
KTM 690 Enduro R
 

Offline Black_Hawk

  • BackroadRiderZA
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 3,485
  • Thanked: 248 times
  • Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com
    • My Towns A to Z
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #10 on: September 25, 2019, 02:39:40 pm »
Baie mooi RR en foto's, baie dankie vir die deel  :thumleft:
Follow our blog: https://mytownsatoz.wordpress.com

2010 F650GS (Sold), 2009 BMW F800GS, 2002 BMW F650GS (Sold), 1982 Honda XR200R, 1983 Honda XL600R
 

Offline Snafu

  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: Honda XR125L
    Location: Western Cape
  • Posts: 8,980
  • Thanked: 79 times
  • Brackenfell Bricket
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #11 on: September 25, 2019, 03:16:45 pm »
Last remnants of the Namaqualand Railway, in the immediate surrounds of Port Nolloth, continued in operation until 2006, more than 135 years after the first locomotive was landed at Port Nolloth, but long before that, at the end of 1941, through running from Okiep to the port had been discontinued.  This was due to road competion!  When the railhead at Bitterfontein was reached in 1927, SAR immediately introduced its newly established Road Motor Service between there and Springbok.  However, this was found to be uneconomical and discontinued in 1930.  But private enterprise, as ever, was willing to fill the gap.  A garage proprietor and long-established businessman from Springbok, Joe Jowell, teamed up with J D du Plessis to form Jowells Transport.  They started with an old Buick car converted into a lorry. They had spotted that the Namaqualand Railway would be vulnerable to an alternative outlet for copper quartz to Cape Town by road to Bitterfontein and SAR rail from there, so before long a fleet of lorries was steadily eroding the Namaqualand railway's business. This was not hard, almost the entire payload of one of their trains could be carried on two lorries.  It is interesting to record that Jowells Transport eventually became Trencor,

Sorry ek hijack Andre.

Jowells Transport was part of Trencor and later bought out by management to become Crossroads Distribution. The Jowells name only disappeared in 2016
Rimtape: Sounds like something in the first-aid kit of a gay-porn movie set. - Jaco
 

Offline eberhard

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Moto Guzzi (all models)
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,285
  • Thanked: 506 times
  • Time takes a cigarette...
Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #12 on: September 25, 2019, 08:35:19 pm »
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Baie mooi foto's. Lyk na moerse avontuur en pret!
eberhard
Agostini 1000
R90S
R80/7
R75/5 Big Boy 150 Vuka 110
 

Online GravelFox

Re: Sandspore van die Sandveld
« Reply #13 on: September 25, 2019, 09:26:11 pm »
Nice report en great memories. Het as kind baie in Sandveld gekuier op plaas. My oupa en oom het so 7km vanaf Sandberg stasie gebly. My oupa het later in een van die spoorweg huisies op Sandberg stasie gebly. Neef hulle boer nog daar met proteas en het ook die aartappel koelkamer.


Sent from my iPhone using Tapatalk
GravelFox
ex, MT50, XT250, XT550, KLR600, Africa Twin, XRE500, GS1200, DRZ400, CRF250L,
Now: XTZ660, 1200 GSA LC