Interessante kuierplek op Graaff-Reinet

This site may earn a commission from merchant affiliate links, including eBay, Amazon, and others.

Dorsland

Bachelor Dog
Joined
Apr 15, 2012
Messages
11,191
Reaction score
1,677
Location
Van Daar
Bike
Honda CRF-1000L Africa Twin
Julle ouens ry mos baie rond hoor ek.  :peepwall:

Nouja, as julle weer hier deur ons mooi dorpie in die Karoo kom ry, stop gerus by The Village aan die suide kant van die dorp, langs Tyre Mart en naby CMW koöperasie.  Ek het vanoggend my vrou vir iets ligs te ete daar gestiek en was baie aangenaam verras.  Dis Oom Hannes, een van die manne aan die stuur van Montego Hondekos wat dié besonderse toeka se tyd plekkie geskep het.  Ook die motor, motorfiets en trok versameling oorkant die pad en langs Ford se nuwe perseel is syne.

Daar is ou motors, 'n fietswinkel, werkswinkel waar die ou motors gerestoureer word, 'n werswinkel uit daai dae uit, 'n pragtige ou snoepie winkel, 'n restaurant en kroeg, speelplek vir die kinders en nog baie ander interessanthede.  Die musiek uit die sestiger jare was vir my amper die hoogtepunt.  Buddy Holly, Elvis, Chuck Berry, al die lekker ouens van daai tyd.

20190704_121359 by Dors lander, on Flickr



Die fietswinkel en al sy verskillende ou fietse en onderdele.

20190704_121120 by Dors lander, on Flickr


20190704_121154 by Dors lander, on Flickr


20190704_121131 by Dors lander, on Flickr



Wie van julle onthou nog TriAng driewiel fietse en trapfietse?

20190704_121258 by Dors lander, on Flickr


Dié ou werkswinkel en sy ou gereedskap en toerusting was vir my baie interessant:

20190704_121027 by Dors lander, on Flickr



20190704_120926 by Dors lander, on Flickr



20190704_120853 by Dors lander, on Flickr



20190704_121005 by Dors lander, on Flickr




Kyk bietjie die ou Saab...


20190704_115558 by Dors lander, on Flickr



Met 'n 0-100 van 'n blitsige 33.9 sekondes! :eek7:

20190704_115542 by Dors lander, on Flickr


'n Ou Auto Union, hy was die voorloper van die Audi van vandag.  Daar staan my vrou daar agter.  O, nee, wag.....  :imaposer:


IMG-20190704-WA0022 by Dors lander, on Flickr



'n 1934 International lorrie wat 104kW uit 'n 10 liter enjin ontwikkel.  :biggrin:

20190704_110005 by Dors lander, on Flickr


20190704_110015 by Dors lander, on Flickr


Kalahari Ferrari...


IMG-20190704-WA0020 by Dors lander, on Flickr




Was eintlik 'n baie lekker uur of wat gewees.

IMG-20190704-WA0016 by Dors lander, on Flickr



IMG-20190704-WA0026 by Dors lander, on Flickr



Die kos is lekker, tuisgemaak, niks fabrieks gemorskos nie.  Porsies is genoeg, pryse is redelik.  Groot kaasburger met baie skyfies, my vrou so 'n ontbytbroodjie met kaas, worsie en ander goeters en 2 melkskommels saam met 'n fooitjie was so R180.  Versadig geëet.


Stop gerus daar as julle weer hier deurkom. Veilige parkering agter, skoon badkamers, lekker rustig.  Dis waaragtig 'n aanwins vir ons dorp.

Mans:

20190704_121450 by Dors lander, on Flickr


.... en Dames:

20190704_121446 by Dors lander, on Flickr

 
Top