We kicked up some good dirt along the railway line to the N7 and onto Vanrhynsdorp where we met the most helpful oake ever!
"Jan Tyre" is a man you can bet your bike on. He had one look at the pulugged Anakee and raised his eyebrows!
Without hesitation he stared calling just about everyone on his phones contact list and eventually found a brand new tyre for us in Vredendal.
Daar gat ek en 15 mins later staan ek by die eienaar van die Delta handelaar oppie dorp. Hy phone a friend en ons bevestig dat daai tyre slegs op 'n nuwe 1250 sal pas.

Maar, sy planne nie op nie en hy stuur my na die eienaar van die Continental plek toe waar 'n (omtrent splinter nuwe) Heidenhau in my hand gedruk word met 'n "Daar gaat jy my maat"
Wat skuld ek jou?
"Niks, daai ding het 'n gater in en ek verkoop nie k@k uit die winkel nie! Ek soek nie comebacks nie"
So bek moet jam kry en verseker meer ondersteuning. (Ek beloof om daar 'n "pompie" te gaan kry elke keer as ek daar verby ry) Thanks!
Terug in Vanrhynsdorp sit Jan Tyre vir ons die "nuwe" tyre op ons rimm en toets hom. Hys reg!
Jan Tyre se verder dat hy in Calvinia (
waar ons vanaand nog moet gaan slaap) met sy broer daar gereel het om vir ons 'n 2de handse tyre te gaan koop en vir ons gastehuis toe bring.
Blixen Jan, baie dankie! Wat skuld ons jou vir al jou moeite ?
"Niks man! Ry net lekker en geniet dit" (met die mees opregte smile op sy gesig wat jy aan kan dink)
Daar is min dinge wat my meer impress as 'n man wat sonder moeite iemand anders bystaan in sy tyd van nood nie! (Heeltemal 'n ander ondervinding as met die Oom in Carnavon)
Die son begin vlou (flou?)word en ek en Spiekman jaag daar uit terug na ons gestrande makkers toe.